Prof. J.S. Malan
Opsomming: Om oorwinning in ons geestelike lewe te kry, moet ons teen die węreld, die vlees én die duiwel oorwin.
Baie mense besef nie die volle implikasies daarvan dat ons in ‘n geestelike stryd teen die węreld, die vlees én die duiwel gewikkel is nie. Die gevolg is dat hulle nie van oorwinning tot oorwinning gaan nie, maar eerder van neerlaag tot neerlaag.
Omdat die hele węreld in die mag van die Bose lę (1 Joh. 5:19), is dit geestelik en moreel verrot en dus vyandig teenoor die ware Christendom. Ons moet uit die goddelose węreld gered word (Gal. 1:4). Indien iemand die węreld en sy dinge liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie (1 Joh. 2:15-17). Ons kan nie die sondige węreld én die Here tegelyk liefhę nie!
Die godsdienste van die węreld, wat hulle oorsprong in die gevalle węreld het, is almal vorms van sataniese misleiding. Die Bybel noem die aanhangers daarvan “die ongelowiges in wie die god van hierdie węreld [Satan] die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor. 4:4).
Die enigste ware godsdiens is nie van hierdie węreld nie, maar het sy oorsprong in die hemel (Joh. 8:23). Die węreld en al sy valse godsdienste haat die Here Jesus én sy volgelinge (Joh. 15:19; 16:33). Ons moet ons nie deur die węreld laat oorwin nie.
Die stryd teen die vlees verwys na die sondige natuur van die mens wat afgelę en gekruisig moet word indien hy geestelik oorwinnend wil leef. Alle mense word met ‘n sondige [Adamiese] natuur gebore. By die wederbeboorte kry ons ‘n nuwe natuur [die natuur van Christus] en kry dan die opdrag om die ou natuur af te lę en nie meer deur die vlees te lewe nie. Diegene wat nalaat om dit te doen, kan nie die stryd teen die vlees wen nie omdat sy hartstogte en begeerlikhede té sterk is.
Dit is die rede waarom Jesus gesę het: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself [die eie-ek, of die ou, sondige natuur] verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” (Luk. 9:23). Mense wat weier om dit te doen, leef onder die mag van die vlees en kan dus nié dissipels van Jesus wees nie (Luk. 14:27).
Waarom kan mense met ‘n ongekruisigde, vleeslike natuur nie dissipels van Jesus wees nie? “…want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal. 5:17). Daar is dus net een oplossing: gee jou sonde-geneigde natuur oor om gekruisig te word en bid om die vervulling met die Heilige Gees (Ef. 5:18). Dan kan jy ‘n Geesbeheerde lewe ly en oorwin oor die begeertes van die vlees: “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal. 5:16)
Paulus bevestig ook die noodsaaklikheid van die aflę en kruisiging van die vlees: “…wat die vorige lewenswandel betref, [moet julle] die oue mens aflę wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan… en julle met die nuwe mens beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid” (Ef. 4:22-24).
Die vleeslike Korinthiërs-gemeente het nie hierdie oorgawe gemaak nie, daarom het hulle die stryd teen die [ongekruisigde] vlees verloor. Hulle is totaal deur vleeslike gesindhede soos selfgesentreerdheid, jaloersheid, twis en tweedag oorheers (1 Kor. 3:1-3). Hulle geestelike onkunde was só groot dat hulle hard aangespreek en daaraan herinner moes word dat ‘n Christen ‘n tempel van die Heilige Gees is, en die verpligting het om heilig en oorwinnend te leef (1 Kor. 3:16-17).
Die duiwel maak gewoonlik staat op sy natuurlike bondgenote, die węreld en die vlees, om mense tot sonde te verlei. Soms tree hy en sy demone egter ook regstreeks tot die stryd toe om mense te verlei deur vurige pyle [dit is bose suggesties] by hulle te plant (Ef. 6:16). Hy kan ook jou lewe, jou gesondheid, jou huwelik, jou kinders, jou werksomstandighede of enige van jou belange aanval. Wanneer dít gebeur, moet jy weerstand bied deur in die geloof geestelike oorlogvoering te beoefen:
Neem die geestelike wapens op, “want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp” (2 Kor. 10:4). Die volgende vyf wapens is tot jou beskikking:
1. Beoefen geloof in God, onderwerp jouself aan Hom en neem jou toevlug by Hom (1 Joh. 5:4-5).
2. Bid ‘n oorwinningsgebed in die Naam van die Here Jesus (Joh. 14:13-14; Jak. 5:16).
3. Gebruik altyd die swaard van die Woord in die stryd teen Satan (Heb. 4:12; Jer. 23:29).
4. Beroep jou op die bloed van die Lam wat deur sy kruisdood die mag van Satan verbreek het (Op. 12: 11; Ef. 1:7; Heb. 2:14-15), en
5. Getuig dat die Here Jesus jou Redder en Verlosser is (Op. 12:11; Rom. 10:9-10). Dit is die enigste Naam waardeur jy in die stryd kan oorwin.
Om uitvoering aan die opdrag in Jakobus 1:7 te gee, nl. dat ons onsself aan God moet onderwerp en die duiwel weerstaan, kan die volgende oorwinningsgebed in die stryd teen die duiwel gebid word. Wanneer jy dit doen, noem dan die spesifieke probleme en demoniese aanvegtinge wat jy beleef: