5. Die Heilige Gees en n Heilige Lewe

Sleutelteks

"God het julle van die begin af verkies tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid" (2 Thess. 2:13).

Sentrale waarheid

God bied die bediening van die inwonende Heilige Gees aan ons om ons meer Christusgelykvormig te maak.

Les

Johannes 7:37-39

37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en ges: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

38 Hy wat in My glo, soos die Skrif s: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

39 En dit het Hy ges van die Gees wat di sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Johannes 14:16-18

16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

17 die Gees van die waarheid wat die wreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; ek kom weer na julle toe.

1 Korinthirs 2:9-13

9 maar soos geskrywe is: wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

11 Want wie van die mense weet wat n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

12 Ons het ewenwel nie die gees van die wreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.

13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met di wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

Hebrers 10:12-16

12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is n voetbank van sy voete.

14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;

16 want nadat Hy tevore ges het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit n di dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.

Uiteensetting van die Les

Inleiding

Die Heilige Gees word nie s genoem omdat Hy meer heilig as die Vader of die Seun in die heilige Drie-eenheid is nie. Hy word so genoem omdat dit sy taak is om heiligheid in die harte en lewens van mense teweeg te bring.

Die Here Jesus het aan die vroe dissipels beloof dat hulle gedoop sou word met die Heilige Gees en met vuur, en dat Hy hulle moreel sou reinig deur die kaf uit hulle lewens uit te wan (Luk. 3:17). Petrus het ges dat die Here aan alle Christene die Heilige Gees gegee het om hulle harte deur die geloof te reinig (Hand. 15:9). Paulus bevestig in Rom. 15:16 dat die Heilige Gees ook die harte van Christene uit die heidendom sal heilig.

Die Heilige Gees skep heiligheid as n toestand van die hart, en bekragtig die Christen ook om n heilige karakter te h en n heilige lewe te lei. Die Here Jesus het in Handelinge 1:8 die instaatstellende krag van die Heilige Gees belowe. Paulus het die Efsirs toegebid dat hulle met krag versterk sal word deur sy Gees in die innerlike mens (Ef. 3:16).

1. Die belofte van die Heilige Gees (Johannes 7:37-39)

As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! (v. 37). Wat n aanbod is dit nie en dit is n wreldwye aankondiging! Die woord dors druk n diep verlange van die menslike gees uit. Die uitnodiging is aan enigeen wat wil. Die Een na wie toe mense moet kom, is Jesus Christus. Die opdrag is dat hulle die lewende water moet drink totdat hulle daarmee gevul is.

Hy wat in My glo (v. 38). Wie ook al in die geloof na Jesus Christus toe kom, sal vind dat sy siel met lewende water gevul sal word. Soos die Skrif s: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Dit sal met n oorvloed vrede, vreugde en liefde gepaard gaan, wat sal oorvloei na andere toe. Strome dui op die oorvloedige mate waarin die vrug van die Gees in s n persoon se lewe sal voortspruit (Gal. 5:22-23).

Dit het Hy ges van die Gees (v. 39). Deur sy persoonlike werking open die Heilige Gees in die harte van mense die strome van lewende waters wat di sou ontvang wat in Hom glo. Slegs nadat Jesus verheerlik is dit is nadat Hy gesterf, opgestaan, na die hemel opgevaar en die heerlikheid ontvang het wat syne is aan die regterhand van die Vader het mense die inwonende teenwoordigheid en volheid van die Gees ontvang. Want die Heilige Gees was daar nog nie omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. Van die begin van die wreld af is sekere mates van die Heilige Gees aan mense gegee, maar die oorvloedige uitstorting van die Heilige Gees het eers n die hemelvaart van Jesus plaasgevind.

2. Die Persoon van die Heilige Gees (Johannes 14:16-18)

En Ek sal die Vader bid (v. 16). Christus het die gedagtes van sy dissipels na die bron van alle seninge gelei. Onthou dat God die Fontein van alle vertroosting en die Bron van alle krag is. Die mens se grootste behoefte is aan God, en Jesus Christus verklaar hierdie feit deur as die mens se verteenwoordiger in die teenwoordigheid van God te staan. Hy sal julle n ander Trooster gee. Toe Jesus by sy dissipels was, was Hy hulle raadgewer, vriend en leidsman. As hulle leermeester het Hy hulle vooroordele en onkunde verdra. In tye van neerslagtigheid het Hy hulle getroos. Nou het Hy egter voorberei om hulle te verlaat, maar Hy het belowe om hulle nie alleen te laat nie. Hy het belowe om hulle n ander Trooster te gee om by julle te bly tot in ewigheid. Hy sou hulle nie verlaat soos wat Jesus gedoen het, en weer teruggaan hemel toe nie. Sy sending strek oor die hele tydperk tussen die eerste en tweede koms van die Here Jesus, daarom is dit ook die bedeling van die Heilige Gees.

