9. Gawes en Vrug van die Gees

Die Heilige Gees skenk aan Christene gawes om die Here en hulle medemens mee te kan dien. Hierdie gawes moet ontwikkel word. Ook bring die Gees in die vorm van goddelike gesindhede en lewensbeginsels vrug in gelowiges se lewens voort wat die aard van hulle persoonlikheid en karakter bepaal, asook hulle reaksies in verskillende situasies. Deur gehoorsaamheid aan die Heilige Gees moet hierdie geestelike gesindhede bevorder en nie deur n vleeslike ingesteldheid geblokkeer word nie.

Gawes van die Gees

Die Heilige Gees wil elke Christen bekwaam maak om die Here tot sy maksimum potensiaal te kan dien. Hy beskik oor die krag en gawes om ons hiervoor te kan toerus. Wanneer ons onsself aan God diensbaar stel, moet ons liggaam, siel n gees geheilig word. Die Here reinig ons van geestelike en vleeslike besoedeling en maak ons ook bekwaam om op n waardige wyse vir Hom te kan werk. As n lid van die liggaam van Christus moet ek saam met ander lede werk om die liggaam dit is sy kerk op aarde doeltreffend te laat funksioneer. Dit beteken dat wat ek doen, ondersteunend en aanvullend moet wees tot dit wat ander lede doen, sodat die Here se verhewe doel met sy kerk op aarde bereik kan word. Paulus s:

Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here (Rom. 12:4-8,11).

Die Bybel stel dit duidelik dat daar n verskeidenheid gawes is, en dat die Heilige Gees dit afsonderlik aan elke gelowige uitdeel soos Hy wil (1 Kor. 12:11). Ons het dus geen opdrag om vir n bepaalde gawe te bid, of om dit verpligtend vir alle Christene te maak nie. Ons moet onsself net onvoorwaardelik tot die beskikking van die Here stel, en Hy sal ons deur die Heilige Gees vir n taak of take van s keuse roep en toerus. Moet dus nie ander mense naboots en presies soos hulle probeer wees nie. Paulus s hieroor:

Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk (1 Kor. 12:4-6).

Soms is n gawe n talent of vermo wat iemand van geboorte af het, maar wat geheilig, ontwikkel en aan die Here gewy moet word in sy diens. Dit kan n sangtalent wees, n skrywerstalent, welsprekendheid, die vermo om in een of ander aktiwiteit te presteer, of dit kan kennis oor n verskeidenheid dinge wees wat mense deur hulle opleiding of ervaring verkry het. Daar is so n groot behoefte aan n bre reeks kundighede in die werk van die Here, dat daar bykans geen perke aan die verskeidenheid werke of bedienings is waartoe Hy mense kan roep nie. Het jy al jou gawes ontdek en saam met jou talente en vermons aan die Here gewy en ook verder ontwikkel? Baie mense begrawe hulle talente of gebruik dit net vir eie gewin.

Dit is belangrik dat alle talente, vermons en kundighede aan die Here gewy en geheilig word. Ons kan die Here nie in die krag van die vlees dien nie, omdat menslike werke niks in sy koninkryk kan vermag nie. Die Heilige Gees moet aan ons suiwer motiewe en verligte o van die verstand gee, en ook sy salwing en krag, sodat ons God se wil kan ken en dit van harte onder die leiding van sy Gees sal doen.

Daar is ook gawes wat aan mense gegee word wat nie die ontwikkeling van n latente of sluimerende vermo is van dit wat die Skepper in hulle geplaas het nie. Dit is iets nuuts wat aan jou geskenk word. Hiervan sal jy bewus word nadat die Here jou vir n bepaalde taak geroep het. Moet jou dus nie teen jou beperkings of swakhede blind staar as die Here jou vir iets roep nie, want Hy sal jou beslis in staat stel om dit te kan doen waarvoor Hy jou roep. Toe Moses as leier van Israel geroep is, en baie onderhoude en gesprekke met mense moes voer, ook met Farao, het hy agter sy spraakgebrek geskuil en so sy roeping probeer omseil. Toe hy hiermee volgehou het, het die Here hom sy broer gegee om namens hom te praat. Mettertyd het hy egter geleer om die Here vir elke situasie en probleem te vertrou, en het hy n kragtige en dinamiese spreker geword wat nie meer deur n segsman met die volk gepraat het nie. God het hom bekwaam gemaak om sy roeping doeltreffend te kon vervul.

