Die aard van die węreldgeskiedenis is tot ‘n groot mate deur revolusies en oorlogvoering bepaal. Die Bybel waarsku ons dat revolusies en oorloë in die eindtyd algemeen sal voorkom: “Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë... Want die een nasie sal teen die ander opstaan” (Matt. 24:6-7). Baie van die nasies sal die ideologieë en godsdienste van ander nasies verwerp, en ook beheer oor hulle grondgebiede en hulpbronne probeer verkry.
Wanneer die Antichris op die toneel verskyn, sal hy die rustelose nasies agter die finale revolusionęre doel verenig om teen die drie-enige God van die Bybel te rebelleer. Die leiers van dié nasies sal deur demone aangehits word om deur gesamentlike militęre optrede in Israel te voorkom dat die koninkryk van God op aarde gevestig word (Op. 16:13-16). Hulle sal hulself in Israel versamel om uitvoering aan hulle sataniese ideaal te gee om die ware Christus te probeer doodmaak wanneer Hy tydens sy wederkoms sy voete op die Olyfberg in Jerusalem sit (Sag. 14: 2-4;12-13; Op. 19:19-21).
Kom ons ondersoek die verskynsel van revolusies verder om die betekenis daarvan te bepaal as ‘n metode om onheil te skep. Revolusies is nog altyd deur ontevrede, magshonger groepe en nasies gebruik om opponerende regerings omver te werp. Laat ons kortliks die kenmerke van revolusies in oënskou neem, asook die belangrikste doelstellings wat die revolusionęres het.
‘n Revolusie is ‘n vorm van rebellie teen die bestaande gesag en orde in ‘n land of gemeenskap, en is op vinnige, gewelddadige veranderings ingestel. Dit is die teenoorgestelde van stadige, vreedsame, evolusionęre veranderings. ‘n Revolusie kan ideologies, godsdienstig, polities, sosiaal of ekonomies gedrewe wees, of deur ‘n kombinasie van dié faktore gemotiveer word. Omdat ‘n revolusie op die omverwerping van bestaande stelsels en tradisies in die samelewing ingestel is, gaan dit gewoonlik met onwettige, uitdagende en minagtende optredes gepaard. Dit is altyd teen sekere gesagstrukture in die samelewing of in ander lande in opstand, omdat hulle vir die bestaande toestand verantwoordelik gehou word, wat deur die aanhangers van die revolusie verwerp word.
Die doel met ‘n revolusie is om die heersende gesag en beleidsrigtings deur die bevordering van anargie te diskrediteer en af te breek. Hoe wreder en meer skokkend die geweld is wat in die aanslag gebruik word, hoe gouer sal die ou orde en sy ondersteunende idees verbrokkel. Uit die puinhope van verwoesting wat geskep is, moet daar ‘n nuwe orde verrys wat aan die eise van die revolusionęre leiers en hulle ondersteuners voldoen.
‘n Revolusie wat nie goed georganiseer is nie, met ‘n swak ideologie basis, gebrekkige logistiek en onvoldoende wapens of ander afskrikmiddels, asook té min openbare steun, kan maklik deur die owerhede wat as die bewakers van die bestaande orde optree, onderdruk en beëindig word. Indien ‘n revolusie egter goed gemotiveer is en ‘n sterk ondersteuningsbasis geniet, kan dit selfs teen ‘n groot oormag oorwin en sodoende sy doel van ingrypende revolusionęre veranderings bereik.
Daar was al verskeie groot revolusies op aarde, waardeur die gang van die geskiedenis radikaal verander is. Die volgende is voorbeelde hiervan:
Die vroeë Islamitiese revolusie. In die tien jaar tussen 622 en 632 n.C. het Mohammed se leërs ‘n bloedige revolusie teen die politeďstiese Arabiere gevoer en die Islamitiese geloof deur geweld in die hele Arabiese skiereiland gevestig. Hierna is die veroweringstogte deur sy opvolgers voortgesit, en teen 650 n.C. is Egipte en aangrensende dele van Noord-Afrika, Israel, Sirië en Persië deur die Islamitiese revolusie aan die nuwe geloof onderwerp. Islamitiese More uit Noord-Afrika het Spanje in 711 n.C. ingeval en tot in 1492 oorheers.