Die Gees van die waarheid (v. 17). Die Heilige Gees kan ook die Gees van die waarheid genoem word, want waarheid is n essensile eienskap van sy natuur. Sy basiese funksie is om die waarheid te openbaar, te bevestig en toe te pas (vgl. Joh. 16:13). Wat die wreld nie kan ontvang nie. Die wreld verteenwoordig diegene wat onder die heerskappy van goddelose beginsels leef. Die liefde vir boosheid diskwalifiseer mense daarvan om die waarheid te ontvang. Van die begin af was die wreld nooit n vriend of n ontvanger van die Here se genade nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Die gelowiges ontvang egter God se genade deur die Heilige Gees, maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Terwyl die volheid hiervan nog toekomstig was, het die Here Jesus deur die gebruik van die teenwoordige n toekomstige tyd duidelik aangetoon dat die dissipels reeds n mate van hierdie groot sen ontvang het. Hulle was beslis geredde manne. Hoe enigeen kan s dat hulle in hierdie stadium ongered was, is totaal onverklaarbaar. Slegs weergebore mense soos die dissipels kan die Heilige Gees ontvang. Deur Christus te ontvang, het hulle hulself voorberei om die Heilige Gees te ontvang, en het Hom alreeds leer ken. Hy was reeds met hulle, en sou kort daarna in sy volheid in hulle kom woon. Hulle sou sy leiding duidelik ervaar, en die reinheid van sy teenwoordigheid sou die atmosfeer wees waarin die siele van die geheiligdes leef!

Ek sal julle nie as wese agterlaat nie (v. 18). Jesus sou sy dissipels nie as weeskinders in die wreld agterlaat nie, daarom het Hy ges: Ek kom weer na julle toe. Dit verwys beslis na n koms wat nie liggaamlik is nie, maar geestelik. Christus het aan die apostels beloof: En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wreld (Matt. 28:20). Hierdie voortdurende teenwoordigheid val saam met sy voortdurende [fisiese] afwesigheid. Die kom in hierdie vers is dus nie die liggaamlike wederkoms van Jesus nie, maar n geestelike koms. Net soos wat die Gees die Gees van God die Vader is, s is dit ook die Gees van God die Seun.

3. Die werk van die Heilige Gees (1 Korinthirs 2:9-13; Hebrers 10:12-16)

Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie (1 Kor. 2:9). Hierdie woorde is van toepassing op die huidige seninge van die gelowiges, asook op die toekomstige seninge in die hemel. Wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Dit is net diegene wat God waarlik liefhet, in wie se harte die liefde van God deur die Heilige Gees uitgestort is, vir wie hierdie wonderlike seninge bedoel is.

Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar (v. 10). Met die hulp van die Heilige Gees begryp ons iets van die ongehoorde, groot seninge wat nou n in die toekoms aan ons gegee word. Want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Die Heilige Gees het n grondige kennis van die verborge raad en doel van God. Dit sluit sy bestuur van die heelal in, asook sy plan van verlossing vir die mens. Die apostels was s ten volle daarvan oortuig dat die verlossingsplan in die evangelie goddelik is, dat hulle met groot vrymoedigheid di dinge verkondig het wat die wysheid en die begrip van mense ver te bowe gegaan het. Dit was die Gees van God alleen wat hierdie dinge as die attribute en werke van God aan hulle kon openbaar.

Want wie van die mense weet wat n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? (v. 11). Die basiese idee met hierdie stelling is dat geen mens n ander een innerlik ken nie. Sy gedagtes, ingesteldhede en voornemens word net deur homself, of deur sy eie gees, geken. Indien hy verkies om dit nie aan ander te openbaar nie, kan hulle dit nie vasstel nie. So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. Indien die beginsel van die mens se eksklusiewe, innerlike selfkennis waar is, hoeveel te meer is dit nie van God waar nie! As die mens se dieper geestelike natuur en geheime alleen deur n vrywillige selfopenbaring geken kan word, dan kan God se geestelike geheime ook net in n goddelike selfopenbaring deur sy Gees geken word.

