Boekwinkel
Nuwe boek: Israel in die Messiaanse koninkryk. Hierdie boek is geskryf om die koninkryk-nou teologie te weerlê.
Klank-cd's en dvd's van Boodskappe deur prof. Johan Malan
Nuut: 10 nuwe dvd's
Die volgende is nie klank-cd's nie, maar dit bevat ‘n groot hoeveelheid data in die vorm van artikels en boeke wat net op ‘n rekenaar gelees kan word. Alle artikels en boeke is in sowel html-formaat as MS Word -formaat (lg. vir makliker kopiëring). Hulle handel elkeen oor ‘n verskillende onderwerp:
1. Redding, Heiligmaking en Geestelike Groei
Hierdie cd. bevat 30 artikels en 5 boeke wat oor die basiese aspekte van ons geestelike lewe en geestelike groei handel – ook oor die stryd teen die Bose. Dit is geskik om wyd onder Afrikaanssprekende mense versprei te word, ongeag hulle kerkverband of geloofsoortuigings. Leerstellige twispunte oor sekondêre sake word nie hierin bespreek nie, net die opdrag om gered te word, heilig te leef en vrug te dra wat by die bekering pas. ‘n Bybelstudie-handleiding oor al hierdie aspekte van die verlossingsleer is ook ingesluit.
2. Die wederkoms van Jesus Christus
Dit is ‘n versameling van 52 artikels en 8 boeke wat alle aspekte van die eskatologie toelig – die laaste dae van die kerkbedeling, die herstel van Israel, die tekens van die tye, die wegraping, die eindtydse oordele van die dag van die Here, die openbaring van die Antichris en valse profeet, die verdrukking van sewe jaar, die sigbare koms van Jesus Christus, en ook die duisendjarige vrederyk.
3. Geestelike misleiding
Dié onderwerp word breedvoerig behandel deur middel van 105 artikels en 3 boeke. Dit bevat die beste artikels wat oor die jare heen in Die Basuin verskyn het. Die meeste van die vrae wat u oor geestelike misleiding het, sal hierin beantwoord word, bv. Nuwe Era-dwalings, okkultiese praktyke, Oosterse meditasie wat ook as Christelike meditasie bevorder word, valse godsdienste, Word of Faith -dwalings, die voorspoedsevangelie, die koninkryksevangelie, die transformasiebeweging, die opkomende kerk van die 21 ste eeu, ‘n wettiese godsdiens wat deur Messiaanse Judaïste beoefen word en op Ou Testamentiese wette (ook die sabbatswette) gebaseer is, die dwalings van Calvinisme en verwante dogmas, en die gevare van ekumeniese, multigodsdienstige denke as ‘n grondslag vir die skepping van ‘n verenigde nuwe wêreldorde vir die Antichris se wêreldstaat, ens.
Hierdie cd's is ook in Engels beskikbaar. Kontak Gerald Vos: gvos@bibleguidance.co.za. Prys R20 (posvry).