Die Middeleeuse Islamitiese revolusie. Die revolusie van Islam het eeue lank van verskillende fronte af voortgeduur. In hierdie tyd is groot dele van Indië en Indonesië onder die gesag van die Koran geplaas, asook Turkye, waar die magtige Ottoman-ryk gevestig is. Die weswaartse opmars van Islam deur die Ottoman-ryk se leërs is eers in 1683 by Wenen in Sentraal Europa gestuit.
Die Franse revolusie. Tussen 1789 en 1799 het die Franse werkersklas ‘n suksesvolle revolusie teen die monargie, feodalisme en armoede gevoer. Dit het ‘n sterk antichristelike dryfveer gehad en sodoende die grondslag vir sekulęre humanisme en sosialisme in Europa gelę.
Die Nazi revolusie. Die bevordering van die idee van ‘n Duitse superras wat sterk anti-Joods en antichristelik is, was die grondslag van Hitler se Nazi-party. Dit het in 1933 tot die oorname van die regering gelei, en ‘n paar jaar later tot Węreldoorlog II, waarin Hitler probeer het om die hele węreld aan sy gesag te onderwerp. Nazi Duitsland het in 1945 tot ‘n val gekom, maar nie voordat 52 miljoen mense in die oorlog gesterf het nie, insluitende 6 miljoen Jode wat op die mees grusame wyse om die lewe gebring is.
Die kommunistiese revolusie. ‘n Suksesvolle kommunistiese revolusie het in 1917 tot die onttroning van die tsaar en die oorname van Rusland gelei. Die gedwonge hervormings wat met ‘n hoë mate van magsmisbruik gepaard gegaan het, het vir 71 jaar tot met die val van die kommunistiese regering in die Sowjet-Unie in 1988 voortgeduur. Talle ander lande se regerings het ook voor die geweld en intimidasie van kommunistiese revolusies geswig, insluitende Sjina, wat nog steeds ‘n kommunistiese diktatuur het. Baie Derdewęreldlande het in revolusionęre, Marxisties-gesteunde opstande van regering en beleidsrigting verander.
Die huidige Islamitiese revolusie. Die groot olierykdomme van ‘n aantal Arabiese state, asook Iran, het die afgelope paar dekades na ‘n nuwe Islamitiese revolusie vir die onderwerping van die hele węreld aan die gesag van Allah gelei. ‘n Katalisator vir die aanblaas van hierdie groot revolusie, of heilige oorlog (jihad) was die stigting van die moderne Joodse staat in 1948. Deur Islamitiese propaganda, natuurlike migrasie, asook gedwonge verskuiwings van mense uit die naburige Arabiese lande, is daar kunsmatig ‘n Palestynse volk op die been gebring om Israel te opponeer en uit hulle land te probeer verdryf. Jasser Arafat was self ‘n immigrant uit Egipte, en hy het ook baie Jordaniërs by sy “Palestynse volk” ingelyf. Al die Arabiese volke steun die Palestyne in hulle stryd teen Israel, maar in die oorloë wat hulle in 1948, 1956, 1967, 1973 en 1982 teen Israel gevoer het, is hulle elke keer verslaan en verneder. Hierdeur het die haatveldtog teen Israel aansienlik toegeneem, ook teen Israel se ondersteuners soos Amerika en Brittanje. Dit wat as ‘n plaaslike stryd teen Israel en sy bure in Midde-Ooste begin het, het net na ‘n węreldwye stryd tussen Islam en alle nie-Moslems opgebou. Iran is tans besig om in hierdie revolusie sterk na vore te tree. Hulle dring openlik op die totale uitwissing van Israel aan, en beywer hulle ook vir die ondergang van Amerika. Hulle is besig om hulle kerntegnologie verder te ontwikkel, en is onverantwoordelik genoeg om sulke wapens te vervaardig en in aanvalle te gebruik. Die oorwinning van die revolusionęre Hamas-beweging in die Palestynse verkiesing verskaf aan hierdie bloedige revolusie nuwe fronte tot in die hartland van Israel.
Die ideologiese dryfkrag agter die terreurveldtog teen Israel, Amerika en hulle bondgenote is duidelik in die Moslem-geloof self geleë. Hierdie geloof genereer sterk revolusionęre, anti-kapitalistiese en antichristelike, asook anti-Joodse, gesindhede. In sy boek, Muslim Society (1983) sę prof. E. Gellner: “Van al die węreldgodsdienste blyk dit dat Islam die grootste politieke ondersteuning in die 20ste eeu geniet. Dit onderskraag ‘n aantal regerings wat geweldig tradisioneel en konserwatief is, maar is ook in staat om intense revolusionęre gesindhede op te wek en met uiterste radikalisme te verenig. As ‘n middel vir politieke mobilisasie het Islam Marxisme verbygesteek, asook alle ander godsdienste in die węreld.”
