Antichris se Stoel só vir hom Reggeskuif

Johan Malan, Universiteit van die Noorde

Opsomming: Deur die huidige proses van globalisering word die weg na ‘n nuwe węreldorde gebaan. Sodoende word strukture vir die Antichris se węreldregering geskep.

Die węreld is onwrikbaar op die koers van globalisering, of internasionalisering, ter voorbereiding op die verskyning van ‘n węreldleier, die Antichris. Hy sal die węreld polities, godsdienstig en ekonomies verenig, en dit is veral op hierdie drie terreine dat globalisering plaasvind:

Politieke globalisme

Die węreld is merkbaar besig om die beginsel van die soewereiniteit van nasies opsy te skuif en sy toekoms in groter eenheid te soek. Daar word geredeneer dat ‘n oorkoepelende struktuur met die gesag om besluite in enige land af te dwing, groter eenvormigheid en bestendigheid in die węreld sal bring. Hierdie węreldliggaam moet veteenwoordigend van alle nasies wees, maar ook onder die leierskap van ‘n enkele, verkose leier staan. Aansienlike magte sal aan hom toegeken word.

Hoewel die Verenigde Nasies nie wetgewende en uitvoerende magte het nie, word sy resolusies deur baie lande eerbiedig en word sy ingryping in die sake van ontwrigte lande aanvaar en selfs ook gevra. Die toenemende aantal konflikgebiede in die węreld beklemtoon die behoefte aan ingryping deur ‘n węreldliggaam en ‘n internasionale vredesmag. Die meeste lande aanvaar nie meer eensydige optrede deur ‘n supermoondheid soos Amerika nie, en eis VN sanksionering vir ingryping.

Die węreld staan op die punt van die skepping van ‘n VN gebaseerde węreldregering met uitvoerende magte. Deur die erkenning van hierdie regering se oppergesag sal Amerika sy leidende rol as supermoondheid verloor, asook sy selfverklaarde reg tot eensydige politieke en militęre inmenging in die sake van ander lande. Indien die toekomstige węreldregering se setel in die verenigde Europa is, of dalk in die Midde-Ooste, en sy hoofleier ook uit daardie streek afkomstig is, dan beteken dit dat Amerika (en alle ander lande) daarvandaan beheer sal word. ‘n Internasionale “vredesmag” sal ook onder die beheer van die węreldregering staan.

Geen land sal dan meer die bevoegdheid hę om sy eie beleid vir buitelandse sake te bepaal nie, omdat almal van hulle die węreldregering se besluite oor interstaatlike betrekkinge sal moet handhaaf. Ook binnelands sal internasionaal aanvaarde beginsels oor menseregte eerbiedig moet word. Dit sal nie-seksisme, multikulturalisme en multigodsdienstigheid insluit wat sterk afgedwing sal word sodat nasionalisme, en eksklusiewe godsdienstige of etniese gevoelens, nie die oorhand oor die węreldburgers se denke en optrede verkry nie.

Die huidge VN resolusies oor omstrede sake sal dán wette [of dekrete] van die nuwe węreldregering word.  In hierdie nuwe bedeling sal dit nag wees vir Israel, want die huidige VN resolusies is reeds antagonisties teenoor die Joodse staat. Dan sal Amerika ook nie meer eensydige steun aan Israel kan verleen nie, omdat die węreldregering alle besluite hieroor sal neem. Spoedig sal Israel ook in ‘n internasionale bestel en ‘n alliansie van węreldgodsdienste ingedwing word.

Amerika se oorlog teen terrorisme in Afghanistan verhaas die komende węreldregering op twee maniere: Eerstens dwing dit alle lande om kragte saam te span teen die węreldvraagstukke van terrorisme, anargie en onderdrukking. Een land alleen kan dit nie doen nie. Tweedens het dit tot die vewerping van ‘n enkele land se reg gelei om in die sake van ander lande in te gryp en die rol van internasionale polisieman te speel. Daar word selfs ook in Afghanistan op VN sanksionering en beheer oor toekomstige vredesmagte aangedring.