Dien jy ook die Here deur die instaatstellende krag en gawes van die Gees, en ontwikkel jy deur oefening die genadegawe wat in jou is? Hierdie gawes moet gebruik word: Namate elkeen n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God (1 Pet. 4:10).

Onthou altyd dat liefde die oorkoepelende gawe is waarbinne al die ander gawes funksioneer. Dit moet die wese en einddoel van enige bediening wees om die liefde van God in Christus Jesus te vertoon en aan n geestelik sterwende wreld te verkondig. Dit is die hoogste roeping wat daar is. Al sou ek allerhande tale kon praat, die gawes van profesie, kennis en geloof h, en al sou ek al my goed uitdeel en ek het nie die liefde nie, sou dit my niks baat nie (1 Kor. 13:1-3).

Daar moet n begeerte en bereidwilligheid by ons wees om die Here met ons hele hart lief te h en ook altyd heilig te leef, dan sal ons liefdesdiens verrig. Lou en teruggevalle Christene het nie hierdie ingesteldheid nie. Vir hulle s die Here:

Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie (Op. 2:4-5).

Dien jy die Here met suiwer motiewe en n rein hart wat deur sy liefde vervul is, of is daar ander dinge wat vir jou belangriker is?

Talespreek

Mense wat die gawes van die Gees najaag, moet versigtig wees om hulle nie by die talespreek-beweging te laat intrek nie. Die Pinksterbelofte in die Bybel het glad nie talespreek ingesluit nie. Die Here Jesus het net ges dat die dissipels krag sou ontvang wanneer hulle met die Heilige Gees vervul word, sodat hulle sy getuies kon wees (Hand. 1:8). Hy het nie ges dat die dissipels van alle tye in tale sou spreek of dat tonge van vuur op hulle sou neerdaal wanneer hulle met die Gees van God vervul word nie.

Tg het hierdie buitengewone tekens plaasgevind. Waarom? Daardeur het die Heilige Gees duidelik te kenne gegee dat die Woord van die Here, wat tot in daardie stadium net in Hebreeus en ook net aan die Jode verkondig is, nou aan alle volke en tale in die wreld verkondig moes word. Om hierdie rede is daar in ander bestaande tale gespreek, wat dan vertaal of verklaar moes word sodat al die aanwesiges kon verstaan wat ges is. Daar is nie in n onbekende brabbeltaal gepraat, soos wat vandag die algemene gebruik is nie.

Die Jode, en selfs ook dissipels soos Petrus, kon nie regtig glo dat die evangelie vir alle volke en tale bedoel is nie. Vir die heidene was dit ook n vreemde idee, daarom het die Here hulle ongeloof en skeptisisme deur middel van hierdie wonderwerk uit die weg geruim: Die tale is dus n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges (1 Kor. 14:22). Daar is geen rede om hierdie teken voort te sit nie, want ons weet nou al vir byna 2000 jaar lank dat die evangelie vir alle volke en tale op aarde bestem is. Ons vertaal (of tolk) nog die evangelie vir veeltalige gehore, maar dit geskied nie meer met behulp van n bonatuurlike gawe nie.

Verder moet in gedagte gehou word dat die boeke van die Nuwe Testament eers laat in die eerste eeu tot die beskikking van gemeentes gekom het. In die eerste paar dekades n Pinksterdag is daar op persoonlike getuienisse en hoors staatgemaak oor wat Christenskap alles behels. Hierdie boodskappe het dikwels in n ander taal as di van die hoorders gekom, en dan het die Here aan n ander persoon die gawe gegee om die betrokke taal te kon vertaal.

Soos wat die boeke van die Nuwe Testament egter beskikbaar geraak en onder gemeentes gesirkuleer is, is die gebruik van talespreek en tale uitl mettertyd deur Skriflesing en Skrifuitleg (prediking) vervang. Paulus het vir die Thessalonicense ges: Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word (1 Thess. 5:27). Aan die Kolossense het hy ges: En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook di uit Laodicea lees (Kol. 4:16). Die brief aan Laodicea verwys na brief aan die Efsirs wat in dieselfde tyd geskryf en na gemeentes in daardie omgewing gestuur is.

Vir baie lank reeds het ons die volle raad van God wat in ons eie taal in sy Woord opgeteken is. (Hand. 20:27). Ons versoek die Here as ons na buite-Bybelse openbarings van sy wil deur tale, drome en visioene soek. S kan daar net ernstige misleiding insluip.