In ‘n artikel “A religion that sanctions violence” sę Patric Sookhdeo, direkteur van die Londense Sentrum vir die Studie van Islam en die Christendom, die volgende in die Daily Telegraph van 17 September 2001, pas ná die verwoestende 9/11 aanvalle op Amerika: “Die teenstrydige reaksies op die terroriste-aanvalle is ‘n aanduiding dat Islam nie altyd ‘n godsdiens van vrede is nie. Daar is so baie Moslems wat hulle in die tragiese verlies aan Amerikaanse lewens en in die vernedering van die Amerikaanse regering verbly, dat hulle nie bloot as ‘n klompie ekstremiste beskryf kan word nie. In Sura 9:5 van die Koran staan daar: ‘Beveg en verslaan die heidene waar julle hulle ook al kry. Neem hulle gevange, beleër hulle en lę hulle met enige vorm van krygslis voor.’ Sura 5:56 sę: ‘o Gelowiges, moenie vriende maak met die Jode of Christene nie. Hulle is net vriende van mekaar. As enigeen van julle hulle vriende word, sal julle net soos hulle word! Allah sal nie boosdoeners lei nie’.”
Die Islamitiese jihad het twee doelstellings. Die een is die omverwerping van “bose” regerings in Moslem-state omdat die leiers net in naam Moslems is. Dit word as ‘n godsdienstige plig gesien om hulle tot ‘n val te bring en met fundamentele Islamitiese regerings te vervang. Die ander doel is om teen nie-Moslemstate te veg – veral Amerika en sy bondgenote. Israel is as hulle belangrikste teiken geďdentifiseer omdat dié land na bewering ‘n voorpos vir Amerikaanse, Christelike en Joodse imperialisme in die middel van die Moslem-węreld is om daar verdeeldheid te skep.
Die idee van martelaarskap in die jihad wat namens Allah gevoer word, is ‘n wesenlike deel van die stryd. Dit word as die hoogste vorm van selfopoffering beskou om as ‘n martelaar (shahid) te sterf. Elkeen wat hom- of haarself bereid verklaar om in ‘n selfmoord-bomaanval as ‘n shahid te sterf, word geprys. In die Koran word daar aan elke martelaar loon in die paradys beloof. Dit is nie net direkte toegang tot die paradys sonder die foltering van die graf nie, maar ook die voorreg om aan 70 van jou vriende, vriendinne of familielede toegang tot die paradys te verleen. Só word mense gebreinspoel om hulle lewens tevergeefs vir ‘n oneerbare revolusie op te offer.
Daar is verskeie radikale groepe in Israel wat die vlamme van ‘n Islamitiese revolusie aanblaas. Die volgende is net een voorbeeld hiervan. Scott Shiloh (Arutz Sheva, 16 Nov. 2005) sę:
“Moslem radikaliste gebruik die Tempelberg as ‘n fokuspunt om die vestiging van ‘n węreldwye Moslemstaat met Jerusalem as hoofstad te beplan en te verkondig. Een van die revolusionęre groepe wat op die Tempelberg aktief is, is Hizab Altahrir (Die Islamitiese Bevrydingsparty). Hulle huldig ‘n ideologie wat soortgelyk aan dié van Al Qaeda is, en het reeds ‘n netwerk in die meeste Europese lande gevestig. Die bevordering van Islamitiese propaganda en ‘n vaste verbintenis tot ‘n jihad is bo-aan hulle politieke agenda. Die groep beywer hom vir die onderwerping van die hele węreld aan die Islamitiese wet (sharia), asook die vernietiging van alle nie-Islamitiese nasies en godsdienste. Die Islamitiese Bevrydingsparty het Europa vir die aktiewe verspreiding van sy ideologie geteiken...
