Die volgende berig werp lig op planne om die tempel in Jerusalem te herbou sodra die Messias opdaag en toestemming hiervoor verleen deur middel van ‘n verbond met Israel:
We live at a time when the signs of the last days are literally being fulfilled right in front of our eyes. One of the most exciting signs that Bible prophecy students love to keep an eye on are preparations for the rebuilding of the Jewish Temple. In a previous article, we discussed how the Temple Institute in Jerusalem took a giant step towards the rebuilding of the Temple by beginning to rebuild the sacrificial altar. Now it has been revealed that the Temple Institute has already spent approximately 27 million dollars on preparations for the rebuilding of the Temple, and that the Temple Institute intends for this future Temple to be a house of prayer for all "monotheistic religions".
The executive director of the Temple Institute, Yehuda Glick, says that a large portion of the financial support for the Temple Institute actually comes from evangelical Christians... ''There are 70 million evangelical Christians around the world, and most of them have become Israel's strongest supporters.''
So what have all these funds gone towards so far? Well, the truth is that the Temple Institute has been extremely busy. The Temple Institute Museum in Jerusalem's Old City contains solid gold service vessels, trumpets made of silver, garments to be worn by future priests made from golden thread, copper urns and many, many other items that have been painstakingly designed to Biblical specifications for use in the future Temple.
So when will this Temple be built? According to Glick, it will depend on when the Messiah shows up... ''It could well be tomorrow, but it might be another 100 years, or even 400 years.''
Most Christians understand that Judaism believes that the third temple will be built upon the arrival of the Messiah, but what most Christians do not realize is that the Temple Institute envisions a future Temple that will be "a house of prayer open to all believers in the monotheistic faiths" - Christians, Muslims or Jews.
In fact, Glick says that the Al-Aqsa mosque does not need to be removed for the new Temple to be built: ''Al-Aqsa can stay,'' Glick is quoted in The Age as saying. ''It's not even on the Temple Mount proper. But we intend to just build over the Dome of the Rock. We might be able to find a way to include it in the third temple.''
As surprising as this may be to many evangelical Christians, the truth is that Glick is far from alone in this belief. For example, a stunning article that was published in the leading journal of religious law in Israel envisioned a scenario under which a "holy revelation" is given to an "authentic prophet" who would authorize that the Temple be rebuilt in peaceful proximity to the Al-Aqsa mosque and nearby Christian shrines. This article echoed Glick's sentiments by discussing the potential for turning the Temple Mount into "God's Holy Mountain" - a "house of prayer" for all people (Isaiah 56:7).
In fact, there is even a Jewish website promoting a vision of "God's Holy Mountain" where all faiths would worship together: www.godsholymountain.org
This website depicts a harmonious future for the Temple Mount where Muslims, Christians and Jews mingle and pray between the Dome of the Rock and a rebuilt Jewish Temple.
This project is headed up by Jewish members of the Interfaith Encounter Association. This organization is actively encouraging all three religions to adopt a new theological outlook which would allow all three faiths to worship on the Temple Mount.
Of course those of us who study the Scriptures know what God would think about such plans. But could the Antichrist someday pose as the Jewish Messiah and use such expectations to promote the use of the rebuilt Temple for his one world religion? It is something to think about.
In any event, preparations for the rebuilding of the Jewish Temple are heating up as never before, and as students of the prophecies of the last days this is something that we need to continually keep an eye on. (Einde van berig.)
Die multigodsdienstige denke wat ten grondslag van die veldtog vir die herbouing van die tempel in Jerusalem lê, is presies in ooreenstemming met dit wat die Bybel oor die tempel van die komende verdrukking sê. Volgens Johannes sal daar in die eindtyd ‘n valse messias op die toneel verskyn wat deur alle gelowe nagevolg en aanbid sal word: “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan... en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? ... En aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:2-7).
Die Antichris sal nie net deur Israel as hulle Messias-Koning erken word nie (vgl. Joh. 5:43), maar ook deur al die nasies van die wêreld. Hierdie valse vredevors sal internasionaal aanvaar en deur middel van formele verbonde as godsdienstige en politieke wêreldleier erken word. Die verbond met hom sal geldig wees vir ‘n tydperk van sewe jaar, wat in Israel as ‘n jaarweek bekend is. “Hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees” (Dan 9:27).
Alle nasies sal aan die begin van die week toegelaat word om met hulle eie godsdiens voort te gaan, op voorwaarde dat almal van hulle die nuwe wêreldleier as hulle gemeenskaplike messias erken, aanbid en navolg. Die Antichris sal dus die Messias vir die Jode wees, Christus vir die misleide Christene, Krishna vir die Hindoes, die vyfde Boeddha vir die Boeddhiste en die Imam Mahdi vir die Moslems.
Al die groot godsdienste sal hulleself agter hierdie selfverklaarde God-mens skaar – insluitend die vervalste Christelike kerke wat ná die wegraping nog feitlik op volle sterkte sal funksioneer. Dit is dié kerke wat voor die tyd reeds die maagdelike geboorte, godheid en opstanding van die ware Christus ontken en saam met baie ander fundamentele Christelike leerstellings verwerp het. As gevolg van hulle geestelike verraad teen die evangeliese Christendom sal hulle ywerige navolgers van die valse christus van alle gelowe wees en hulleself ten volle in sy wêreldwye sonde-kultuur uitleef. Die Bybel beskryf hierdie valse christus in terme van sy werklike karakter as “die Antichris” (1 Joh. 2:18) en “die mens van sonde” (2 Thess. 2:3).