Die vrug van die Gees

n Opdrag wat alle Christene het, is om die vrug van die Gees in hulle lewens te dra. Dit is basiese gesindhede wat ten grondslag van n Geesvervulde persoon se lewe l. Dit kan net gebeur wanneer die vlees gekruisig is en die Heilige Gees volle beheer oor jou hele lewe het. Indien die vlees nie gekruisig is nie, kan n Christen nie die goeie bedoelings wat die Gees op sy hart l, uitvoer nie, want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar sodat julle nie kan doen wat julle wil nie (Gal. 5:17).

Wanneer die vlees egter aan die kruis van selfverloning hang, dan kan die Gees onbelemmerd jou gesindhede bepaal en ook jou voetstappe in die diens van die Here rig: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie (Gal. 5:16). Alle weergebore Christene wat reeds deur die Gees lewend gemaak is, moet daarna streef om daagliks deur die Gees te wandel.

Sommige Christene laat na om n volle oorgawe te maak en deur die Gees te wandel, en bied sodoende aan die vlees die geleentheid om sy arrogante en selfgesentreerde doel met hulle te bereik en vir andere aanstoot te gee. Die vrug van die Gees kom nie in sulke persone se lewens na vore nie, omdat dit deur die vlees weerstaan word.

Die Bybel s presies wat die vrug van die Gees is, want dit wil die Here in ons almal se lewens sien:

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing (Gal. 5:22).

Hierdie gesindhede bepaal die diepste begeertes van n persoon se hart, dit vorm sy karakter en benvloed sy hele lewenswandel asook die aard van sy optrede na buite. Die nege vrugte van die Gees is duidelik in drie groepe verdeelbaar, wat n uitbeelding van die mens se gesindhede en verhoudingslewe op drie vlakke is. Die eerste drie beskryf die gesindhede wat jou verhouding met God kenmerk, die volgende drie bepaal die aard van jou verhouding met jou medemens, en die laaste drie is n beskrywing van jou persoonlike karaktertrekke.

Die eerste drie vrugte is liefde, blydskap en vrede. God is liefde. Tydens en n jou wedergeboorte word sy liefde deur die Heilige Gees in jou hart uitgestort. Jy word daarin gewortel en gegrond en dit word deel van jou hele lewe. Jy het die Here innig lief omdat Hy jou siel gered en jou sy kind gemaak het. Jy is nie meer in rebellie teen Hom weens jou sonde nie, want jy minag, belaster en vermy Hom nie meer nie. Inteendeel jy soek sy teenwoordigheid op, besing sy lof, eer Hom en roep sy Naam aan. Daar is n groot blydskap in jou hart oor wat Hy reeds vir jou gedoen het, en in die lewe hierna nog vir jou gn doen. Onder alle omstandighede, selfs in tye van droefheid en beproewing, verbly jy jou in die Here en strek jou na n wonderlike nuwe toekoms uit. In jou hart is daar n vrede wat alle verstand te bowe gaan, want die Here Jesus is jou vrede. Hy het ges: My vrede gee Ek aan julle; nie soos die wreld gee, gee Ek aan julle nie (Joh. 14: 27). Sy vrede is n diep, innerlike wete dat jou sonde vergewe is omdat jy met God versoen is. Jy hoef niks te vrees nie omdat jy nie in die oordeel van sondaars gaan kom nie. Jy weet ook dat geen vyandige magte, benoudheid, vervolging of enige probleme en aanslae jou ooit sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus is nie.

Hierdie eerste drie vrugte, naamlik liefde, blydskap en vrede teenoor God, moet ook in aksie gestel word in jou verhouding met ander mense. Dit is presies wat gebeur, want die tweede groep, die mens-tot-mens-gesindhede, is lankmoedigheid, vriendelikheid en goedheid. Jy is nie meer haatdraend en veroordelend nie, maar lankmoedig teenoor mense. Jy kry hulle jammer en bid vir hulle, selfs jare lank, sonder om moedeloos te word en hulle af te skryf. Jy is ook n vriendelike en gasvrye mens wat nie net vir jouself lewe nie, maar tyd vir ander het en ook na hulle uitreik. Jy doen goed aan hulle en gee wat jy kan om in ander se nood en behoefte te voorsien. Paulus s: Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof (Gal. 6:10).