“Sjeik Riyad Salah, die hoof van die Islamitiese Beweging in Israel, verkondig ook aktief die beginsels van ‘n Islamitiese revolusie. ‘Ons is voor die poorte van ‘n Islamitiese revolusie,’ sę hy aan die Arabiere van Israel. ‘Die węreldwye magte van boosheid sal in ‘n Islamitiese revolusie uitgeskakel en deur ‘n Islamitiese węreldstaat vervang word, met Jerusalem as hoofstad’... Salah se organisasie het bygedra tot pogings om Arabiese moskees op die Tempelberg te restoureer, en ook om Joodse oudhede op die Tempelberg te vernietig. Duisende van die jong Arabiere neem onder die opruiende slagspreuk van ‘Byeenkomste om Revolusie te Verkondig’ aan die party se jeugbeweging deel. Hierdie beweging het onlangs naby die Rotskoepel op die Tempelberg ‘n banier gespan met die volgende woorde: ‘Revolusie is ‘n opdrag van Allah’. Die jeuggroep is deur ander partylede begroet met die woorde: ‘Volgende jaar in Jerusalem, onder die beheer van die Islamitiese Revolusie’.”
Op die terrein van revolusionęre gesindhede en dade is Islam egter nie die grootste probleem van ons tyd nie. Daar is ‘n veel groter revolusie as die Islamitiese jihad in die węreld aan die gang, en dit is ‘n revolusie teen die opperheerskappy, wette en gesag van God in die węreld. ‘n Antichristelike nuwe węreldorde is besig om vorm aan te neem, waarin geloof in die Drie-enige God openlik geloën word terwyl die jong geslag op ‘n gewetenlose wyse aan geestelike misleiding blootgestel word. Hierdie revolusie speel op die volgende terreine af:
· God se oppergesag word nie meer in grondwette in die tradisioneel Christelike węreld erken nie omdat die mens homself verhef het om die bepaler van sy eie lotgevalle te wees. Die moderne mens sien homself as volkome vry en nie ondergeskik aan God nie.
· God word nie meer as Skepper erken nie, omdat die moderne mens verkies om homself as die produk van evolusionęre ontwikkeling oor miljoene jare te sien. Hy aanvaar eerder ‘n sjimpansee as vir Adam as sy voorvader.
· Jesus Christus se unieke Middelaarsposisie en soendood word nie erken nie omdat die Christendom met die nie-Christelike gelowe gelykgestel word, of selfs as ondergeskik daaraan.
· Die Bybel word nie as God se onfeilbare Woord beskou nie, daarom verval die basis vir ‘n Christelike moraliteit en Christelike onderwys ook. Humanistiese vryhede neem die plek hiervan in, en sondes soos homoseksualiteit, aborsie, geweldpleging, leuens, korrupsie en okkultiese praktyke word openlik toegelaat.
· Die moderne mens aanvaar geen aanspreeklikheid teenoor God vir sy dade nie, en verwerp heeltemal die idee dat God ‘n ongelowige en rebelse mensdom sal straf. Daar is genoeg vervalle kerke wat die geestelik blinde mensdom in hierdie opsig in sy kwaad sterk.
Die Here Jesus is in onlangse tye nie net uit grondwette, onderwysstelsels en ander strukture van die openbare lewe geban nie, maar selfs ook uit die kalenders. Baie lande sien nou van hulle Christelike jaartelling af, waarin tydperke in terme van jare voor Christus of ná Christus uitgedruk word. Die argument word geopper dat dit aan lede van die nie-Christelike gelowe aanstoot gee. Daar word nou meesal na die aantal jare voor die hede (BP: Before Present) verwys, en na die Christelike era as die Algemene Era (CE: Common Era). ‘n Duisend jaar voor Christus word dus as 3005 BP of as 1000 BCE beskryf.
Op hierdie manier word die invloed, posisie en erkenning van dié Een wat nie alleen die węreld geskape het nie, maar wat ook die enigste hoop vir ‘n verloregaande mensdom is, Hom ontneem. Die moderne Christendom maak dieselfde fout as wat die Jode tydens die eerste koms van Jesus Christus gemaak het. Hy is “die waaragtige lig wat elke mens verlig... Hy was in die węreld, en die węreld het deur Hom ontstaan, en die węreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Joh. 1:9-12). Nou word Hy egter ook in die tradisioneel Christelike węreld verloën.
Die revolusie teen die drie-enige God en sy Woord is besig om in omvang toe te neem, en dit sal nog op węreldforums tot die uitdruklike verwerping van die God van die Bybel lei: “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sę: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps. 2:2-3). Dit is die gevaarlikste, uitdagendste en mees bose revolusionęre stelling wat enige mense op aarde kán maak.