In die Midde-Ooste is Amerika ook besig om homself by VN riglyne vir die nuwe węreldorde neer te lę. In ‘n toespraak voor die VN se algemene vergadering in November 2001 was president Bush openlik ten gunste van ‘n onbybelse verdeling van die land Israel en die stad Jerusalem. Hy het gesę: “The American government stands by its commitment to a just peace in the Middle East. We are working toward a day when two states, Israel and Palestine, live peacefully together… as called for by the Security Council resolutions.” Die Veiligheidsraad se besluite nrs. 242 en 338 is op pre-1967 grense gebaseer, dus moet die Ou Stad (Bybelse Jerusalem) deel van die Palestynse staat word. Spoedig sal die VN, nie Amerika nie, beleid in die Midde-Ooste bepaal.

Die nuwe internasionale denkwyse, asook die strukture wat in terme daarvan geskep word, is duidelik ter voorbereiding van die Antichris se regering. Die Here het in die Bybel die beginsel van die selfbeskikkingsreg van nasies gestel (Hand. 17:26). Die nasies verwerp egter hierdie beginsel en wil vir hulle ‘n węreldregering in die lewe roep. Hulle sal daarin slaag, maar die Antichris sal beheer daaroor kry en hulle gruwelik onderdruk.

Dit is net die geleentheid waarvoor die duiwel gewag het om ‘n valse Christus te stuur en aan hom sy krag te gee en sy troon en groot mag (Op. 13:2). In geestelike sfere is die duiwel en sy demone “die owerhede, die magte en die węreldheersers van die duisternis van hierdie eeu” (Ef. 6:12). Satan word ook “die owerste van hierdie węreld” genoem (Joh. 14:30), asook “die god van hierdie węreld” (2 Kor. 4:4). Hy wil egter nie net ‘n bose węreld geestelik manipuleer nie, maar ook deur die Antichris uiterlike, politieke en ekonomiese beheer oor alle mense uitoefen. Dit sal gebeur wanneer die Antichris ná die wegraping as die hoof van ‘n węreldregering mag sal kry oor elke stam en taal en nasie (Op. 13:7). Dan sal die huidige nuwe węreldorde, waarvoor Amerika en talle ander nasies hulleself met soveel toewyding beywer, tot sy volle, sataniese ontplooiing kom.

Godsdienstige globalisme

Godsdiens is een van die mees aktiewe terreine vir die vestiging van die ideologie van globalisme. Die rol van valse profete in hierdie verband moet nie mis gekyk word nie, want hulle propageer die onbybelse idee van die “een God” wat deur alle gelowe aanbid word. Dit doen hulle in weerwil van die feit dat die Here Jesus gesę het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh. 14:6); asook die duidelike opdrag dat ons as volgelinge van die Drie-enige God nie met ander gelowe, of hulle gode, mag assosieer nie (Ex. 20:3; 2 Kor. 6:14-18).

Dit is veral opvallend hoe “Christen” leiers in ons tyd oor hulle voete val om bande van eenheid en broederskap met Islam aan te knoop. Hierdeur poog hulle om Israel en die evangeliese Christendom aan ‘n alliansie van węreldgodsdienste uit te lewer. Dit is ‘n belangrike voorbereiding vir die verskyning van die Antichris, want die hele węreld sal verwonderd agter die valse Messias aangaan en hom ook aanbid (Op. 13:3-4, 8).

Waarom die besondere beklemtoning van Islam bo ander węreldgodsdienste soos die Hindoeďsme en die Boeddhisme? Dit gaan hier nie net oor die groot ondersteuningsbasis van Islam en die olierykdom van verskeie Moslemstate in die Midde-Ooste nie, maar veral oor die feit dat die Antichris in die Moslemwęreld gaan opstaan. Die Bybel verwys na hom as “die Assiriër” (Jes. 10:12-14) en “die koning van die Noorde” (Dan. 11:36-45). Beide hierdie titels het op die gebied betrekking wat in verskillende historiese tye as Babilonië, Assirië en Sirië bekend gestaan het. Tans word dié gebied deur Sirië en Irak verteenwoordig – veral Irak, waar die stad Babilon sedert 1978 weer herbou word.

