Aardverwarming Hou n Groot Bedreiging In

Rob Edwards, omgewingsredakteur van die Sunday Herald, berig dat die Antarktiese yslaag as gevolg van aardverwarming vinniger smelt as wat vroer gemeen is. Die gevolge hiervan kan rampspoedig wees, erger as enigiets wat wetenskaplikes tot dusver voorspel het. Die Antarktiese yslaag bevat 30 miljoen biljoen ton ys, wat vier keer meer as al die vars water in die hele res van die wreld is. Slegs n gedeelte hiervan hoef te smelt om n ramp te veroorsaak.

Volgens Lloyd Peck, n senior wetenskaplike by die Britse Antarktiese Ondersoek by Cambridge, kan die vlak van die wreld se oseane met omtrent vyf meter styg indien die yslaag smelt, en daardeur die helfte van Bangladesj en n driekwart van Holland oorstroom, asook Kalkutta en groot dele van Sydney, Londen en Florida. Dit is beslis nie wetenskapsfiksie nie, s Peck, dit kan gebeur en is n besliste moontlikheid. In Bangladesj is daar 50 miljoen mense wat minder as vyf meter bokant die seevlak leef. Daar is ook baie ander laagliggende dele in die wreld wat geraak sal word.

Daar is bewyse gevind dat die yslaag wat die skiereiland wes van Antarktika bedek, as gevolg van klimaatsverandering begin smelt. Byna 90% van die gletsers is besig om kleiner te word en gemiddeld 50 meter per jaar terug te krimp. Dit is egter nie net in Antarktika waar die ys begin smelt nie. Die yslaag wat Groenland bedek, kan n n temperatuurstyging van net 2.7C begin smelt. Dit kan die seevlak met n verdere vyf meter laat styg en miljoene mense uit kusstede verdryf.

Ander skrikwekkende scenarios in verband met aardverwarming word ook nou bekend gemaak. Die renwoude in die Amasone-gebied kan in hulle geheel uitdroog en doodgaan. Indien die wreld se klimaat na n nuwe stabiele vlak van 6 grade warmer as tans verander, kan n derde van die totale landmassa in woestyne verander. Hierdie scenario klink dalk baie vergesog, maar hoe meer wetenskaplikes van klimaatsverandering te wete kom, hoe meer bekommerd raak hulle. Hulle weet reeds dat stygende temperature oor die hele wreld na droogtes, storms en vloede lei.

Dinge is besig om vinniger te verander as wat ons gedink het, s Peter Cox, n kenner van klimaatsverandering by die Sentrum vir Ekologie en Hidrologie in Dorset. Die yslae is meer veranderlik, en dramatiese veranderings vind vinniger plaas as wat voorspel is. Die mensdom is tans besig om die aarde tien keer vinniger te laat verwarm as n die vorige ystydperk.

Die belangrikste oorsaak van aardverwarming is die verbranding van fossiel-brandstof steenkool, olie en gas waardeur koolsuurgas in die atmosfeer vrygestel word. Die koolstof-besoedeling vorm n kombers rondom die aarde waardeur die hitte ingesluit word, en dit lei daartoe dat die aarde warmer word. Die vermindering van hierdie gasse is die eerste stap om aardverwarming te bekamp.

Meer wetenskaplike feite

Die Vereniging vir Besorgde Wetenskaplikes in die VSA het n nuwe afdeling op hulle webtuiste (www.ucsusa.org/) geopen om probleme in verband met aardverwarming te bespreek. Hulle s dat wetenskaplike konsensus oor die gevare van aardverwarming feitlik daagliks sterker en meer oortuigend raak veranderings in die klimaat is werklik en aan die gang. Een van hulle bevindings is dat sewe van die tien warmste jare in die 20ste eeu in die 1990s voorgekom het. Die warmste jaar sedert betroubare temperatuurmetings gedoen is, was 1998, toe temperature as gevolg van een van die sterkste El Ninos op rekord, die hoogte ingeskiet het. Hulle dui ook aan dat die Arktiese yslaag op die Noordpool gedurende die laaste vier dekades 40% van sy dikte verloor het.

Die Vereniging vir Besorgde Wetenskaplikes het die ernstigste gevolge van volgehoue aardverwarming soos volg gedentifiseer:

       n Vinniger styging in die seevlak.

       Meer hittegolwe en droogtes, wat na meer konflikte oor varswaterbronne sal lei.

       Meer uiterste weerstoestande, waardeur oorstromings en die vernietiging van eiendom veroorsaak sal word.

       n Groter potensiaal vir hitte-verwante siektes en sterftes, asook die wyer verspreiding van aansteeklike siektes wat deur insekte en rotte na gebiede versprei sal word waar dit vroer onbekend was.

       Indien klimaatsverandering onbeheerd voortgaan, sal ons gesondheid, ons stede, ons plase, asook die woude, strande, vleilande en ander natuurlike habitats deur aardverwarming bedreig word.

Die Vereniging vir Besorgde Wetenskaplikes het ook oor die toenemende sterkte van orkane kommentaar gelewer:

Die onlangse reeks orkane wat die suidelike en oostelike VSA getref het, het ook vrae oor die verband tussen orkane en aardverwarming laat ontstaan. Daar word verwag dat die intensiteit van orkane as gevolg van die stygende temperatuur op die see se oppervlakte in n warmer wordende aarde sal toeneem. Die opbouing en versnelling van orkane sal ook toeneem, waardeur groter oorstromings en modderstortings veroorsaak sal word. Die stygende seevlak as gevolg van smeltende ys en sneeu sal die spoed van die winde verder laat styg. Laagliggende kusgebiede soos di in Florida, Alabama en suidelike Louisiana sal die ergste deur die gevolge van groter orkane geraak word.

Aardverwarming sal nie noodwendig na meer orkane lei nie, maar dit kan wl groter en sterker orkane met hor windsnelhede tot gevolg h. Warmer water in die Atlantiese en Stille Oseane werk groter storms in die hand, en die toenemende verdamping sal na meer ren lei.

Die Bybelse scenario

Die Bybel voorspel vir die komende verdrukking klimaatsveranderings en natuurrampe wat veel erger as die ergste voorspellings van die wetenskaplike is: En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie... En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde as nie... en groot hael, omtrent n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was (Op. 16:8-9,18,21).

Ongekende natuurrampe sal die aarde tref. Ten spyte van die erns van hierdie rampe, sal mense se harte s hard wees dat hulle steeds nie tot bekering sal kom nie, maar eerder vir God oor die plae sal laster. Selfs wanneer see en branders dreun en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wreld kom (Luk. 21:25-26), sal hulle hul steeds nie bekeer nie.

Huidige tekens in die natuur gee aan mense meer as genoeg rede om hoogs bekommerd oor toekomstige gebeure te wees. Die Here gaan die kragte van die hemel en die aarde skud om die goddelose mense te straf. Christene hoef egter nie tot wanhoop gedryf te word nie, omdat Jesus Christus ges het: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is (Luk. 21:28). Die beloofde verlossing beteken, onder andere, dat die ware gelowiges in n oogwink van hierdie terminaal siek en sterwende planeet af weggevoer sal word: Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan (Luk. 21:36; vgl. 1 Kor. 15:51-52).