Johan Malan, Universiteit van die Noorde
Opsomming: Die Antichris sal 'n duiwels-geďnspireerde leier wees wat die węreld die laaste sewe jaar voor die wederkoms van Christus sal regeer.
Die koninkryk van die duisternis is in ‘n volskaalse stryd teen die koninkryk van die lig gewikkel. Die terrein waarop hierdie stryd gevoer word, is in die lewens van mense wat na die beeld van God geskape is. Die metodes wat gebruik word, wissel vanaf direkte geestelike beďnvloeding en die gebruik van okkultiese magte, tot die aanhitsing en misleiding van miljoene mense wat onder die krag van die dwaling valse godsdienste beoefen. Alles word in die stryd gewerp om die ware Christendom te vervals of uit te roei.
Uit die oogpunt van Satan is die einddoel met die stryd sy volle beheer oor alle mense en die vestiging van ‘n antichristelike koninkryk op aarde. Uit die oogpunt van God sal die stryd op die finale oorwinning en verdelging van sataniese magte uitloop, en op die vestiging van ‘n regering van geregtigheid op aarde. Die mag van die duisternis sal verbreek en al sy aanhangers in die hel verdoem word.
Hierdie is ‘n eeue oue stryd wat in die paradys reeds begin het toe Adam en Eva deur die duiwel mislei is om aan hom gehoorsaam te word en teen God te rebelleer. In die duisende jare tot met die koms van Christus was daar tye toe nie net al die heidennasies geestelik deur Satan verblind was om afgode te aanbid nie, maar ook grootskaalse afvalligheid in Israel as die volk van God. Soms het dit gelyk of die hele Israel geestelik oorwin en vernietig sou word in die hewige stryd wat om hulle siele gewoed het. Selfs Elia het in een stadium byna die stryd gewonne gegee en gesę:
“Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! Maar wat sę die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie” (Rom. 11:3-4).
Met die koms van Christus het die opdrag gekom om die hele węreld te evangeliseer. Dit het ‘n verskerpte dimensie van die stryd ingelui omdat mense uit alle volke, tale, stamme en nasies uit die mag van geestelike duisternis bevry en na die koninkryk van die lig moes oorkom. God se doel met die sendingopdrag was (en is nog steeds) dat mense oral gered moet word sodat ‘n Christelike węreld tot stand kan kom. Wanneer die opdrag klaar uitgevoer is, sal sy Seun, Jesus Christus, fisies na die aarde terugkeer en ’n sigbare koninkryk hier vestig. Intussen sal dit ‘n geestelike stryd wees wat die Christendom in die liggaamlike afwesigheid van Christus moet voer, maar waarin Hy nogtans geestelik by en met ons is deur die Heilige Gees wat in ons woon.
Satan het van die begin af die plan van węreldevangelisasie aktief teëgestaan. Hy wil sy eie beheer verder uitbrei om ‘n antichristelike węreld te skep. Tans doen hy dit deur geestelike misleiding, maar in antwoord op die persoonlike wederkoms van Christus, beloof hy aan die mensdom ‘n nuwe węreldorde met ‘n węreldregering en ‘n węreldgodsdiens onder die persoonlike leiding van die Christus – wat in werklikheid die Antichris sal wees.
Christus en sy volgelinge word dus gedurende die kerkbedeling deur die gees van die Antichris teëgestaan. In hierdie stryd mobiliseer die koninkryk van die duisternis soveel as moontlik mense om die Christendom te vervolg en te probeer uitroei. Sulke mense, soos Nero, Stalin en nog baie ander, word antichriste genoem. Hulle is almal voorlopers van die eindtydse openbaring van die Antichris:
“Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is” (1 Joh. 2:18).
Die volgende skrifgedeelte bevat verskeie besonderhede oor die openbaring van die Antichris:
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is… En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak; hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid” (2 Thess. 2: 3-12).
Paulus gee in dié gedeelte twee aanduidings van iets wat eers moet gebeur voordat die Antichris geopenbaar sal word. In vers 3 sę hy dat die afval eers moet kom. Die Griekse woord apostasia wat hier as afval vertaal is, se grondbetekenis is vertrek. Wanneer die waarheid vertrek, tree daar groot goddeloosheid en afvalligheid in, soos hier geďmpliseer. Die vertrek van die waarheid moet hier in noue samehang met die vertrek van die Christene tydens die wegraping gesien word.
In ‘n gesaghebbende boek wat deur vooraanstaande evangeliese teoloë oor die eskatologie opgestel is (When the Trumpet Sounds, onder redaksie van Thomas Ice en dr. Tim Demy) word apostasia as die wegraping aangedui. Vir 'n volledige uiteensetting van hierdie begrip, kyk die artikel: Groot afval volg ná Christene se vertrek.
In elk geval gaan daar groot afvalligheid in die laaste dae voor die wegraping plaasvind (2 Tim. 3:1-5), maar in 'n veel groter mate nadat die Christene skielik vertrek het en groot geestelike duisternis oor die aarde sal toesak. Dan sal die Antichris as die mens van sonde en die seun van die verderf geopenbaar word en leiding in ‘n węreldwye rebellie teen behoudende Christelike norme neem. Hy sal ‘n sonde-kultuur vestig en aanmoedig.
Die tweede verwysing na die belangrike gebeurtenis wat voor die openbaring van die Antichris moet plaasvind, is in vers 7 en 8, en sluit by bogenoemde gedagte van die vertrek aan: “net totdat hy wat nou teëhou uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word…” Die teëhouer is die liggaam van Christus, nl. sy kerk op aarde, wat skielik weggeraap sal word. Groot geestelike duisternis sal dan węreldwyd heers, en dit sal aan die Antichris die geleentheid bied om sonder teëstand geopenbaar te word.
Daar is diegene wat die mening huldig dat die teëhouer die Heilige Gees is. Die feit is egter dat daar ná die wegraping nog vele siele op aarde gered sal word (Op. 7), en oor die volk Israel gaan daar ‘n nuwe uitstorting van die Gees plaasvind (Sag. 12:10). Die Heilige Gees word dus nie met die wegraping van die aarde af onttrek nie. Omdat die Christene ook tempels van die Heilige Gees is (1 Kor. 3:16), is dit waar dat die Gees direk ná die wegraping min kanale sal hę waardeur Hy kan werk, en dit is juis dan wanneer die Antichris sy groot skuif gaan maak. Spoedig hierna sal daar egter ‘n Gees-gewerkte herlewing onder Jode plaasvind.
Al hierdie feite dui onmiskenbaar daarop dat die wegraping vóór die openbaring van die Antichris en die begin van die sewe jaar lange verdrukking sal plaasvind. Dit is juis die wegraping wat aan ‘n verrassingselement gekoppel is deurdat die tyd daarvan nie bereken kan word nie. Alle Christene moet dus altyd hiervoor gereed wees. Dié belofte is soos die blink môrester wat vir almal van ons wink om onsself na die dag van Christus se wederkoms uit te strek en deur ons optrede die koms van sy koninkryk te verhaas.