Volgens Psalm 11:3 sal hulle die daad by die woord voeg en die fondamente van die Christelike beskawing omverwerp. Hierdie revolusie sál dus gewelddadig raak en ook na die vervolging van Christene lei (Op. 6:9-11; 17:6; 20:4). Uiteindelik sal die verblinde mensdom só volkome van ‘n duiwelse gees van revolusie teen Jesus Christus (die Gesalfde van God) besete wees dat hulle saam met die Antichris na Jerusalem sal optrek om teen Jesus Christus te veg wanneer Hy aan die einde van die sewe jaar lange verdrukking na die aarde sal terugkeer om die rebelse nasies te oordeel (Op. 16:13-14; 19:19; Matt. 24:29-30).
Namate die Westerse węreld as gevolg van sy revolusie teen God moreel en godsdienstig verder versleg en sy motivering vir die instandhouding van positiewe waardes verloor, word dit makliker vir ander revolusionęres in die samelewing om hierdie verswakte posisie uit te buit en chaos te skep. Selfs Israel met al sy militęre vernuf en wil om te oorleef, is geestelik en moreel swak omdat hulle steeds as volk die Messias verwerp. Hulle is met hulle rug teen die muur, en hulle eie leiers gee nou dele van hulle land aan die vyand weg in ‘n poging om vrede te maak. In die proses verskans Islam homself nog meer in Israel. Hierdie opmars vind ook in ander węrelddele plaas.
‘n Historikus, Bat Ye’or, sę in haar boek, Eurabia, dat die Christelike karakter van Europa heeltemal besig is om te verdwyn en vir ‘n Arabiese Moslemkultuur plek te maak – vandaar die verwysing na die Europa van die toekoms as Eurabië. Sy sę dat Europa 30 jaar gelede al ter wille van kortsigtige politieke en ekonomiese voordele met sy kulturele abdikasie en versoeningsbeleid teenoor Islam begin het. Sy sę in haar boek: “Europe has evolved from a Judeo-Christian civilisation with important secular elements, to Eurabia: a secular-Muslim transitional society with its traditional Judeo-Christian principles rapidly disappearing.”
Die voorgestelde grondwet van die Europese Unie (EU) is ‘n sekulęre dokument met geen verwysing na God of Europa se Christelike tradisie nie. Die Moslem-staat, Turkye, is tans met samesprekings oor toelating tot die EU besig, en het sy ingenomenheid uitgespreek oor die feit dat die EU nie Christelike waardes in sy konsep-grondwet nastreef nie. Dit open die weg vir Moslems om volle lede van die EU te word, omdat alle gelowe by implikasie gelykgestel word. Die EU oorweeg dit ernstig om ook olieproduserende Arabiese state in sy geledere op te neem ten einde sy ekonomiese belange te stabiliseer.
In ‘n voorblad-artikel, “Militantes in Europa dring openlik op ‘n jihad en die vestiging van Islamitiese beheer aan,” neem die New York Times die uitbreiding van Islam in Europa in oënskou. Dié geloof is reeds baie sterk in Brittanje, Frankryk en Duitsland gevestig, maar dring ook lande soos Nederland en Switserland binne. Die revolusionęre oproep van ‘n Moslem-geestelike (imam) in Europa lui só: “Pas die wil van Islam op die goddelose samelewings van die Weste toe.”
Die onlangse reeks opstande in Frankryk het hoofsaaklik in Moslem-woonbuurtes uitgebreek, en hoewel hulle griewe sosiaal en ekonomies van aard is (armoede, werkloosheid en swak integrasie in die Franse samelewing) is hulle revolusionęre optrede deur Islamitiese propaganda aangeblaas. Die Moslem-jeugdiges uit Afrika en lande in die Midde-Ooste het etlike geboue in vyf Franse stede aan die brand gesteek, asook verskeie busse en ‘n duisend motors. Hulle belangrikste wapens was brandbomme (die sg. “Molotov cocktails”).
Daniel Pipes, direkteur van die Midde-Oosterse Forum, meen dat die opstande in Frankryk ‘n mikrokosmos van ‘n veel groter, radikale Islamitiese doel is om ‘n sterk houvas op Europa te verkry. Die onluste in Frankryk het na dele van Duitsland versprei, waar daar ook ‘n groot aantal Moslem immigrante is, veral Turke. Verder is daar sterk Moslem-gemeenskappe in Engeland, Spanje, Holland, Denemarke en Swede. Gewapende of klipgooiende bendes val gereeld die polisie in Denemarke en Swede aan wanneer hulle woongebiede gepatrolleer word. Die Nederlandse regering het reeds 15 Moslem terreurgroepe geďdentifiseer wat dié land wil straf oor hulle betrokkenheid by die vredesmag wat in Irak diens doen.