Dit is duidelik dat die beeld van Islam as ‘n algemeen aanvaarbare, monoteďstiese godsdiens gebou word sodat die Antichris ook maklik as die gemeenskaplike hoof van die “familie van węreldgodsdienste” aanvaar kan word wanneer hy kom. Met sy verskyning sal die dwaling van godsdienstige globalisme sy kruin bereik. In die lig hiervan moet ons die hoë lof van węreldleiers teenoor Islam beoordeel. Aan die begin van die Moslems se heilige maand, Ramadan, op 15 November 2001, het president Bush die volgende verklaring uitgereik:

“As the new moon signals the holy month of Ramadan, I extend warm greetings to Muslims throughout the United States and around the world. The Islam that we know is a faith devoted to the worship of one God, as revealed through the holy Qur’an. It teaches the value and importance of charity, mercy, and peace. And it is one of the fastest growing religions in America, with millions of American believers today… Muslims from diverse backgrounds pray together in mosques all across our great land. And American Muslims serve in every walk of life… We send our sincerest wishes to Muslims in America and around the world for health, prosperity, and happiness during Ramadan and throughout the coming year.”

Hierdie verklaring, net meer as twee maande ná die terroriste-aanval op 11 September, is uitgereik in ‘n tyd waarin daar onder baie Amerikaners ‘n hernude, positiewe, belangstelling in Islam is. Etlike duisende het hulle tot Islam bekeer, terwyl belangstellendes kopieë van die Koran opkoop en moskees besoek. Moslemleiers word ook genooi om Christelike kerdienste te besoek en daar die “vootreflikhede” van hulle geloof te verkondig.

Dr. Walid A. Fatihi, ‘n dosent in die Harvard Mediese Skool in Boston, sę dat Boston a belangrike sentrum in die VSA geword het waar proseliete vir Islam onder Christene gemaak word. Hy sę in ‘n berig aan ‘n Egiptiese koerant onder meer die volgende oor die nuwe belangstelling in Islam en in die Koran:

“Op Saterdag 15 September is ek en my gesin na die grootste Christelike kerk in Boston genooi (Trinity Church in Copley Square) om Islam te verteenwoordig. Die burgemeester van Boston was teenwoordig, asook verskeie hoofde van die universiteit. Meer as 1000 mense het die diens bygewoon, wat ook deur Boston se belangrikste TV stasie uitgesaai is. Ons is soos ambassadeurs ontvang – ek en my gesin het in die voorste ry langs die burgemeester en sy vrou gesit. In sy boodskap het die prediker Islam as ‘n monoteďstiese godsdiens verdedig, en aan die gehoor gesę dat ek [dr. Fatihi] die Islamitiese gemeenskap van Boston verteenwoordig. Ná die diens het hy langs my gestaan toe ek in ‘n verklaring die aanvalle op 11 September veroordeel het. In die verklaring het ek Islam se beginsels en verhewe doelstellings verduidelik. Ek het verse uit die Engelse vertaling van die Koran voorgelees. Dit was oomblikke wat ek nooit sal vergeet nie, want die hele gehoor het in trane uitgebars toe hulle die woorde van Allah hoor.”

Aan die einde van Ramadan, op 14 Desember 2001, het pous Johannes Paulus II ‘n spesiale versoek gerig waarin hy die węreld se Rooms-Katolieke gevra het om “in solidariteit met die Moslems” vir węreldvrede te vas. Sy doelstelling met hierdie oproep was om “’n beter verstandhouding tussen Katolieke en Moslems te skep.”

Wanneer die volgelinge van alle gelowe só mislei is dat hulle met mekaar hande vat omdat hulle “dieselfde God aanbid”, sal die tyd vir die openbaring van die Antichris ryp wees. In daardie stadium sal die minderheid evangeliese Christene wat geweier het om kompromie te maak, deur die Here weggeneem word (2 Thess. 2:6-8). Die ander sal die krag van die dwaling ontvang om die leuens van Satan te glo (2 Thess. 2:11-12).

Ekonomiese globalisme

Die węreld moet ook ekonomies verenig word sodat die Antichris alle koop- en verkooptransaksies deur middel van ‘n kontantlose, sentraal-beheerde nommerstelsel kan beheer (Op. 13:16-18). Hy sal die węreld dus nie net polities, militęr en godsdienstig beheer nie, maar ook ekonomies. Hy sal totale gesag op alle lewensterreine beoefen en geen teëstand teen sy regering duld nie.