Christene het dus ‘n Christus-verwagting en nie ‘n Antichris-verwagting nie. Ons wag vir die Here Jesus wat op ‘n uur sal kom wanneer niemand Hom verwag nie. Intussen moet ons teëhouers in die opmars van die Antichris wees en mense aktief teen hom en al sy goddelose strategieë waarsku. Vir hom en sy skrikbewind is ons egter nie bestem nie, daarom hou ons onsself nie met oorlewingstrategieë vir die donker dae van die groot verdrukking besig nie. Ons gaan vir Christus ontmoet en nie die Antichris nie.
‘n Verdere belangrike stelling wat omtrent die Antichris in 2 Thessalonicense 2 gemaak word, is dat hy ‘n eindtydse figuur is. Hy sal kort voor die wederkoms van Jesus op die toneel verskyn, en ‘n lewende persoon op aarde wees wanneer Jesus sy voet op die Olyfberg neersit. Op daardie dag sal die Antichris verdelg word:
“…dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Thess. 2:8).
Diegene wat ‘n historiese vertolking aan die profesieë oor die Antichris koppel, is heeltemal uit pas met wat die Bybel hieroor sę. Om tiranne soos Nero, of sekere pouse in die verlede as die Antichris te etiketteer, bring baie teenstrydighede mee. Hoe kan hulle as lewende persone by die wederkoms van Jesus verdelg word? Dat hulle antichriste in die kleine was, wat die weg vir hierdie eindtydse diktator help voorberei het, is waar. Die finale vervulling van die profesieë oor die Antichris is egter toekomstig omdat dit duidelik binne ‘n eindtydse situasie geplaas is.
Let ook daarop dat die Antichris ’n persoon sal wees en nie ‘n onpersoonlike stelsel nie. Hy word die mens van sonde genoem, asook die seun van die verderf en die teëstander wat in die tempel sal sit en homself tot God verklaar. Die Bybel sę dat hy lewendig in die hel gewerp sal word op die dag wanneer Jesus kom (Op. 19:20). Dat hy ‘n regeringstelsel en ‘n bepaalde ideologie sal hę waarvolgens hy sal regeer, is seker. Hy sal as ‘n lewende persoon egter die hoof van die sisteem wees en saam met die valse profeet ‘n tweemanregering vorm om die hele węreld onder Satan se heerskappy te plaas en volgens sy opdragte te handel.
Volgens Openbaring 6:1-8 gaan die Antichris op ‘n heel besondere wyse geopenbaar word in sy poging om die mensdom eers deur misleiding en dan deur ‘n genadelose diktatuur onder sy absolute beheer te kry. In die eerste stadium van sy bewind sal hy as ‘n vredevors op die węreldtoneel verskyn (die ruiter op die wit perd). Feitlik niemand sal deur sy bedekte bedrog en valse vredesmantel kan sien wie hy werklik is nie. Hy sal sy aanspraak dat hy ‘n gesant van God is, op ‘n skouspel van bonatuurlike magte en wonderwerke baseer. Alle godsdienste sal hom as gevolg hiervan as hulle gemeenskaplike węreldmessias aanvaar. Deur slim diplomasie sal hy ook die węreld polities verenig om die hoof van ‘n węreldregering te word.
Wanneer dit 3˝ jaar later blyk dat die Antichris se eenheidshervormings en sosialistiese węreldregering misluk het en rebellie teen sy bewind voorkom, sal hy homself tot geweld wend om sy posisie te handhaaf, en daardeur ‘n militęre diktator word (die ruiter op die rooi perd). Streng ekonomiese beheer en rantsoenering sal tydens die oorloë en hongersnode ingestel word (die ruiter op die swart perd). Hierna bly daar nog net een hoedanigheid vir die Antichris in sy skrikbewind oor, en dit is om as die doodsengel soveel as moontlik mense af te maai en saam met hom na die verderf te sleep (die ruiter op die vaal perd).
In die profetiese rede het Christus dieselfde orde van gebeure beskryf wat in die verdrukking sal plaasvind (Matt. 24:4-9). Dit begin by ‘n valse vrede wat deur die valse Christus en sy meelopers ingestel sal word:
· “Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sę: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei” (die wit perd).
· "Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë... Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander” (die rooi perd).
· “En daar sal hongersnode wees en pessiektes” (die swart perd).
· “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak” (die vaal perd).
In Openbaring 13 word meer besonderhede oor die identiteit en rol van die Antichris gegee, wat as ‘n dier met sewe koppe voorgestel word, asook van sy mederegeerder, die valse profeet:
Die Antichris: “En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen… Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie… (Op. 13:1-7).
Die valse profeet: “En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom… En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sę dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewend geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig” (Op. 13:11-18).
In Openbaring 17 word nog ‘n intieme bondgenoot van die Antichris genoem, uit wie ons meer van hom te wete kan kom. Dit is ‘n vrou wat al die valse (antichristelike) godsdienste van alle tye voorstel:
“…en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings… en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Op. 17:3, 5).
Hierdie vrou is die moeder van die afvalliges, en as sodanig ‘n geestelike moederorganisasie (‘n alliansie of ekumeniese liggaam) vir al die valse godsdienste. Sy was in ‘n noue assosiasie met al die vorige węreldryke, en sy sal ook op die dier se rug ry en ten nouste met hom en sy komende węreldregering geassosieer wees. In Openbaring 17 word ons gehelp om sowel vir haar as die dier op wie se rug sy ry, beter te verstaan:
“Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; en die ander het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort tydjie bly. En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf” (Op. 17:9-11).
Die eerste gevolgtrekking wat ons hier moet maak, is dat Johannes nie van die sewe berge van Rome praat nie, en dus nie ‘n profesie uitgespreek het wat uitsluitlik op die Rooms-Katolieke Kerk betrekking het nie. Hy sę dat die sewe berge sewe goddelose konings (of koninkryke) is wat mekaar chronologies opvolg in tyd. Ons weet ook dat hy nie na Romeinse keisers verwys nie, omdat daar tussen Nero en Konstantyn alleen tien antichristelike keisers aan bewind was. Nee, die Here gee vir ons hier ‘n breë perspektief op sewe węreldryke wat almal vestings vir heidense gelowe was (en sal wees) en dus in openlike rebellie teen die koninkryk van God is. In Génesis, Jesaja en Daniël word na hierdie ryke verwys. Hulle is die volgende:
In die aangehaalde gedeelte sę Johannes duidelik dat vyf van hierdie koninkryke in sy tyd reeds geval het, die een was aan bewind en die sewende een moes nog kom. In die jaar 95 n.C. toe die boek Openbaring geskryf is, het vyf van dié ryke inderdaad reeds geval – dit is van die oud-Babiloniese ryk af tot by die Griekse ryk. Die Romeinse ryk was bestaande en die eindtydse ryk van die Antichris nog toekomstig. Die laaste ryk word deur die sewende kop met die tien horings voorgestel.