Ons het ewenwel nie die gees van die wreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is (v. 12). Die onweergebore, natuurlike mens is glad nie in staat om geestelike seninge waar te neem nie. n Mens moet eers weergebore word, want hierdie seninge word geestelik beoordeel (vgl. v. 14). Die ware gelowiges in Christus, wat die getuienis van die vervulling met die Heilige Gees het, is in staat om die dieper dinge van God te verstaan. Ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Net soos wat die innerlike gedagtes van n persoon onbekend is totdat hy dit openbaar maak, is dit ook met die geestelike dinge van God. Vir hierdie rede het God sy Gees gegee aan diegene wat Hom soek. Wanneer Hy kom, onderrig en lei Hy mense in die hele waarheid.

Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met di wat die Heilige Gees leer (v. 13). Paulus bedoel hiermee dat die rol wat die Heilige Gees in die bekendmaking van God vervul, tot op die vlak van die woorde strek wat hy [Paulus] uitspreek. Sy woorde is dus nie op menslike wysheid gebaseer nie. Paulus se briewe dra inderdaad die getuienis van die Heilige Gees. N meer as 19 eeue is hulle nog steeds vol van die krag van God se Gees, met dinamiese oplossings vir vandag se probleme, soos wat dit was toe Paulus dit vir die behoeftes van die gelowiges in sy tyd geskryf het. Die beste verklaring vir die stelling dat ons geestelike dinge met geestelike [moet] vergelyk is dat Paulus deur die inspirasie van die Heilige Gees in staat was om geestelike idees met mekaar te verenig, of om die geopenbaarde wysheid van God in woorde uit te druk wat die Heilige Gees op sy hart gel het.

Maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God (Heb. 10:12). In teenstelling met die ondoeltreffendheid van die Levitiese offers is hier n voorstelling van Christus wat net een offer gebring het en toe op die troon gaan sit het. Die gevolg hiervan was die voorsiening van ewige geestelike volmaaktheid vir di wat in Hom glo. Sy volbragte en finale versoeningswerk was genoegsame voorsiening vir die vergifnis en reiniging van die gelowige uit sy oorspronklike toestand van sonde, en ook van die geestelike en morele besoedeling van sy lewe van aktiewe sonde.

Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word (v. 14). In die vorige verse is die bediening van die Levitiese priester met di van Christus, die Hopriester, gekontrasteer. Die kontras werp lig op die onvermo van die bloed van offerdiere om sonde weg te neem (v. 4), en aan die ander kant beklemtoon dit die ewige en volmaakte offer van Christus. Wesley s oor hierdie vers: Christus het alles gedoen wat nodig was om ons volle versoening met God te bewerk. Diegene wat hulleself aan die genadige rel van die hopriesterlike Koning onderwerp, sal in Hom alles vind wat hulle vir hul vervolmaking nodig het.

En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis (v. 15). Hierdie vers bied verdere getuienis aan dat die offer van die Seun die finale stap in die voorsiening van die mens se verlossing is. Die getuienis van die Vader en die Seun is reeds gegee, en hier is nou die verdere getuienis van die Heilige Gees.

Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit n di dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe (v. 16). Dit verwys na die nuwe verbond, of die evangelie. Die argument is dat die ou verbond verby is omdat dit net n skaduwee van die nuwe verbond was. Jesus het die nuwe verbond gebring, en n nuwe verhouding met God.

Kommentaar oor die Sleutelteks

God het julle van die begin af verkies tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid (2 Thess. 2:13).

Jy is verkies! Dit is die welkome woorde wat elke politieke kandidaat hoop om te hoor. Daar is egter noodwendig ook baie verloorders. In verband met redding hoef dit nie so te wees nie. Elke mens op aarde is deur God verkies vir redding. Deur na te laat om hierop te reageer, is die enigste rede waarom sommige verlore gaan. Want so lief het God die wreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h (Joh. 3:16). Hierdie keuse is nie net van die begin van die evangelie of van die begin van die mens se geskiedenis af gemaak nie, maar van ewig af. Ons moet natuurlik die feit aanvaar dat elke mens n vrye wil het en vir homself moet kies maar dit is God se keuse dat almal gered moet word. Niemand is vir die verdoemenis gebore nie, want God het almal uitverkies om gered te word. Dit is slegs deur teen hierdie keuse te rebelleer dat mense verlore gaan.