Die ekonomiese vereniging van die węreld word as ‘n saak van hoë prioriteit bevorder. Vir etlike jare reeds verleen die Internasionale Monetęre Fonds (IMF), die Węreldbank and ander groot banke, die agt groot nywerheidslande (G8), en ook ander welvarende lande, aansienlike ekonomiese hulp aan sukkelende Derde Węreldlande. Biljoene rande se buitelandse hulp het egter in ‘n donker gat geval en nie die betrokke lande se ekonomiese probleme opgelos nie. Die korrupsie, swak regering, gebrekkige infrastruktuur, lae produktiwiteit en die vermorsing van geld deur die aankoop van duur wapens om wankelende regerings deur geweld in die kussings te hou, het die ideaal van “ontwikkeling” heeltemal vernietig. Die agteruitgang na armoede, dalende waardes van geldstelsels, swak of geen groeikoerse, lae uitvoere, misdaad en anargie het buitelandse beleggers afgeskrik en die probleme in hierdie lande aansienlik vererger. Hulle kan glad nie hulle buitelandse skuld terugbetaal nie, en raak inteendeel ál dieper in die skuld.

Die gevolg hiervan is dat alle Derde Węreldlande gewantrou word, ook Suid-Afrika, vandaar die vinnig dalende waarde van die rand. Die persepsie is dat, hoewel in ‘n mindere mate, dieselfde probleme as in Zimbabwe, Mosambiek, die Kongo, ens., ook hier aanwesig is en op die lang duur beleggers se belange sal ondermyn.

Die ryk lande verander nou hulle beleid ten opsigte van die Derde Węreld. Hulle het op ‘n nuwe węreldorde besluit waardeur węreldliggame (soos ‘n toekomstige węreldregering) aktiewe beheer oor die arm lande se regerings en ekonomieë sal oorneem. Sommige van dié lande se geldeenhede is só swak dat dit nie eers die papier werd is waarop dit gedruk is nie, en die armoede en wetteloosheid só erg dat ernstige humanitęre vraagstukke daardeur geskep word. Direkte intervensie is al wat oorbly, en strukture – asook ‘n enkele geldeenheid vir die hele węreld – moet nou hiervoor geskep word.

Die Antichris sal volle toegang tot die nuwe strukture vir die beheer van die węreldekonomie verkry. Dit is waarom niemand sal kan koop of verkoop sonder die merk en nommer van die Antichris nie (Op. 13:17). Dit sal dus aan hom die ideale geleentheid skep om saam met sy politieke, militęre en godsdienstige diktatuur ook ‘n ekonomiese diktatuur in te stel. Diegene wat weier om sy gesag te erken en hom ook te aanbid, sal summier om die lewe gebring word (Op. 13:15).

Gedurende die eerste helfte van die sewe jaar lange verdrukking sal die Antichris deur oorreding en met die “demokratiese” medewerking van alle nasies regeer, maar in die tweede 3˝ jaar die uitgebreide diktatuur instel waarna hierbo verwys is. Diegene wat ter wille van oorlewing sy nommer aanvaar en hom ook aanbid, sal effektief hulle siele aan Satan verkoop. Hulle sal vir ewig in die hel vir hierdie “fout” betaal:

“As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang” (Op. 14:9-11).

Die krag van die dwaling

Hoe is dit moontlik dat die hele węreld die Antichris sal aanvaar indien hy só diabolies is en sy einde só grusaam sal wees? Die feit is dat hy soos ‘n vredevors en ‘n engel van die lig op die węreldtoneel sal verskyn. Deur middel van ‘n leuengees van Satan sal hy kragtige dade, tekens en wonders doen (2 Thess. 2:9), tot só ‘n mate dat die hele węreld verwonderd agter hom sal aangaan en hom ook sal aanbid (Op. 13:3-4).

In die lig hiervan beskryf Johannes die koms van die Antichris as die ruiter op ‘n wit perd. Hy het ‘n boog in sy hand, maar nie pyle nie, en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy sal uitgaan as ‘n oorwinnaar (Op. 6:2). Hy sal met koninklike gesag beklee word en die węreld deur misleiding en ‘n magsvertoon oorwin, maar aanvanklik nie geweld gebruik nie.

Daniël sę dat hy vir een jaarweek (‘n periode van 7 jaar) met baie nasies ‘n sterk [diplomatieke] verbond sal sluit (Dan. 9:27). Hy sal verskeie ander leiers in hoë posisies aanstel en groot geskenke van grond aan hulle gee (Dan. 11:39). Weens sy geslepenheid sal hy met geluk bedrog pleeg (Dan. 8:25) en ten spyte van sy duiwelse karakter van kompromie met alle gelowe, as ‘n vredevors en man van God aanvaar word. Soos wat liberale politieke en geestelike leiers in die węreld nou ten opsigte van Islam doen, sal die hele węreld [ook Israel] die valse Messias as die ware Messias van die nuwe węreldorde aanvaar, toejuig en vereer (Joh. 5:43).