Dit is belangrik om die korporatiewe karakter en samehorigheid van hierdie sewe węreldryke raak te sien: dit is een dier met sewe koppe. Hulle adem almal dieselfde gees van verderflike humanisme, selfverheffing, sondigheid, gewelddadigheid, rebellie teen die lewende God, asook betrokkenheid by die okkultiese werke van die duisternis. Almal van hulle is dus vestings van valse godsdienste en as sodanig ‘n sataniese komplot teen die koninkryk van God en die stad van die groot Koning, Jerusalem.
Die Antichris se eindtydse ryk moet dus as voortvloeiend uit die vorige ses ryke gesien word. Dit is wesenlik deel van dieselfde godsdienstige en politieke rebellie wat al vir duisende jare deur Satan aangeblaas word, en deur hom gebruik word om die koninkryk van God op aarde te probeer vernietig. Sy einddoelwit is om oor God se skepping te heers en in sy plek as God aanbid te word. Onderweg na die bereiking van hierdie ideaal sal alle moontlike vorms van misleiding, omkopery, dwang, onderdrukking en militęre geweld gebruik word wat hy vir sy doel nuttig vind en wat hy kan slaag om te monster.
Die Antichris se aanslag sal deel van die eeue oue stryd tussen die Godsryk en die Satansryk wees. Hy sal die hoof van die sewende én agtste węreldryke wees (Op. 17: 11). Aanvanklik sal hy saam met ander konings aan die hoof van ‘n regering van internasionale eenheid staan (sy vredesregering). Daarna, in die tweede helfte van die verdrukking, sal hy ‘n militęre diktatuur instel waarin hy in ‘n driemanregering saam met die draak en die valse profeet oor die aarde sal heers (sy militęre bewind).
Die noue verband tussen die Antichris se eindtydse ryk en die vorige węreldryke blyk ook uit die feit dat hy as ‘n dier met die lyf van ‘n luiperd, die pote van ‘n beer, die bek van ‘n leeu en ‘n kop met tien horings daarop voorgestel word (Op. 13:2).
Hierdie simboliek stem met dié in Daniël 7 ooreen waarin die Babiloniese ryk as ‘n leeu, die Medo-Persiese ryk as ‘n beer, die Griekse ryk as ‘n luiperd en die Romeinse ryk as ‘n wreedaardige dier met tien horings op sy kop voorgestel word. Dit beteken dat kenmerke van al hierdie ryke in die Antichris en sy eindtydse ryk sal herleef – dit sal dus nie net ‘n herleefde Romeinse ryk wees nie, maar ook ‘n herlewing van al die slegte eienskappe van die Babiloniese, Medo-Persiese en Griekse ryke:
· Die Antichris sal die Babiloniese tradisie van die vergoddeliking van die koning volg. Hy sal homself bo elke god verhef en ook die gesag van die ware God van die hemel uitdaag. Hy sal ‘n beeld van homself laat maak en alle onderdane van sy węreldryk dwing om in aanbidding voor die beeld neer te buig. Elkeen wat ‘n ander god aanbid en sou weier om die koning se beeld te aanbid, sal in ‘n vuuroond van vervolging en marteling gewerp word. Hy sal ook, soos Nebukadnésar, Jerusalem beleër, die Joodse regeringsleiers om die lewe bring en die volk verdryf en verstrooi.
· Soos in die Medo-Persiese ryk, sal die dier die volke van die aarde onder sy pote vertrap, hulle regerings afskaf en hulle onderdane by sy ryk inlyf. In sy regering sal hy nie die oppergesag van God erken nie, maar op absolute en ongebonde alleenheerskappy aanspraak maak. Hy sal militęre dekrete uitvaardig en deur middel van die onherroeplike wette van die Meders en die Perse regeer. Hy sal ook, soos koning Ahasveros van ouds, ‘n Joodse volksmoord in sy hele koninkryk gelas.
· Die Griekse ryk is deur Daniël as ‘n luiperd met vier vlerke voorgestel. Hulle het hoogs beweeglike leërs gehad wat deur vernuftige krygskuns gekenmerk is, en vinnig en doeltreffend toegeslaan het. Die Antichris sal ook hoogs mobiele taakmagte op die been bring wat feitlik oornag enige plek in die węreld ontplooi kan word om opstande te onderdruk en sy beleid af te dwing. In die Griekse ryk was goewerneur Antiochus Epifanes ‘n fanatieke Jodehater wat teen hierdie volk oorlog gevoer het. Hy het hulle godsdiens probeer uitwis deur ouers tereg te stel wat hulle kinders laat besny het. Hy het ook ‘n afgodsbeeld van Zeus in die tempel opgerig. Sodoende het hy probeer om die Jode godsdienstig afvallig van hulle God te maak en hulle by die Hellenistiese węreldgodsdiens in te lyf. Al dié eienskappe sal ook kenmerkend van die dier se ryk wees.
· Die Romeinse ryk, wat voorgestel word deur die vierde dier met die tien horings op sy kop, was skrikwekkend. Die Romeine het die Joodse provinsies beleër, dorpe en stede ingeneem en verwoes, en honderde duisende mense om die lewe gebring. Met die beleëring en verowering van Jerusalem in 70 n.C. is die tempel totaal verwoes, 1,1 miljoen Jode is dood en bykans 100 000 is krygsgevange geneem, waarvan baie op slawemarkte verkoop is. Die Antichris sal ook hierdie onbeheerste vernietigingsdrang vertoon. In die middel van die verdrukking sal hy alle Jode probeer uitdelg nadat hulle as gevolg van sy selfvergoddeliking en die ontheiliging van die tempel hulle verbond met hom verbreek het.
Dit is dus duidelik dat die Antichris se ryk nie slegs ‘n herlewing van die Romeinse ryk sal wees nie, maar van al die groot węreldryke. Dit sal veral sterk Babiloniese eienskappe vertoon. Om hierdie rede is dit verkeerd om net na Wes-Europa as die herstelde Romeinse ryk te kyk en te beweer dat die Antichris uit Rome moet kom. Sy oorsprong sal uit ‘n land wees wat deel van al hierdie ryke was, naamlik uit die gebied van die koning van die Noorde (Dan. 11:36-45). Dit is noord-noordoos van Israel geleë en was in verskillende tye in die geskiedenis as Babilonië, Assirië en Sirië bekend. Huidiglik is dié gebied as Sirië en Irak bekend, maar die hartland daarvan is in Irak. Dit is ook waar die stad Babilon geleë is, wat nou weer herbou word.
Die boek Daniël is van groot hulp om die land van oorsprong van die Antichris vas te stel:
· Eers word hy as een uit tien voorgestel (Dan. 7:7-8), wat een van tien lande in die ou Romeinse ryk is. Die Siriese provinsie (wat die huidige Irak insluit) was deel van dié ryk.