Die algemene gebruik van die term saligheid [of verlossing] is dat dit na die inisile ervarings van regverdigmaking en heiligmaking verwys. Dikwels, soos in begenoemde teks, verwys dit egter na die finale saligheid in heerlikheid. Dit is slegs wanneer die Christene na die hemel weggevoer word [of by hulle dood] dat hulle saligheid finaal sal wees. Op aarde is hulle nog in n voorlopige toestand.

Nog voordat Adam geskape is, het God al sy verlossingsplan gemaak. Deur sy volkome voorkennis het God met die sondeval van Adam reeds n volmaakte plan vir die mens se volle verlossing gehad. Christus se menslike bediening, sy kruisiging, versoening, opstanding, hemelvaart, die inwoning van God die Heilige Gees in die harte van gelowiges, en Christus se uiteindelike heerlikheid, is alles in hierdie plan ingesluit.

Al hierdie dinge beteken dat die sondige hart eers nuutgemaak en gereinig moet word. Tydens bekering word sondes bely, afgel en aan die versoeningsbloed oorgegee.

Heiligmaking is n besliste tweede genadewerk, maar in n sekere sin het dit reeds by bekering begin, want die een met n berouvolle hart sonder homself van die boosheid af. Die gelowige wat volkome heilig gemaak wil word, moet die wortel-oorsaak van sonde [die sondige natuur met al sy neigings] ook bely en afl sodat dit deur die bloed van Christus weggewas kan word. Met jou hart s gereinig, maak die Heilige Gees woning in jou.

Saligheid deur geloof in die waarheid. Ons sien hier dat geloof in die waarheid op heiligmaking deur die Gees volg. Hoe kan dit wees? Moet ek dan nie deur geloof geheilig word nie? Natuurlik moet jy geloof vir heiligmaking h, want dit is die enigste manier waarop jy dit kan kry. Ons finale verkiesing in die hemel vereis egter nie alleen dat ons deur die Gees geheilig sal word nie, maar dat ons ook daarna n lewe van geloof in die hele waarheid van God sal leef. Deur volkome heiligmaking word al die miswolke van Satan se twyfel weggebrand sodat ons gereed kan wees om waarlik n lewe van geloof in God te lei.

Leerstellige Bespreking

n Mens kan nie die werk van die Heilige Gees in jou lewe verstaan voordat jy n duidelike begrip het van hoe elk van die drie Persone in die Drie-eenheid by jou verlossing betrokke is nie. Die verlossingsplan het sy oorsprong by die Vader, die Seun het dit deur sy soendood en die besprinkeling deur sy bloed moontlik gemaak, terwyl die Heilige Gees dit voorwaardelik vir die reiniging van die siel toepas. As die Bybel van die Seun praat wat ons heilig, is dit altyd in n ander sin as die Heilige Gees se werk van reiniging. Wanneer na Christus as ons heiligmaking verwys word, word nie bedoel dat dit Hy is wat in ons hart inkom om die reinigingswerk te doen nie, maar dat Hy die middel daarvoor voorsien het, sy gestorte bloed, asook die Heilige Gees om die werk te doen. Die Seun se werk is ekstern en di van die Gees intern.

Indien die Parakleet [die Heilige Gees] gekom het om van Homself te getuig en n werk te doen wat onafhanklik van Christus is, sou sy sending nie die herinnering aan Christus bewaar het nie, maar dit eerder oorskadu het. Hy getuig egter van Jesus en maak ons van Hm bewus.