In Australië is ‘n soortgelyke magsopbou aan die gang. Op Saterdag 5 November 2005 is ‘n opruiende pamflet tydens ‘n Moslem-byeenkoms in Melbourne uitgedeel. Hierin word Moslems gevra om die korrupte regerings van die Weste te verwerp sodat hulle in die asblik van die geskiedenis kan beland. Hulle maak die arrogante aanspraak dat Islam se magte die vyandige supermoondhede reeds ‘n hoogs vernederende les gelees het.
Die onlangse, feitlik węreldwye betogings van Moslems teen spotprente van die profeet Mohammed wat in ‘n Deense koerant verskyn het, het die vlamme van haat aangeblaas en opnuut van die revolusie ‘n populęre beweging onder die massas gemaak. Intussen gaan anargie en die miskenning van menseregte in verskeie Islamitiese lande voort, insluitende die vryheid wat hulle hulself veroorloof om die gruwelikste spotprente van Joodse, Britse en Amerikaanse leiers te plaas.
In die Midde-Ooste heers die mees plofbare situasie. Radikale Moslems het hier die voortou geneem in ‘n internasionale veldtog om Israel swart te smeer, sy bestaansreg totaal te verwerp, sy hele grondgebied vir ‘n toekomstige Palestynse staat op te eis, en dié land tot die sondebok van die hele węreld te verklaar. Iran finansier selfs ‘n internasionale konferensie om te probeer bewys dat daar nie ‘n Joodse slagting (Holocaust) in die Tweede Węreldoorlog was nie.
Die węreld is in ‘n haglike toestand. Gewelddadige optrede is ‘n bose kringloop wat noodwendig tot meer geweld lei – uiteindelik word die geweldenaars self die slagoffers van geweld. Die Bybel sę: “As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word” (Op. 13:10). As die rebelse nasies van die węreld dink dat hulle teen God kan rebelleer en sy gesag openlik in hulle lande verwerp, dan moet hulle nie verbaas wees as die Here hulle aan revolusionęre groepe oorgee wat dieselfde met hulle sal doen nie. Dit is presies wat nou gebeur.
Die willose, beginsellose en liberale regerings van die Weste het nie die vaste oortuigings óf vermoë om volksuiwerheid te verseker en radikale etniese en godsdienstige bewegings in toom te hou nie. Hulle sal eers hulle eie huis in orde moet kry sodat hulle uit ‘n posisie van krag en eensgesindheid weerstand teen die ernstige bedreigings vir hulle eie volk en geloof kan bied. Indien hulle volksbewussyn en volkstrots reeds saam met hulle vroeëre Christelike geloof oorboord gegooi is, moet hulle maar kyk of hulle as verdeelde koninkryke wat op sand gebou is, teen die groot Islamitiese tsunami staande kan bly. Hulle sal tot ‘n val kom!
Die kanse is gering dat die nasies van die węreld ‘n Bybelse kulturele en godsdienstige oriëntasie sal inneem, want die revolusies van die verlede én die hede het verwoestende gevolge op hulle geloof gehad. Baie van die nasies, veral in die Midde-Ooste, is só deur die Islamitiese revolusies verander dat hulle nie meer in ‘n ander paradigma kan dink nie – hulle het ‘n diep gewortelde afkeer in die Christendom en Judaďsme.
In die voormalige en huidige kommunistiese węreld is die godsdienssin van mense omtrent heeltemal deur Marxistiese revolusie uitgewis. In die Weste het die Franse revolusie met sy vryheid, gelykheid en broederskap ‘n groot rol gespeel om mense van die bande van kultuur en godsdiens te “bevry.” Dit het na materialisme en sekulęre humanisme gelei, wat sterk teen ware godsdiens gekant is. Die Nazi’s het ook ‘n Bybelse godsdiens verwerp. Mistiese godsdienste in die Ooste het daartoe bygedra om rasionele denke in daardie węrelddeel te onderdruk.