Die nuwe leier sal duidelik oor bonatuurlike magte beskik wat almal se verbeelding sal aangryp. Deur sy “tydige” intervensie in die Midde-Ooste sal ‘n dreigende derde węreldoorlog afgeweer word. Hy sal revolusies, staatsgrepe, oorlogvoering, terrorisme, onderdrukking, die uitbuiting van arm mense, die gebrek aan eenheid, asook onverdraagsaamheid teenoor ander gelowe, sterk afkeur en sodoende uitdrukking aan die hoogste ideale van die nuwe węreldorde gee. Sy keuse as węreldleier sal spontaan wees en algemeen aanvaar word.

Wanneer die Antichris se nuwe węreldorde ná 3˝ jaar deur rebellie en opstande teen sy węreldryk bedreig word, sal hy ‘n gedaanteverwisseling van vredevors tot tiran ondergaan. Hy sal dan “met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref” (Dan. 11:44). “Hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste” (Dan. 8:25).

Die Antichris sal homself nie slegs as absolute diktator bo alle mense verhef nie, maar hom ook in die plek van God stel. Daniël (11:36) sę dat hy homself sal groot hou en verhef bo enige god. Paulus sę dat hy in die tempel in Jerusalem sal ingaan en homself tot God verklaar (2 Thess. 2:4). Daarna sal hy almal laat teregstel wat weier om hom as God te aanbid (Op. 13:15).

Hy sal egter skielik en dramaties aan sy einde kom wanneer die ware Christus op die laaste dag van die groot verdrukking terugkom aarde toe en sy voet op die Olyfberg neersit (Sag. 14:4-5). Dan sal die Antichris sonder die toedoen van mensehande verbreek word (Dan. 8:25). “Hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie” (Dan. 11:45). Op daardie dag sal die Here Jesus hom “met die asem van sy mond verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet maak” (2 Thess. 2:8). Op dié dag sal die Antichris en die valse profeet gevang en lewendig in die poel van vuur gewerp word (Op. 19:19-20).

Daarna sal die Christelike nuwe węreldorde van die komende millennium volg wanneer die troon van Dawid in Jerusalem herstel sal wees (Hand. 15:16-17).

Oorgang na ‘n nuwe dispensasie

Dit is nodig dat ons nou, so kort voor die wegraping en die openbaring van die Antichris, moet kennis neem van intensiewe pogings deur Satan om enige nuwe ontplooiing in die raadsplan van God te ontwrig en die mensdom in sy koninkryk in te trek. Deur die eeue heen is die oorgang van een dispensasie na ‘n ander een altyd deur ‘n buitengewone aanslag van Satan gekenmerk. Hierdie “oorloë” teen God se raadsplan gaan nog steeds voort:

Onskuld

Gewete

Wet

Genade

Antichris

Millennium

Ewigheid

1

2

3

4

5

6

7

1. Van onskuld na die gewete

Aan die einde van die bedeling van onskuld in die paradys het God toegelaat dat die mens kennis van goed én kwaad opdoen sodat hy as ‘n morele wese self keuses kon maak (Gen. 4:7). Satan het met die sondeval toegeslaan en alles probeer om die mens permanent van God te vervreem en in voortgesette rebellie teenoor Hom te laat leef. Hy wou God se doel met die mens verydel.

2. Van die gewete na die wet

Aan die einde van die tweede bedeling waarin die mens deur sy basiese kennis van goed en kwaad en die stem van sy gewete gelei is, moes hy deur die wet aansienlik uitgebreide kennis van goed en kwaad verkry. Die Here het Israel geroep om as ‘n afgesonderde volk volgens sy wette te leef. Satan het egter by Sinai, waar Israel die wet ontvang het, met mening toegeslaan deur die hele volk tot afgodediens, wetteloosheid en rebellie te verlei.