· Daarna word hy as een uit vier voorgestel, wat die vier provinsies in die verdeelde Griekse ryk is (Dan. 8:8-9). Sirië (wat die huidige Irak insluit) was een van dié vier provinsies.
· Uiteindelik word hy as een uit twee voorgestel, wat die gebiede van die koning van die Noorde en die koning van die Suide in die verdeelde Griekse ryk ná Alexander die Grote was (Dan. 11). Die noordelike provinsie was Sirië en die suidelike een Egipte. Die historiese stryd tussen hulle word in Daniël 11:2-35 beskryf, en die eindtydse koning van die Noorde (die Antichris) in Daniël 11:36-45. Hy sal dus uit Irak of Sirië kom.
In Jesaja 10 is ook ‘n duidelike profesie oor die herstelde Assiriese ryk van die eindtyd. Dit word binne die konteks van die dag van die Here geplaas (Jes. 10:20), en die Antichris as die koning van Assirië voorgestel:
“Maar as die Here sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë. Want hy sę: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos ‘n maghebber neergewerp. En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na ‘n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos ‘n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat ‘n vlerk verroer of ‘n bek oopgemaak of gepiep het nie” (Jes. 10:12-14).
Die Antichris sal dus sonder enige moeite die grense tussen die volke verwyder ten einde sy beleid van internasionalisme deur te voer. Hy sal ook maklik beheer oor die węreldekonomie verkry en daardeur ‘n magsposisie bekom. Hiertoe sal hy die volle samewerking van die misleide en insiglose politieke leiers van sy ryk hę:
“En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier” (Op. 17:12-13).
Israel én die hele węreld sal swaar verdruk word. Deur die Here se ingryping by sy wederkoms sal hulle egter van die eindtydse Assiriër en sy węreldmag se wrede skrikbewind verlos word (Jes. 10:23-25; Miga 5:4-6).
Die eerste 3˝ jaar van die verdrukking sal die Antichris as ‘n valse vredevors regeer en węreldeenheid nastreef. Dan sal hy sy groot aanslag loods. Sy gedaanteverwisseling in die middel van die verdrukking sal só dramaties en vreesaanjaend wees dat hy die hele mensdom aan die wreedhede en afskuwelike magspel van openlike satanisme sal onderwerp, soos in Openbaring 13 beskryf word. Nadat hy ‘n dodelike wond ontvang en weer lewendig geword het, sal die duiwel nie meer as vredevors en engel van die lig deur hom manifesteer nie, maar as ‘n magshonger diktator wat vol godslastering, sadisme en moordplanne is.
Hy sal ‘n diktatuur instel wat op politieke, godsdienstige én ekonomiese magsbasisse berus. Op elk van hierdie drie terreine sal totalitęre beheer uitgeoefen word met die doel om alle mense tot absolute slawerny te verneder. Hulle sal geen politieke regte, godsdiensvryheid óf ekonomiese selfbeskikkingsreg buite die strukture van sy nuwe węreldorde kan verkry nie. Hiervoor sal die Antichris self sorg, omdat hy nie sy alleenheerskappy sal prysgee nie.
Die twee helftes van dei Antichris se bewindstermyn kan skematies só uiteengesit word:
|
Wegraping |
Wederkoms |
|
Bewind van die Antichris |
|
VALSE VREDE (3˝ jaar) |
GROOT VERDRUKKING (3˝ jaar) |
|
Die Antichris word as vredevors geopenbaar en vestig sy universele leierskap op internasionale politieke, ekonomiese en godsdienstige strukture. |
Die Antichris ontheilig die herboude tempel, skaf die offerdiens af en verklaar homself tot God. Israel verbreek hulle verbond met hom as messias. |
|
Die nuwe węreldorde met sy universele regering en węreldvredesmag word ingestel, en verleen groot magte aan ‘n bond van węreldgodsdienste. |
Die alliansie van węreldgodsdienste (die valse węreldkerk) word vernietig en vervang deur die verpligte aanbidding van die Antichris as God. |
|
Die Antichris sluit as valse messias ‘n verbond met Israel én alle ander godsdiensgroepe. ‘n Węreldgodsdiens kry só sy beslag. |
Gruwelike vervolging word teen Jode en Christene ingestel wat weier om die Antichris as God te aanbid. Alle oortreders word tereggestel. |
|
Die derde tempel word in Jerusalem langs die moskee gebou, en die leuen verkondig dat alle gelowe dieselfde God aanbid. |
Die Antichris word alleenheerser en militęre diktator. Hy beheer ‘n kontantlose węreldekonomie d.m.v. gerekenariseerde 666-verwante nommers. |
|
Babilon word in Irak as die Nuwe Era hoofstad en simbool van węreldeenheid herbou. Tydelike ekonomiese herstel en ‘n valse vrede tree in. |
‘n Ongekende sterftesyfer word deur oorloë, pessiektes en natuurrampe geëis. Mobilisasie vind vir die slag van Armagéddon in Israel plaas. |
Politieke mag
In die laaste helfte van die verdrukking, wat die groot verdrukking genoem word, sal die Antichris ‘n alleenheerser en militęre diktator wees wat sy gesag op geweld baseer. Geen aardse mag sal teen hom kan standhou nie, want “aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:7). Daar sal nie ‘n enkele nasie met ‘n soewereine regering wees nie, en almal sal volle uitvoering aan die dier se militęre dekrete moet gee. Politieke dislojaliteit sal nie geduld word nie, en maghebbers wat hulle eie beleid volg, sal van hulle trone afgeruk word (Jes. 10:13).
Die Antichris sal ‘n moderne Nebukadnésar wees en die węreldburgers van sy tyd na willekeur hiet en gebied. Die eienskappe van ander bekende militęre diktators in die geskiedenis, soos Nimrod, Alexander die Grote, Nero, Hitler en Stalin sal op ‘n oortreffende wyse in sy optrede weerspieël word. Sy militęre veldtogte sal nie slegs op aardse teikens gerig wees nie, want die grootste sametrekking van militęre magte wat die węreld nóg gesien het sal in Israel teen ‘n hemelse leër ontplooi word (Op. 19:19). Dit sal tot die veelbesproke slag van Armagéddon lei (Op. 16:14, 16).
Godsdienstige mag
Wanneer die valse vrede verby is en die 3˝ jaar van die groot verdrukking aanbreek, sal dit ook geestelik gesproke die donkerste tyd in die ganse węreldgeskiedenis wees. Dan sal die sataniese driemanskap van die draak, die Antichris en die valse profeet hulle finale skuif maak om die mag van die Drie-enige God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees, op aarde te probeer beëindig en hulle oorblywende volgelinge te verdelg. Die Antichris sal op die posisie van God aanspraak maak deur homself in die tempel in Jerusalem tot God te verklaar:
“...eers moet die afval kom [die vertrek] en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess. 2:3-4).