Alle revolusies was dus by implikasie teen God, sy Woord, sy gesag en sy plan vir die nasies gerig. Dit is sý bande wat hulle wil verbreek sodat hulle in assosiasie met valse godsdienste ‘n nuwe węreldorde kan vestig waarin almal volgens Openbaring 13:3-4 kan doen wat hulle wil en selfs die duiwel en die Antichris kan aanbid. Dit is die anargistiese en goddelose einddoel met alle revolusies. Vir só ‘n situasie om te kan ontstaan, verbind hulle hulself tot die omverwerping van die oppergesag van God, sy Seun, sy Heilige Gees en sy Woord.
Dit is uit die Bybel duidelik dat die duiwel die meesterbrein agter alle vorms van misleiding is, asook die groot aanhitser van almal wat revolusies teen God voer. Hy het ons eerste ouers in die Tuin van Eden mislei om in stryd met God se duidelike opdragte te handel deur die saad van ongehoorsaamheid en rebellie in hulle harte te saai. Adam en Eva het aan die versoekings toegegee en daardeur sondige mense geword wat geestelik verduister en moreel bedorwe geraak het. Hulle sondige natuur is deur al hulle afstammelinge geërf (Rom. 5:12), wat beteken dat alle mense as sondaars gebore word met ‘n natuurlike neiging tot boosheid.
Daar is net een doeltreffende en blywende oplossing vir die probleem van sonde, godsdienstige leuens en rebellie teen God, en dit is die nuwe natuur van geregtigheid wat net die tweede Adam, Jesus Christus, aan berouvolle sondaars kan gee: “Want as ten gevolge van die misdaad van die één [Adam] die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus” (Rom. 5: 17; vgl. Ef. 4:22-24).
Solank as wat Jesus nog nie lewe en die lig van sy teenwoordigheid in ‘n persoon se hart gebring het nie, heers die dood en die duisternis daarin. Slegs die evangelie-boodskap kan die harte en die lewens van sondaars verander. Die geestelik misleide nasies van die węreld, van watter godsdienstige oortuiging, politieke ideologie of ekonomiese stand hulle ook mag wees, sal in die ontluikende antichristelike nuwe węreldorde saamspan om teen Christus te veg. Of hulle misleide, nominale Christene, Moslems, Boeddhiste, Hindoes, voorvaderaanbidders, ateďste, Nazi’s, kommuniste, kapitaliste, sekulęre humaniste of wat ook al is, is hulle almal vyande van God omdat hulle Jesus Christus verwerp en beveg. Hulle verenigde optrede teen die drie-enige God is die finale en grootste węreldrevolusie waarvoor die mensdom te staan sal kom.
Dit is tragies dat węreldleiers só verblind geraak het dat hulle meen dat revolusies, wat almal ‘n sterk element van godsdienstige opstand teen God het, deur militęre metodes, politieke propaganda en die voorspoed van kapitalisme beheer en onderdruk kan word. Die feit is dat die rykste olieproduserende staat in die węreld, Saoedi-Arabië, ook die groot finansierder van Islamitiese propaganda in die Weste is. Deur hulle vyande ryk te maak en gesofistikeerde tegnologie tot hulle beskikking te stel, verkoop die Weste aan hierdie lande die tou waarmee hulle self opgehang gaan word.
Behalwe vir ‘n paar individue, het die Weste reeds sy vroeëre Christelike karakter en oortuigings verloor. Sonde en wetteloosheid neem toe en dit laat die liefde van die meeste mense verkoel (Matt. 24:12). Dit lei tot ‘n grootskaalse versaking van die geloof (1 Tim. 4:1), waaruit die nominale Christendom van die 21ste eeu voortvloei. Nominale “Christene” het nie ‘n duidelike getuienis van redding, geen verbintenis tot heiligmaking, geen respek vir Jesus Christus en ook geen eerbied vir Christelike waardes en norme nie. Hulle het reeds só ver van die waarheid afvallig geraak dat hulle in ‘n toestand van rebellie teenoor God verkeer.
Die arrogansie en selfsugtigheid van die moderne mensdom is ‘n vrugbare teelaarde vir rebellie teen alle ideologieë, godsdienste en waardestelsels wat deur die mense verwerp word. Hoe meer mens-gesentreerd (humanisties) die węreld raak, hoe groter is die moontlikheid van moderne revolusies waarin geweld gebruik sal word om mense se vleeslike doelstellings te bereik (Jak. 4:1). Geseënd is diegene wat besef dat daar ‘n weg van geestelike oorwinning in Christus is, deur die krag van die Heilige Gees, wat ver bokant die siek en probleem-belaaide węreld van ons tyd uitstyg.