Die derde groep vrugte, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing, is persoonlike karaktertrekke wat jy met die Heilige Gees se hulp en deur selfdissipline ontwikkel. Jy is getrou in al jou verantwoordelikhede, bowe-al in jou stiltetye, en nie n agterlosige en gedisorganiseerde mens wat jou pligte versuim nie. Jy is ook sagmoedig, wat beteken dat jy n sagte gemoed het. Jy is nie hard en ongenaakbaar nie, maar n sagte mens wat vol deernis vir ander in hulle nood en probleme is. Sagmoedigheid beteken ook dat jy nie n harde hart het wat hom teen die Here se Woord verhard nie. Jy het n leerbare gees en laat jou deur die Woord van die Here n deur ander mense vermaan. Laastens beskik jy deur die Here se genade ook oor selfbeheersing. Dit beteken dat jy nie impulsiewe dinge doen of s waaroor jy later verskoning moet vra nie. Jy s nie in n oomblik van drif lelike dinge wat uit n ongekruisigde vlees opkom nie, want dit is beslis nie die vrug van die Gees nie. Hoe ken mense jou in die alledaagse lewe? Salomo s: Die lankmoedige is beter as n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat n stad inneem Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm van gees is, is n man van verstand (Spr. 16:32; 17:27). In die Nuwe Testament word hierdie kosbare gesindheid, saam met die ander wat genoem is, as die vrug van die Heilige Gees beskryf. Jy het die Here se genade nodig om so te kan wees, omdat dit n uitdrukking van die goddelike natuur is.

Is dit ook n beskrywing van jou lewe as Christen? Indien nie, bely die feit dat jy die Heilige Gees so dikwels deur jou gedagtes, begeertes, gesindhede, woorde en dade bedroef het. Maak die saak met die Here reg en onderwerp jouself volkome aan die gesag van die inwonende Gees van God. Hy sal jou in die we van geregtigheid lei.

Die stryd van die lewe

Sommige mense meen dit is t veel gevra om die vrugte van die Gees in n harde en ongenaakbare wreld te dra. Almal van ons is by n hewige stryd in die gebroke en sonde-belaaide wreld betrokke. Is dit moontlik om altyd bly te wees? Die lewe is vol teleurstellings, skokke, droefheid en trane. Salomo s dat die uitnemendste van ons ervarings moeite en verdriet is. Dank die Here dat daar iets oneindig beter as n sinnelose, probleembelaaide lewe is. In Christus Jesus kan die ou dinge verbygaan, en alles nuut word. Deur sy genade en die krag van die Heilige Gees is dit moontlik om ons tespoede en probleme te oorkom, n sinvolle bestaan te voer en steeds die vrug van die Gees te dra. Sonder probleme, toetse, aanslae en versoekings sal ons in hierdie lewe nie wees nie, maar daar s n weg van oorwinning!

Baie mense se gesindhede word nie deur hulle geloof bepaal nie, maar deur wisselende emosies en uiterlike omstandighede. Sommige mense het soveel probleme dat hulle slagoffers van die sorge van die lewe word. Die Here Jesus het ges: Laat julle harte nie beswaar word deur die sorge van die lewe nie (Luk. 21:34). Hy s nie dat mense nie sorge of probleme sal h nie, maar dat hulle nie moet toelaat dat dit hulle geestelik aftrek nie. Hulle moet hulle nie s daarteen blind staar dat hulle nie meer die oog op Jesus gevestig hou nie. In daardie nag toe die dissipels angsbevange op die stormsee rondgedobber het, is Hy die Een wat in die storm na hulle gekom en dit stil gemaak het.

Daar is baie mense wat in hierdie tyd vreesagtig rondkyk en nie weet waar hulle hulp vandaan sal kom nie. Hulle harte is ontsteld, en dit ondermyn hulle geloofsvertroue in die Here. Hulle moet ervaar dat die liefde van God alle vrees na buite dryf, en dat die Heilige Gees hulle wil help om weer die vrugte van die Gees te dra.

Is u daarop ingestel om ander mense in hulle smarte te vertroos en hulle te help om weer ware geluk, blydskap en vrede te ervaar? As u dit nie doen nie, kan hulle dalk in wanhoop verval of ontvlugting in die dinge van die wreld soek, en dit het verwoestende gevolge in n mens se geestelike lewe. Diep in hulle harte leef hulle in smarte weens hul omstandighede. Sommige mense probeer hierdie smarte agter ligsinnige gesprekke wegsteek, maar slaag nie altyd daarin nie. Hulle het dringend geestelike hulp en bemoediging nodig.