Volgens Handelinge 15:8-9 is die Heilige Gees die een wat ons harte reinig. Dit is in werklikheid die tweede reiniging deur die Gees, omdat Hy ook ons harte reinig van die besoedeling wat deur sonde veroorsaak is. 1 Johannes 1:9 maak dit duidelik dat daar n belydenis van sonde gedoen moet word voordat die reiniging daarvan plaasvind. Die tweede reiniging is van die oorgerfde besoedeling van ons persoonlikheid, en nie van die gevolge van die sondes wat ons gedoen het nie. Hierdie tweede reiniging stel n persoon in staat om met suiwer motiewe te leef, en ook om liefde teenoor God n teenoor ander mense te betoon. Die liefde teenoor God is n meer spontane uiting omdat Hy altyd die beste belange van die mensdom bevorder. Liefde teenoor ons medemens is n groot uitdaging. Terwyl die mensdom dikwels daarop ingestel is om kwaad teenoor andere te doen, verhinder die Heilige Gees ons daarvan om verkeerde houdings te openbaar, selfs ook teenoor ons bitterste vyande.

Ons kan net n heilige lewe lei as die Heilige Gees in sy volheid in ons woon en die beheer oor ons lewe in sy hande is. Ons besef dat ons nie aan onsself behoort nie en ten volle van Hom afhanklik is om ons te lei en krag te gee om rein te lewe en vir die Here te werk. Daar is verskillende maniere waarop Hy ons lei. Hy kan ons deur ons gewete lei. Hy kan ons deur die Woord van God lei. Hy kan ons deur die raad van heilige mense lei. Hy kan ons indirek deur oop deure van geleenthede lei, en ook deur erkenning in die kerk. Ons hoef nooit die leiding van die Heilige Gees te vrees nie!

Dit is baie duidelik dat daar geen werk van genade in ons lewe is wat nie deur die Heilige Gees gedoen is nie. Dit is net so duidelik dat ons uit onsself nie die oorwinnende, skynende, rein Christene kan wees wat die Here vir ons beplan het, as ons nie die volheid van God in ons het nie. Dit is sekerlik nie God se wil dat ons as wese agtergelaat sou word nie. Omdat dit die geval is, sal ons die ouerlike sorg van die Heilige Gees deur ons hele lewe h. Indien ons volkome heilig gemaak moet word, soos in 1 Thessalonicense 5:23 genoem word, moet ons aanvaar dat aangesien die Here Jesus vir n volkome verlossing voorsiening gemaak het, die Heilige Gees dit ook in ons lewens effektief sal maak!

Dit is nie wat ns doen nie, maar wat die Heilige Gees doen wat ons red. Ons word slegs deur genade en slegs deur die geloof gered. Ons moet egter onthou dat Jakobus s dat die volmaakte persoon sy geloof deur sy werke sal toon. Die werke red nie die mens nie, maar die geredde persoon sal werk! Die dinamiek van n Geesvervulde lewe sal n groot invloed op n persoon se morele lewe, sy gesinslewe n sy gemeenskapslewe uitoefen.

Vrae en Antwoorde

Die bespreking van die volgende vrae sal help om verdere insigte in die rol van die Heilige Gees in die lewe van die gelowiges te verkry.

1.   Wat is sommige van die name van die Heilige Gees?

a.   Die Gees van die waarheid (Joh. 14:17).

b.   Die Trooster (Joh. 14:16).

c.   Die Gees van God (1 Joh. 4:2).

d.   Die Heilige Gees (Heb. 10:15).

e.   Die Gees van genade (Heb. 10:29).

f.     Die Gees van die Here (Hand. 5:9).

g.   Die Gees van die lewe (Rom. 8:2).

h.   Die Gees van die lewende God (2 Kor. 3:3).

i.     Die Gees van Jesus Christus (Fil. 1:19).

j.     Die Gees van Christus (1 Pet. 1:11).

k.   Die ewige Gees (Heb. 9:14).

l.     Die Heilige Gees van die belofte (Ef. 1:13).

m. Die Gees van aanneming (Rom. 8:15).

2.   Wie is die Heilige Gees?

Die derde persoon van die Drie-eenheid van God (1 Joh. 5:7).