Daniël het ook teen hierdie eindtydse god-mens gewaarsku wat homself op ‘n arrogante wyse sal verhef en vir die misleide mensdom van sy tyd ‘n koning én ‘n god sal wees wat oor al hulle lotgevalle sal besluit:
“En dié koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek... En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie... Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer” (Dan. 11:36-38).
Die Antichris sal homself in die plek van God stel. Dit sal egter duidelik wees dat hy met bedrog besig is, want hy sal nog steeds ‘n mag bokant homself erken, naamlik die god van die vestings, wat Satan is. Dit is Satan wat mense leer om vestings in te neem en hulle politieke en godsdienstige doelstellings deur geweld te bereik.
Openbaring 13:3-4 en 8 bevestig baie duidelik hierdie godsdienstige magsoorname deur die Antichris, en die feit dat al die misleides węreldwyd hom sal aanbid. Deur die bemiddeling van die valse profeet, wat ook groot tekens en wonders sal doen om mense te mislei, sal die dier ‘n beeld van homself in die herboude tempel in Jerusalem laat oprig en almal dwing om hom as God te aanbid (Op. 13:14-15).
Só ‘n absolute vorm van godsdienstige slawerny vereis dat die alliansie van valse węreldgodsdienste wat in die eerste helfte van die verdrukking onder die universele messiasskap van die Antichris sal funksioneer, ontbind en nietig verklaar moet word. Alleen dán sal alle mense gedwing kan word om die dier as God te aanbid. Volgens Openbaring 17:16 gaan dit inderdaad gebeur.
Ekonomiese mag
Benewens politieke en godsdienstige mag, gaan die węreld se geldmag ook deur die Antichris gebruik word om die mensdom op alle lewensterreine te beheer en te verslaaf. Deur die instelling van ‘n gerekenariseerde, kontantlose ekonomie sal alle ekonomies aktiewe mense se koop- en verkooptransaksies beheer word (Op. 13:16-18).
Dit is uit hierdie gedeelte duidelik dat nommers of kodes aan mense toegeken sal word, waarsonder hulle nie sal kan koop of verkoop nie. Daar sal dus geen kontantgeld meer in omloop wees nie. Die stelsel van elektroniese fondsoorplasing sal ook net toeganklik wees vir mense wat “die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” Dit beteken dat ‘n formele eed van getrouheid aan die Antichris as die god en koning van hierdie węreld afgelę sal moet word voordat ‘n persoonlike identiteitsnommer (PIN) aan ‘n aansoeker toegeken sal word. Hierdeur sal hy egter sy siel aan die duiwel verkoop, omdat hy deur die eed wat hy afgelę het, die Antichris se politieke, godsdienstige én ekonomiese status sal erken. Hy sal dus bewustelik aan die dier verbonde wees.
Die bewering wat sommige teoloë maak dat daar nooit enige gevaar in ‘n kontantlose ekonomiese stelsel sal wees nie, en dat die nommer of die merk van die Antichris nie letterlik opgeneem moet word nie, is deel van Satan se propagandaveldtog om mense nou reeds op die aanvaarding van sy nommerstelsel voor te berei. ‘n Ekonomiese stelsel vir die beheer van koop- en verkooptransaksies is geen simboliese uitspraak oor een of ander abstrakte saak nie, maar ‘n letterlike stelling oor ‘n alledaagse menslike handeling.
Indien u waardig is om die komende verdrukking te ontvlug, sal die Antichris se nommer nooit op u afgedwing kan word nie. Indien u onder diegene sal wees wat agterbly, en in daardie tyd u saak met die Here regmaak, sal u die Antichris, sy regeringstelsel, sy valse węreldgodsdiens, sy eis van persoonlike aanbidding én die aanbod van sy nommerstelsel, volkome moet verwerp ongeag die haglike gevolge wat dit vir u sal inhou.
Vir diegene wat ‘n eed van getrouheid aan die Antichris aflę, sy nommer aanvaar en hom aanbid, sal dit vir ewig nag word omdat hulle ook sy oordeel met hom sal deel:
“As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang” (Op. 14:9-11).
Aan die ander kant is daar die oorwinnaars oor die sataniese komplot, wat nie die knie voor Baäl gebuig het nie:
“En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God” (Op. 15:2).
Die Bybel noem ‘n aantal sleutelaspekte van die Antichris se korrupte en immorele karakter:
· Nadat die teëhouer (die ware kerk van Christus) uit die weg geruim is en totale geestelike duisternis ingetree het, dan word die ongeregtige (die Antichris) geopenbaar. Die woord ongeregtige beteken die anargis of die een wat sonder enige wette is.
· Hy sal met lis en deur politieke bedrog ‘n leierskapsposisie verkry, en daarna deur middel van slim diplomasie vinnige opgang na sy einddoelwit van węreldleierskap maak (vgl. Dan. 9:27).
· “Hy sal probeer om tye en wet te verander” (Dan. 7:25). Hy sal alle tradisies en wette verbreek en verander. Moontlik sal hy huwelike afskaf en selfs die dae van die week verander.
· Hy sal God se orde van selfbeskikkende nasies afskaf deur die grense tussen hulle te verwyder en ‘n Babiloniese samelewing van węreldburgers te skep (Jes. 10: 13; Op. 13:3).
· Hy is die mens van sonde. Dit beteken iemand wat alle wette oortree – in die eerste plek God se wette en verordeninge, maar ook alle mensgemaakte wette.
· Hy is ook die seun van die verderf. Hierdeur word sy verderflike en besoedelde karakter beskryf wat deur ‘n oormaat sadisme, leuens, skelmstreke en rebellie gekenmerk sal word.
· Die teëstander. Hy is God se teëstander wat in sy plek aanbid wil word; daarom kom hy ook as die Antichris om in Christus se plek as Messias aanvaar te word.
· Hy is ‘n selfverklaarde God. Nadat hy 3˝ jaar lank as węreldmessias vereer is, sal hy tot die uiterste daad van rebellie teen God oorgaan deur homself tot God te verklaar.
· Hoogmoed en selfverheffing sal die aanleidende gesindheid tot sy selfvergoddeliking wees.
· Hy sal ‘n lasteraar van die ware God en van die heiliges wees (Op. 13:5-6; Dan. 7:25). Hoewel hy vir 3˝ jaar met sy subtiele bedrog deur die Jode as Messias aanvaar sal word, sal hy in sy hart die grootse Jodehater van alle tye wees. Anti-Semitisme sal in die die laaste 3˝ jaar węreldwyd aangeblaas word.
· Hy sal by uitstek ‘n beoefenaar van sataniese magte wees. Hy sal kragtige tekens en wonders deur middel van sy okkultiese magte doen, en daardeur mense mislei. Hoewel hy in werklikheid ‘n towenaar sal wees, sal hy die reputasie verwerf as die mees gesalfde beoefenaar van goddelike magte op aarde.