3. Van die wet na genade

Aan die einde van die bedeling van die wet het Christus gekom om die straf vir die mens se sonde van die verbreking van God se wette te betaal, sodat mense uit genade gered kon word. Deur die Heilige Gees se oortuiging sou die kennis van goed en kwaad verder verfyn word sodat die dissipels van Jesus waarlik heilig kon leef. Satan het weer met alle mag tot die stryd toegetree en probeer om Jesus as kind dood te maak. Toe hy nie daarin kon slaag nie, het hy probeer om Jesus totaal in onguns by die volk te bring, sodat hulle Hom kon laat kruisig. Daarna het hy sy moordpogings teen die vroeë Christelike kerk gedraai om hulle almal te probeer uitwis en verdelg. Ook hierin het hy gefaal, en daarna probeer om mense van Christus afvallig te maak sodat hulle die duisternis liewer sou hę as die lig.

4. Van genade na verheerliking óf rebellie

Aan die einde van die bedeling van genade sal die Here sy ware kerk deur die wegraping kom haal, verheerlik en voor sy regterstoel beloon. Satan gebruik nou ál sy misleidingsmag sodat die kerk afvallig van Christus moet word, onheilig, vleeslik en węreldsgesind moet leef, nie in die wegraping voor die verdrukking moet glo nie, en hulle ook nie op hulle afspraak voor die regterstoel moet voorberei waar hulle werke ná wedergeboorte beoordeel sal word nie (Rom. 14:10-12; 2 Kor. 5: 10). Satan wil nie alleen die Christelike kerk vervals en verheidens nie, maar ook die hele węreld tot rebellie mislei en aan die Antichris uitlewer sodat sý koninkryk ten koste van die koninkryk van God kan seëvier. Die groot afval van die laaste dae gaan met ‘n sterk toename in bonatuurlike kragte gepaard (toorkuns, okkultiese genesings, ens.) asook met buite-Bybelse openbarings en valse herlewings onder die leiding van valse profete.

5. Van die Antichris se ryk na die millennium

Aan die einde van die verdrukking sal Christus met sy verheerlikte kerk terugkeer om vir ‘n duisend jaar op aarde te regeer. Hy sal dan ook die oorblyfsel van Israel red en self op die herstelde troon van Dawid in Jerusalem regeer. Satan gaan, soos nooit tevore nie, toeslaan om die aanbidding van homself en die Antichris universeel verpligtend te maak (Op. 13:4, 15), alle Christene uit te moor (Op. 6:10-11), Israel totaal te verdelg (Matt. 24:15-22; Op. 12:15-17) en ook te probeer om Christus self dood te maak wanneer Hy terugkeer aarde toe (Op. 19:19-20). Satan sal egter verneder en vir duisend jaar in ‘n bodemlose put gebind word (Op. 20:1-3).

6. Van die vrederyk na die ewigheid

Aan die einde van die duisendjarige vrederyk sal Satan uit die put ontbind word en ‘n laaste kans kry om die nasies te verlei (Op. 20:7-10). Dit sal terselfdertyd ‘n toets vir die mense op aarde wees of hulle waarlik weergebore is. Indien nie, sal hulle geen weerstand teen Satan se misleiding hę nie. Saam met hom sal hulle dan teen Jerusalem optrek in ‘n laaste poging om Christus te onttroon en sy koninkryk te vernietig. Dan volg die ewige straf: “…en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Op. 20:9-10).

7. Die laaste, ewigdurende bedeling

Daar sal geen einde aan die bedeling van die ewigheid wees nie. Die regverdiges sal vir ewig in die nuwe hemel en op die nuwe aarde wees, en die duiwel en sy misleide volgelinge vir ewig in die poel van vuur. As gevolg van ‘n groot en onoorbrugbare kloof tussen die hemel en die hel, sal die regverdiges nooit weer verlei kan word nie en dus ook nie sonde kan doen of aan die gevolge daarvan kan ly nie. In die nuwe Jerusalem “sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam” (Op. 21:27).

As jy vasstaan in die vryheid waarmee Christus jou vrygekoop het, en jou nie weer deur Satan tot afvalligheid laat verlei nie, sál jy die ewige heerlikheid in die hemel beërf.

Ons leef reg aan die einde van die kerkdispensasie en ervaar die geweldige aanslag van Satan ter vervalsing van die die kerk van Christus en die uitlewering van die mensdom aan die Antichris. Ons sien hoedat ou strukture en gevestigde waardes plek maak vir die strukture en ideologie van die nuwe węreldorde. Tot ons groot ontsteltenis steun die meeste politieke en geestelike leiers die ontluikende nuwe węreldorde van eenheid en kompromie van harte. Ons verwerp dit egter volkome.