Die Antichris sal só sterk deur sy neiging tot selfvergoddeliking aangevuur word, dat hy homself in die middel van die jaarweek in die herboude tempel in Jerusalem tot God sal verklaar. Hy sal homself nog verder bo alle godsdienste verhef om nie net ‘n messias vir hulle te wees nie, maar God self. Paulus beskryf hom as “die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess. 2:4).
Hy sal dus ná 3½ jaar nie net die daaglikse slagoffers en spysoffers in die herboude tempel verbied nie, maar ook alle ander godsdienste afskaf en selfs hulle aanbiddingsplekke laat afbreek of verbrand. Die dier en die konings wat saam met hom regeer, “sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand” (Op. 17:16).
Dit sal die einde wees van die Antichris se assosiasie met die alliansie van wêreldgodsdienste, wat deur Johannes as “die moeder van die hoere” beskryf word – dit is ‘n ekumeniese liggaam, of moederorganisasie, vir al die afvalliges (Op. 17:5). Hierna sal die Antichris nie langer hulle gemeenskaplike messias wees nie, maar hy (en ook ‘n beeld van hom) sal as die enigste God deur almal van hulle aanbid moet word.
‘n Streng eis van aanbidding sal nie net aan die Jode gestel word nie, maar aan die aanhangers van alle gelowe: hulle sal óf die Antichris en sy afgodsbeeld in die Allerheiligste van die tempel as God moet aanbid, óf aan summiere teregstelling onderwerp word. Die valse profeet sal die aanbidding van Satan en sy valse christus wêreldwyd afdwing, en ook oor die okkultiese mag beskik om die dier se beeld te laat praat: “En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie” (Op. 13:15).
Die Here Jesus het verwys na hierdie situasie, wanneer die Antichris die tempel met sy gruwelike afgodsbeeld sal verontreinig. Jode wat sou weier om die knie voor die beeld te buig en die nuwe wêreldleier as God te aanbid, sal haastig moet vlug vir hulle lewe:
“Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting [die valse messias en sy beeld] waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom… dan moet die wat in Judéa is na die berge vlug… Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie” (Matt. 24:15-22).
Daniël het lank gelede reeds na hierdie eindtydse diktator verwys en gesê: “Deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel [die afgodsbeeld van die dier] opstel... En dié koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en groot hou bo enige god... [hy sal] met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref” (Dan. 11:31,36,44).
Israel se voortgesette nasionale verwerping van Jesus se godheid en Messiasskap baan die weg na die sluiting van ‘n verbond met die Antichris. Die ware Messias het hulle teen die selfvernietigende aanvaarding van die valse messias en sy demoniese beleid gewaarsku: “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem” (Joh. 5:43). Hulle sal ‘n verbond met die dood sluit omdat hierdie “ander messias” van die duiwel af sal uitgaan, en een van sy verborge doelwitte sal ‘n Joodse volksmoord wees. Die internasionale gemeenskap sal die sluiting van verbonde met die nuwe wêreldleier verwelkom en ondersteun, omdat hulle deur sy ekumeniese denke en valse vredesaanbod mislei sal word.
Israel se huidige ingesteldheid om ‘n tempel te bou wat ‘n aanbiddingsplek vir alle nasies sal wees, is deel van die multigodsdienstige misleiding waaraan alle mense én gelowe tans onderwerp word. Dit sal tot ‘n verbond met die Antichris lei en hy sal aan Israel die reg verleen om ‘n tempel te bou waar alle gelowe welkom sal wees.
Hierdie tempel sal aan die Antichris die ideale geleentheid bied om homself valslik as die universele “god van hierdie wêreld” te openbaar (vgl. 2 Kor. 4:4) en op die aanbidding van alle mense aan te dring. In elk geval sal die ortodokse sentimente van die meeste Jode hom goed pas, want die meerderheid Israeli’s wil juis die tempel bou omdat hulle steeds die ware Messias en sy offer aan die kruis verwerp. Hulle wil weer Ou Testamentiese offers vir die versoening van hulle sondes bring. Dit is hierdie offers wat die Antichris sal verbied wanneer hy homself in die tempel tot God verklaar.
Dit is onbegryplik dat miljoene Christene tot die tempelfonds in Israel bydra, want huidige pogings om die tempel te herbou spruit regstreeks uit die voortgesette verwerping van Jesus as die Lam van God wat deur sy eenmalige offer die sondes van die mensdom kan wegneem (Joh. 1:29). Daar was sedert die kruisiging van Christus geen behoefte aan die hervatting van skaduagtige, Ou Testamentiese offers nie, “want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem” (Heb. 10:4).
Daar gaan volgens Eségiël 40–44 wél tydens die millennium ‘n tempel in Israel gebou word, maar dit sal slegs die doel van ‘n terugverwysing na die ware Lam van God wees wat reeds vir die verlossing van die mensdom ter slagting gelei is. Die diens in hierdie tempel sal nie ‘n plaasvervanging van die Lam se offer aan die kruis wees nie.
Ons is op die drumpel van die wegraping en die openbaring van die valse christus van alle gelowe. Israel (behalwe vir die klein groep Messiaanse Jode) berei die weg vir hom voor, so ook al die vervalste Christelike kerke wat aan die ware Christus ontrou geraak het. Die nie-Christelike gelowe is lankal reeds wegbereiders vir die komende valse messias. Kort nadat die Antichris se teëhouer (die ware kerk as die tempel van die Heilige Gees) uit die weg geruim is, sal hy geopenbaar word (2 Thess. 2:6-8). Dan sal die Joodse tempel wat uit die voor-Christelike era dateer, herbou word as die simbool van ‘n Christusverwerpende nuwe wêreldorde onder leiding van die Antichris.