· As ‘n professionele misleier wat deur Satan (die engel van die lig) vir hierdie taak toegerus is, sal hy met geluk bedrog pleeg. “Dié wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak” (Dan. 11:32).
· Hy sal omkoopgeskenke aan sy vriende en gunsgenote gee om hulle lojaliteit te verseker. Hulle wat hom aanvaar en met sy duistere komplotte saamwerk, sal hoë poste en grond kry: “Diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel” (Dan. 11:39).
· Ten diepste sal hy ‘n geweldenaar en mensemoordenaar wees, wat by tye totaal deur woedebuie oorheers sal word as daar enige opposisie teen sy węreldregering ontstaan: “Gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref” (Dan. 11:44).
· Hy sal ‘n psigopaat met ‘n gesplete persoonlikheid wees – inderdaad ‘n man met baie gesigte, soos wat hy ook ‘n dier met baie koppe is. Soms sal hy as ‘n verleier en misleier so vriendelik en sjarmant wees dat niemand enigiets slegs in hom sal kan raaksien nie. Dan sal die donker kant van sy karakter weer die oorhand kry en hom ongelooflike wreedhede laat pleeg. In die eerste helte van die verdrukking sal die onskuldige (engel van die lig) gedeelte van sy persoonlikheid dominant wees, en in die tweede helfte die donker, woeste deel daarvan. Weens sy normloosheid en buierigheid sal hy totaal onvoorspelbaar en onbetroubaar wees.
As gevolg van die invloed van die Antichris as ‘n geweldenaar en die mens van sonde, sal ‘n geweldskultuur en ‘n sonde-kultuur tydens sy bewind oor die hele węreld uitbrei.
Dit blyk baie duidelik uit die profesieë dat die Antichris aan die hoof van ‘n nuwe węreldorde sal staan wat op die konsep van eenheid gebaseer is. In die eerste helfte van sy bewindstermyn sal eenheid deur mooi klinkende ideologiese slagspreuke soos vrede, węreldeenheid en versoening gepropageer word, en in die tweede helfte van die verdrukking sal eenheid militęr afgedwing word.
Die volgende eenheidsideologieë sal die grondslag van die Antichris se węreldstrukture vorm:
Die politieke ideologie van die Antichris sal dié van globalisme of węreldeenheid wees. Dit sal ‘n totale nuwe węreldorde van internasionalisme behels. Nasies sal gedenasionaliseer word deurdat hulle van hul godgegewe soewereiniteit afstand sal doen om in die węreldstaat van die Antichris te kan opgaan. Slegs ‘n beperkte mate van plaaslike outonomie sal deur regerings behou word. Die meeste van hulle funksies sal uit die implementering van die besluite en beleidsrigtings van die węreldregering bestaan.
Die motivering vir die Antichris se węreldregering sal die skepping van internasionale eenheid en harmonie wees, asook die oplossing van węreldvraagstukke en streekskonflikte wat buite die vermoë van enkele lande is. Kort ná sy openbaring sal hierdie nuwe leier homself as ‘n diplomaat van buitengewone statuur onderskei. Hy sal feitlik oornag ooreenkomste aangaan en oplossings vir konflikte vind wat die węreld al baie lank teister. As gevolg hiervan sal hy oral geprys en aangehang word, en vinnig opgang na ‘n posisie van węreldleierskap maak. Hy sal op die golf van die populęre mening ry en alle regerings en gemeenskappe se verbasing oor sy prestasies afdwing, asook oor die uitvoering van sy ideologie van eenheid, vrede en versoening:
“En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan… en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:3, 7).
Die Antichris se nuwe węreldorde van internasionale eenheid, gebaseer op ‘n valse, humanistiese vrede en die sosialistiese saamgroepering van alle mense in ‘n enkele klas van węreldburgers, sal egter net 3˝ jaar lank hou. Teenstand sal teen sy regering begin ontwikkel, veral wanneer hy homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God verklaar en alle mense se aanbidding opeis (2 Thess. 2:4; Op. 13:15). ‘n Sluipmoordaanslag sal op hom uitgevoer word, maar hy sal met die behulp van sataniese magte van sy dodelike wond herstel (Op. 13:3, 12).
Dramatiese veranderinge sal hierna intree, want die Antichris sal skielik van gedaante verwissel van internasionale vredevors af tot militęre diktator. Hierna sal sy ideologie van węreldeenheid deur militęre geweld afgedwing word. Die konings wat vroeër saam met hom regeer het sal, waarskynlik onder dwang, hulle gesag aan hom oorgee sodat hy die onbetwiste alleenheerser van die węreld kan word (Op. 17:13). Dit sal die einde van die Antichris se 3˝ jaar lange neo-Babiloniese węreldryk wees (die sewende kop van die dier) en die begin van ‘n sataniese skrikbewind (Op. 17:11).
Die laaste 3˝ jaar van die verdrukking staan as die groot verdrukking bekend. Die węreld sal dan deur ‘n sataniese driemanskap regeer word: die draak (Satan), die dier (die Antichris) en die tweede dier (die valse profeet). Op die sigbare, menslike vlak, sal dit ‘n tweemanregering wees, bestaande uit die Antichris en die valse profeet. Vanuit die geesteswęreld sal Satan egter aan die roer van sake staan, besluite neem en sy mag aan die Antichris oordra:
“…en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag” (Op. 13:2).
Die antichristelike nuwe węreldorde wat met al sy mooi klinkende slagspreuke van eenheid, vrede en harmonie onder die leiding van ‘n bose engel van die lig (2 Kor. 11:14-15) begin het, eindig hier in ‘n Luciferiese węreldstaat waarin onderdrukking, moord en doodslag, asook die verpligte aanbidding van Satan en die Antichris, aan die orde van die dag sal wees.
Universele godsdienseenheid, m.a.w. die inherente eenheid van alle gelowe op aarde, sal die godsdienstige ideologie van die Antichris wees. Die grondslag van hierdie ideologie is dat alle gelowe dieselfde God op verskillende maniere aanbid. Ten spyte van uiterlike verskille is hulle dus almal in hulle diepste kern dieselfde. Die logiese uitvloeisel hiervan is dat alle gelowe ook vir dieselfde universele messias wag, al gebruik hulle verskillende name vir hom.
Dit is inderdaad soos wat die Antichris sy verskyning op aarde sal maak: die Christus vir die Christene, die Messias vir die Jode, Krishna vir die Hindoes, die Imam Mahdi vir die Moslems, en die Maitreya Boeddha vir die Boeddhiste. Hy sal hulle onder sy gemeenskaplike leierskap tot ‘n hegte alliansie saamtrek. Openbaring 17:3-5 beeld dié ekumeniese groep as ‘n ontugtige vrou uit wat op die dier se rug ry.