Koning Dawid het die smarte geken van iemand wat n ernstige soeker na ware geluk en geestelike vervulling in die lewe is. Hy het besef dat net die Here die donker gedagtes en diep ongelukkigheid in sy hart ken en dit kan verander: Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! (Ps. 139:23-24). Die Here het Dawid se smarte so volkome weggeneem en met vreugdeliedere vervang dat hy geskryf het: U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord (Ps. 30:12). U omring my met vrolike gesange van bevryding (Ps. 32: 7). Daar was n loflied op sy lippe!

Baie mense se selfbeeld is s afgetakel dat hulle vir hulleself n vir andere s dat hulle niks beteken nie en ook niks kan doen nie. Die gevolg is dat hulle n onvergenoegde en onvrugbare lewe lei. Dit is goed om aan die einde van jouself te kom en te besef dat daar in jou niks goeds woon nie. Moet egter nie by daardie doodloopstraat vertoef en dit as n lewenswyse aanvaar nie. Onthou ook dat n Christen nie sielkundige metodes moet gebruik om sy swak selfbeeld te verbeter nie. Hy moet van sy ou, vleeslike selfbeeld verlos word wat f na arrogansie f na wanhoop lei. In die plek daarvan moet hy n nuwe, Christelike selfbeeld kry. Hy moet sy ou natuur afl en hom met die nuwe lewe beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid (Ef. 4:22-24). Dan is daar n wonderlike doel om voor te lewe, want dan soek ons nie ons eie belange nie, maar die eer van die Here.

Die mens is nie bedoel om n sinnelose en ongelukkige bestaan te voer waarin die dae soos eenderse bakstene opmekaar gestapel word nie: Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou tot n geestelike huis, n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus (1 Pet. 2:4-5). Ons hoef nie net nostalgiese gedagtes oor n beter lewe te koester nie, maar kan dit daadwerklik beleef: Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerl in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen (Ps. 23:1-3).

Wanneer ons geestelik lewend gemaak is, sal ons nie soos bome in die winterkoue wees wat hulle blare verloor het en waarvan die kaal takke soos met lang, krom vingers na n troostelose lug gryp nie. Die regverdige sal wees soos n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit (Ps. 1:3). Selfs in die onaangename werklikheid waarin die kind van die Here homself hier bevind, het hy n vrede wat die wreld nie ken nie. Hy kan ten spyte van moeilike omstandighede n gelukkige en sinvolle lewe lei en ook ander help en bemoedig: Gesend is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie (Jer. 17:7-8).

Die vrugte van die Gees moet onder alle omstandighede in jou lewe gedy nie net in die sonskyndae nie, maar ook in die skadus van beproewing, lyding, vervolging en eensaamheid.

Oorwinning in die stryd

Dit is n onbetwisbare feit dat die Here Jesus deur die bloed van die kruis en die krag van die Heilige Gees van al sy dissipels meer as oorwinnaars wil maak. Selfs ten spyte van die grootste tespoed, droefheid of aanslae op ons, moet ons altyd geestelik bokant ons omstandighede kan uitstyg en ons in die Here verbly. Kan u van hierdie oorwinning getuig en steeds die vrugte van die Gees dra, of word u dalk deur die sorge van die lewe afgetrek en ontmoedig?

As u volhard en nie aan die vyand se aanslae en negatiewe suggesties toegee nie, sal die Here die beproewings vir u in n sen verander. Hy sal aan u soveel blydskap en krag tot oorwinning gee dat n totale negatiewe ervaring vir u in n bron van ryke sen en geestelike opbouing omskep sal word. In di verband haal ek graag die ervaring van n sendeling en sy vrou aan, wat jare lank onder baie moeilike omstandighede op n afgele sendingstasie vir die Here gewerk het.

Hulle het sewe kinders gehad, waarvan die derde een, Christo, as n baba breinvliesontsteking gekry het. Die siekte is t laat gediagnoseer en sy brein is permanent beskadig. Dit het nie ontwikkel nie en mettertyd verder verswak. Later kon Christo selfs nie eers meer die paar woorde uitspreek wat hy vroer geken het nie, en het nooit weer gepraat nie. Dit was baie moeilik om hom te versorg, omdat hy soms weggeloop het en daar oral na hom gesoek moes word. Hy het ook een aand sy beddegoed met n kers aan die brand gesteek terwyl die sendeling en sy vrou op besoek was, en ernstige brandwonde opgedoen. Sy ouers was verplig om hom na n inrigting in Howick te stuur. Daar het hy op 21-jarige ouderdom aan n maagaandoening gesterf.

