Die Ou Testamentiese Wet en die
Nuwe Testamentiese Genade

Deur prof. Johan Malan

Opsomming: Daar word deesdae baie vrae oor die verband tussen die wet en genade gevra. Sommige Christene is sterk daarvan oortuig dat aspekte van die Ou Testamentiese wet, bv. sabbatsonderhouding op Saterdae, steeds in die Nuwe Testament geld. Dit is nie net die Sewendedag-Adventiste wat hierdie siening huldig nie, maar ook verskeie groepe Christene wat hulle “geestelike wortels” verkeerdelik in Israel soek en dan in Israel se Ou Testamentiese wette en feeste verstrengel raak. Dit is belangrik om die volle implikasies daarvan te besef wanneer Christene in stryd met die Bybel probeer om onder die genade én onder die wet te leef.

 

Inhoud

1. Inleiding

2. Die Wet van die Here

3. Die Genade van Christus

4. Die Gevare van Judaïsering

5. Die Joodse Sabbat of die Christelike Sondag?

6. Die Sewendedag-Adventiste

7. Christelike Fundamentalisme

8. Die Nuwe Lewe in Christus