Hierdie Babiloniese sameflansing van gelowe is die bruid van die Antichris, net soos wat die ware kerk die bruid van Christus is. Die Antichris sal sy bruid dra, koester, en groot openbare erkenning aan haar gee. Hy sal haar as ‘n bondgenoot in die skepping van eenheid op aarde gebruik. Al haar volgelinge sal van hulle onderlinge eenheid bewus gemaak word, en dit sal die grondslag vir ‘n mistiese węreldbroederskap lę. Dit sal die realisering van sosiale, politieke en ekonomiese eenheid aansienlik vergemaklik.
Getrou aan sy aard, sal die Antichris se huwelik met sy bruid (die valse gelowe) nie baie lank hou nie. Ná 3˝ jaar sal hy homself tot God verklaar en die direkte persoonlike aanbidding van alle mense opeis. Dan sal die verskillende godsdienste, hulle kerke, tempels, moskees en sinagoges nie meer nodig wees nie, en vernietig word. Die Antichris sal dus aan sy bruid die opsie bied om óf sy verhoogde status van messias na God te aanvaar en hom as God te aanbid, óf om tereggestel te word. Met die alliansie van godsdienste en hulle verbintenis aan die Antichris as die węreldmessias, sal dit dan verby wees:
“En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand” (Op. 17:16).
Die godsdienstige einddoel van die Antichris sal wees om saam met Satan as God aanbid te word (Op. 13:4, 8, 15). Satanisme sal dus die enigste erkende węreldgodsdiens in die groot verdrukking (die tweede 3˝ jaar) wees.
Die eerste fases van die Antichris se godsdienstige ideologie word nou reeds in voorbereiding op sy verskyning geďmplimenteer. Dit sal deur die volgende stadiums na die einddoel daarvan beweeg:
· Godsdiensgelykheid. Alle gelowe is gelykwaardig, en die een is nie beter as die ander een nie. Die speelveld word gelyk gemaak, en hulle word aangemoedig om by ekumeniese liggame soos die Węreldraad van Kerke, die Węreldkonferensie vir Godsdiens en Vrede, die Węreldparlement vir Godsdienste en die Verenigde Godsdienste Organisasie aan te sluit en oor verskeie sake met mekaar saam te werk.
· Godsdienseenheid. Wanneer die leuen goed gevestig is dat alle gelowe dieselfde God aanbid, sal hulle spoedig ook geestelike inhoud aan hulle ekumeniese byeenkomste gee. Hulle sal die evangeliese Christendom wat op Bybelse gronde weier om kompromie met hulle te maak deur met die nie-Christelike gelowe te assosieer, verwerp en vervolg.
· ‘n Intieme alliansie van węreldgodsdienste. Wanneer die Antichris as die gemeenskaplike messias van alle gelowe op die toneel verskyn het, sal hy hulle almal in een liggaam as sy bruid verenig. Groot mag en aansien sal aan hulle verleen word, en dit sal die afstand tussen hulle verder laat vernou. Die evangeliese Christene wat nie by hulle wil inskakel om die Antichris te aanbid nie, sal openlik vevolg word.
· Verpligte aanbidding van Satan en die Antichris. Die verenigde groep van valse gelowe (die "moeder van die hoere") sal in die middel van die verdrukking deur die Antichris gedwing word om hom nie net as hulle gemeenskaplike Messias te erken nie maar voortaan ook as God te aanbid. Hierdeur sal hulle hul eindbestemming in die poel van vuur verseker waar hulle vir ewig saam met die duiwel, die Antichris en die valse profeet gepynig sal word (Op. 14:9-11).
Die Antichris sal die Christene wat hom nie wil aanvaar en aanbid nie, almal laat teregstel (Op. 6:9-11; 13:7, 15; 20: 4). Hy sal die ware Christus en die ware God belaster en totaal verwerp (Op. 13:5-6). Sy laaste groot magsmonstering op aarde sal in Jerusalem wees, waar hy Jesus sal inwag om teen Hom oorlog te voer. Dit sal die Antichris doen in ‘n wanhopige poging om sy eie sataniese węreldryk van ondergang te red.
Die ekonomiese ideologie van die Antichris sal op die sentrale ekonomiese beheer van die hele węreld ingestel wees. Deur elektroniese hulpmiddele sal hy hierdie beheer toepas en dit ook as ‘n meganisme gebruik om mense se bewegings en aksies te monitor. Sodoende sal die węreldbevolking sy slawe word en nie sonder sy stelsel kan werk, koop of verkoop nie. Hierdeur sal hy finaal sy beheer oor al die mense op aarde afdwing.
Die Antichris sal van die begin af weet dat hy beperkte tyd het om die koninkryk van Satan op aarde te vestig, want die uur van die duisternis sal deur die koms van die ware Christus beëindig word. Hy sal egter nie die Here se profetiese woord aanvaar nie, en alles in sy vermoë doen om dit ongedaan te maak. Die geweldige persoonlike aanslag op Jesus Christus by sy eerste koms, asook die verbete pogings om die vroeë Christelike kerk uit te roei, sal weer voor en tydens die wederkoms herhaal word.
Omdat die sewe jaar van die verdrukking in jare, maande én in dae uitgespel is, sal dit veral in die tweede helfte van die verdrukking, wanneer die aftelling van die laaste 1260 dae, of 42 maande, begin het (Op. 11:2-3; 12: 14 en 13:5) algemene kennis wees wanneer Christus sal terugkom. (Dit is net die tyd van die wegraping en die begin van die sewe jaar wat ‘n verborgenheid is).
Die beloftes oor die wederkoms van Christus sal die Antichris woedend maak, en hy sal in die tyd tot sy beskikking alles doen om die Christendom op aarde heeltemal uit te roei. Hy sal ook die volk van God (Israel) probeer uitwis, sodat die beloftes van die Messias se duisendjarige vrederyk en die herstel van die troon van Dawid in Jerusalem (Hand. 15:16-17), nie vervul kan word nie. Die Here sal egter ‘n oorblyfsel van Israel in die woestyn bewaar vir 3˝ jaar (Op. 12:14), sodat hulle Hom by die Olyfberg kan ontmoet wanneer Hy kom.
Die Antichris gaan alles moontlik doen om die ontmoeting tussen Israel en hulle Messias te verydel. Sy belangrikste militęre basis sal op die vlakte onderkant die berge van Judea, tussen Jerusalem en die Middellandse See wees (Dan. 11:45). Van hier af sal Jerusalem beleër en die Olyfberg omsingel word. In die laagte van Kidron (die dal van Josafat) sal talle soldate wees:
“Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel” (Joël 3:1-2).
Die oorblywende Jode wat na die Olyfberg sal optrek in afwagting op die koms van die Messias, sal deur die antichristelike magte omsingel en deur uitwissing in die gesig gestaar word. Groot chaos sal in Jerusalem heers:
“Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word” (Sag. 14:2).