Vir baie mense sou n ervaring van hierdie aard miskien na totale moedeloosheid of verbittering gelei het. Geesvervulde kinders van die Here is egter deur sy krag en genade in staat om uit hulle beproewings te leer en sterker uit die stryd te tree. In n huldeblyk n Christo se dood het die sendeling en sy vrou soos volg oor hierdie hartseer ondervinding in hulle lewe geskryf:

Sy naam was Christo, maar in sy kindertaal het hy homself Koetoe genoem. Van die mens se kant gesien, was sy lewe n tragedie. Op tien maande ouderdom het hy die verwoestende siekte ensefalitis ten prooi geval en is sy brein permanent beskadig. Na die uiterlik gesproke was sy lewe leeg en het dit misluk. Die pragtige vaas het geval en gebreek en ons het die skerwe oorgehou. Tg was sy lewe, van God se kant gesien, nie tevergeefs nie omdat dit andere geestelik opgebou het. Dit het tot ons as familie gespreek in n taal wat diep in ons siele weerklank gevind het. Loutering deur lyding was nog altyd die weg van God met die mens. In hierdie geval was dit sy lyding vir ons loutering.

Die Here het vir Christo leeg gemaak sodat ons by die aanskouing daarvan kan besef dat ons bekers altyd moet oorloop. Hy was n gebreekte kruik sodat ons die waarde kan besef van in een soliede blok gegiet te wees. Hy was arm sodat ons kan leer om in ons rykdom van gees en materile besit steeds die beste aan God te wy. Woorde het op sy lippe weggesterf sodat ons nie moet swyg om die lof van die Here te verkondig nie.

Nie deur sy arbeid en lewe nie, maar deur sy lyding en sterwe in eensaamheid, het Christo vir ons n boodskap nagelaat wat nie in woorde vervat is nie, maar in n stille wete. n Vuur is in ons huis geslinger sodat ons soos gelouterde goud daar kan uitkom. In Christo se weerlose liggaam het ons die afskuwelike aanval van Satan gesien, sodat ons God kan verheerlik vir n regverdige oordeel oor die duiwel en sy engele.

Christo het ons uitgedryf tot gebed. Ons as familie weet wat nagte van trane en gebed is. Ons weet ook van groepe vriende uit alle oorde wat vir hom gebid het. Ons kan getuig van swart Christene wat by God vir hom ingetree het. Ons glo aan n God wat alles weer gelyk maak en aan sy kinders oorvloedig vergoeding skenk vir elke traan en elke verlies ter wille van sy Naam Saam met Job kan ons s: Maar ek, ek weet my Verlosser leef en Hy sal as laaste oor die stof opstaan (Job. 19:25). Die Naam van die Here wat gegee en geneem het, sy ewiglik geprys! (einde van aanhaling).

Dit is die vrugte van die Gees in die praktyk daar waar die vuur van vervolging hoog brand, waar die smeltkroes dreig om jou te verteer, en waar droefheid en verslaenheid byna daarin slaag om die oorhand oor jou te kry. Wanneer mense nie meer kan help nie, leer jy om in jou smarte jou toevlug na die Here te neem en by Hom berusting en hulp te vind. In daardie oomblikke ervaar jy dat Hy aan jou krag gee om jou kruis te dra, want as hulp in benoudhede is Hy in n ho mate beproef (Ps. 46:2). Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting (Ps. 62:6).

Onderwerp jouself aan die vormende hand van die hemelse Pottebakker sodat Hy van jou n voorwerp tot eer kan maak. Selfs wanneer Hy ons tugtig, is sy einddoel daarmee sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word. Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is (Heb. 12: 10-11).

Ons moet deur n leerskool van beproewings gaan sodat ons in die praktyk kan leer om ons volle vertroue in die Here alleen te stel. Ons moet ook in die louterings wat oor ons kom, van die oorheersing deur die vlees bevry word sodat die vrug van die Gees onbelemmerd in ons lewe kan uitspruit.

Ek kan die krag van Christus se opstanding eers waarlik leer ken en ervaar wanneer ek gemeenskap met sy lyde het en aan sy dood gelykvormig word (Fil. 3:10). Dit is slegs met die aflegging en kruisiging van die ou lewe dat ek vinnig kan vorder op die pad van die nuwe lewe waarheen Christus my roep.