3.   Wat doen die Heilige Gees?

Hy:

a.   gee toegang tot God die Vader (Ef. 2:18);

b.   gee geestelike geboorte (Gal. 4:29);

c.   gee oorwinningskrag aan ons om reg te kan lewe (1 Joh. 4:4);

d.   openbaar geestelike waarhede en ondersoek die diep dinge van God (1 Kor. 2:10);

e.   help ons om andere lief te h (1 Pet. 1:22);

f.     leer die gelowiges (1 Kor. 2:13; Joh. 14:26);

g.   oortuig sondaars van sonde (Joh. 16:8);

h.   oortuig mense van dade van geregtigheid wat hulle moet doen (Joh. 16:8);

i.     oortuig mense van die komende oordeel (Joh. 16:8);

j.     lei in die hele waarheid (Joh. 16:13);

k.   lei die gelowiges (Rom. 8:14);

l.     verheerlik Jesus Christus (Joh. 16:14);

m. is geestelike lewe in die gelowiges (Rom. 8:10);

n.   stel Christus in staat om in die gelowiges te woon (1 Joh. 3:24; 4:13);

o.   getuig dat die gelowiges kinders van God is (Rom. 8:16);

p.   help in tye van gebed om vir ons in te tree (Rom. 8:26);

q.   vertroos (Joh. 14:16, 18);

r.     roep mense na die diens van God (Hand. 13:2);

s.   versel die gelowiges (Ef. 4:30);

t.     gee n voorsmaak van die wonderlike dinge wat kom (2 Kor. 1:22);

u.   salf (1 Joh. 2:20);

v.    praat (1 Tim. 4:1);

w. gee inspirasie (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:20-21);

x.   help die gelowiges om in eenheid te leef (Ef. 4:3);

y.   vervul gelowiges (Ef. 5:18; Hand. 2:4); en

z. gee krag vir diens (Hand. 1:8).

4.   Wanneer het die Heilige Gees in hierdie bedeling die eerste keer na die mensdom gekom?

Hy het op Pinksterdag n die hemelvaart van die Here Jesus gekom toe die 120 eendragtig in die bovertrek bymekaar was (Hand. 1:15 2:4).

5.   Wie mag die Heilige Gees in sy volheid h?

Verlossing word deur die werk van die Heilige Gees ontvang. Om die volheid van die Gees te h moet n mens gered en dan geheilig word en daarna aanhou om in die Gees te wandel.

6.   Hoe ontvang n mens die Heilige Gees?

Deur gebed, in die geloof, en deur aan God se voorwaardes te voldoen.

7.   Hoe kan ek weet dat die Gees my lei om sekere dinge te doen?

Volgens 1 Joh. 4:3 moet ons die geeste toets om vas te stel of hulle uit God is. Ons kan vir seker weet dat God se Gees ons nooit enige leiding sal gee wat in stryd met die Bybel is nie. Die Heilige Gees verhoog vir Jesus Christus en sal Hom nooit op die agtergrond stoot of jou benvloed om Hom as die Seun van God wat in die vlees gekom het, te verlon nie. Bid baie wanneer jy n besluit moet neem, en soek ook leiding in die Bybel.

8.   Die Heilige Gees is volgens Efsirs 2:18 ons skakel met God die Vader. Verduidelik.

Die Bybel leer dat die mens teen die Vader sondig. Jesus Christus het Homself geoffer en sy bloed gestort om die mens van sonde te verlos. Die Heilige Gees oorbrug die gaping tussen die sondige mens en die Vader. Hy oortuig die mens van sonde, en as hy hom bekeer, tree Hy in Jesus se Naam ook vir hom in.

Kan hierdie skakel verbreek word? Ja. Volgens Matt. 12:31-32 is laster teen die Heilige Gees die enigste sonde wat die mens nie vergewe sal word nie. Wat dit alles insluit, is nie seker nie. Hierdie sonde is nogtans erg genoeg om te veroorsaak dat die Heilige Gees die betrokke persoon permanent verlaat. Sy ewige verdoemenis is dan versel omdat sy enigste skakel met God verbreek is.

9.   Wat is ons plig teenoor die Heilige Gees?

a.   Word met die Gees vervul (Ef. 5:18).

b.   Wees gehoorsaam aan die waarheid deur die Gees (1 Pet. 1:22).

c.   Wandel deur die Gees (Gal. 5:16).

d.   Wandel in die lig van God (1 Joh. 1:7).

e.   Blus die Gees nie uit nie (1 Thess. 5:19).

f.     Bedroef nie die Heilige Gees nie (Ef. 4:30).

g.   Moenie die Gees van genade smaad nie (Heb. 10:29).

Die Heilige Gees is beslis n baie belangrike Persoon in die hart en lewe van iemand wat n heilige lewe lei. Hoewel ons nie in hierdie lewe die Gees en sy werk ten volle sal verstaan nie, kan ons nogtans die voordele van n Geesvervulde lewe geniet!