Op die hoogtepunt van die hierdie oorlog van Armagéddon sal Jesus Christus en sy hemelse leërskare neerdaal, en Hy sal sy voete op die Olyfberg in Jerusalem neersit:
“En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lę, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal… en julle sal vlug in die dal van my berge… En in dié dag sal daar geen lig wees nie… maar teen die aand sal dit lig word” (Sag. 14:4-7).
Wanneer Christus terugkom, sal dit tot die uitredding van die oorblyfsel van sy volk wees, want hulle sal in die rotsskeure van die Olyfberg vlug wat in twee geskeur het. In die duisternis wat oordag sal toesak, sal die vyand hulle nie in die hande kry nie. Terselfdertyd sal God se oordele oor die magte van die Antichris uitgestort word:
“En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom” (Sag. 14:12-13).
Die Antichris se hoofdoelwit met die beleëring van Jerusalem sal nie die uitwissing van die oorblyfsel van Israel wees nie, maar om teen die Messias van Israel oorlog te maak en Hom te probeer oorwin. Dit sal ‘n laaste wanhopige daad wees om sy sataniese węreldregering van vernietiging te red. Wat ‘n futiele poging sal dit nie wees om te probeer veg teen Hom wat alle mag in die hemel en op aarde het nie! Dit sal die laaste verskyning van die Antichris en sy bose meelopers op aarde wees, want hulle ondergang sal vinnig en finaal wees:
“En ek het die dier [die Antichris] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit [Christus], en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:19-21).
|
CHRISTUS |
DIE ANTICHRIS |
|
Hy daal uit die hemel neer en verskyn as mens, maar is van hemelse oorsprong (Joh. 3: 13; 6:38). |
Hy kom uit die afgrond op en sal as ‘n mens uit die see van nasies voortkom (Op. 17:8 en 13:1). |
|
Hy is die Seun van God en het gekom om sy hemelse Vader aan die węreld te openbaar (Matt. 16:16). |
Hy is die seun van die verderf en sal sy vader se bedorwe en bose karakter kom openbaar (2 Thess. 2:3). |
|
Hy is die waaragtige God en die ewige lewe (1 Joh. 5:20). |
Hy sal homself valslik tot God verklaar (2 Thess. 2:4). |
|
Hy is sondeloos (2 Kor. 5:21; Heb. 4:15). |
Hy is die mens van sonde (2 Thess. 2:3-10). |
|
Hy het in die Naam van sy Vader gekom (Luk. 10:22). |
Hy kom in sy eie naam (Joh. 5: 43). |
|
Hy het gekom om die Vader te verheerlik (Joh. 17:4). |
Hy sal homself verheerlik en laster teen God (Op. 13:5-6). |
|
Hy is een met die Vader en die Heilige Gees, en het gekom om die Vader te openbaar (1 Joh. 5:7; Joh. 14:9). |
Hy sal saam met die draak en die valse profeet ‘n driemanskap vorm en Satan verteenwoordig (Op. 13: 4, 11-12). |
|
Hy is die Verlosser van die węreld, en het gekom om ons van Satan se slawerny te bevry (1 Joh. 4:14; Joh. 8:36). |
Hy sal van die mensdom slawe van sy antichristelike ryk van die duisternis maak (Op. 13:7, 15-18). |
|
Hy het as ‘n nederige dienskneg na die aarde gekom en sy lewe as ‘n losprys gegee (Mark. 10:45). |
Hy sal in sy eie oë groot en verhewe wees en as ‘n absolute diktator heers (Dan. 11: 36; 2 Thess. 2:4). |
|
Hy het gekom om sondaars te red vir sy koninkryk (Luk. 19: 10; Matt. 25:34). |
Hy sal kom om mense oor die aarde te verstrooi en hulle te verdelg (Dan. 11:44). |
|
Hy het gekom om God se geregtigheid op aarde te laat geskied (Fil. 3:9). |
Hy sal sonde en ongeregtigheid laat hoogty vier op aarde (2 Thess. 2:3). |
|
Hy het die wet kom vervul (Matt. 5:17-18). |
Hy sal tye en wet verander (Dan. 7:25). |
|
Hy bring vrede in mense se harte met God, maar konflik met die ongeredde węreld (Joh. 14:27; Matt. 10:34). |
Hy sal ‘n valse vrede op aarde skep wat skielik in duie sal stort en op die groot verdrukking uitloop (1 Thess. 5:3). |
|
Hy het gekom om Satan te ontmasker en sy werke te verbreek (Kol. 2:15; 1 Joh. 3:8). |
Hy sal die god van die vestings (Satan) vereer met alles wat hy het (Dan. 11:38). |
|
Hy neem sterk standpunt teen hebsug en aardse rykdom in (Luk. 12:15). |
Hy sal groot rykdomme vergader en omkoopgeskenke uitdeel (Dan. 11:39, 43). |
|
Hy het die waarheid oor God, Satan, sonde, redding, die hemel en die hel aan die mensdom bekend gemaak (Matt. 22:16; Joh. 1:17 en 8:31-32). |
Hy sal die mensdom geestelik kom mislei en in leuens laat glo wat tot hulle ondergang sal lei (Matt. 24:4-5; 2 Thess. 2:9; vgl. ook Joh. 8:44). |
|
Hy verbind Homself net aan die ware kerk wat sy Naam bely en die afgode verwerp (Joh. 14:6; 2 Kor. 6:14). |
Hy verbind homself aan al die valse godsdienste wat bereid is om hom as hul messias te erken (Op. 17:3-6). |
|
Sy bruidsgemeente sal vir altyd by Hom wees (2 Kor. 11: 2; 1 Thess. 4:17). |
Sy bruid, die valse węreldkerk, sal ná 3˝ jaar vernietig word (Op. 17:16). |
|
Hy doen sy oortuigingswerk deur die Gees van die waarheid (Joh. 16:13-14). |
Hy oortuig mense d.m.v. ‘n duiwelse gees van dwaling (2 Thess. 2:9; 1 Joh. 4:3, 6). |
|
Hy sal uit die hemel neerdaal en sy voete op die Olyfberg sit (Sag. 14:4-5). |
Hy kom uit die woestyn en sal op TV gesien kan word (Matt. 24:26). |
|
Sy koninkryk sal vir ewig duur (Op. 11:15). |
Sy ryk sal kortstondig wees (Op. 17:9-12). |
|
Hy is die oorwinnaar wat oor die Antichris en sy magte sal triomfeer (Op. 19:19-21). |
Hy sal vir ewig in die hel verdoem word wanneer die Here Jesus kom (Op. 19:20). |
|
Sy volgelinge beërf ‘n ewige koninkryk waarin hulle vir altyd saam met Hom sal regeer (Kol. 1:13-14; 2 Pet. 1:11). |
Sy volgelinge sal sy lot vir ewig in die hel met hom deel waar hulle saam met hom gepynig sal word (Op. 14:9-11). |