Nuwe data-cd's deur prof. Johan Malan

Die volgende is nie klank-cd's nie, maar dit bevat ‘n groot hoeveelheid data in die vorm van artikels en boeke wat net op ‘n rekenaar gelees kan word. Alle artikels en boeke is in sowel html-formaat as MS Word -formaat (lg. vir makliker kopiëring). Hulle handel elkeen oor ‘n verskillende onderwerp:

1. Redding, Heiligmaking en Geestelike Groei

Hierdie cd. bevat 30 artikels en 5 boeke wat oor die basiese aspekte van ons geestelike lewe en geestelike groei handel – ook oor die stryd teen die Bose. Dit is geskik om wyd onder Afrikaanssprekende mense versprei te word, ongeag hulle kerkverband of geloofsoortuigings. Leerstellige twispunte oor sekondêre sake word nie hierin bespreek nie, net die opdrag om gered te word, heilig te leef en vrug te dra wat by die bekering pas. ‘n Bybelstudie-handleiding oor al hierdie aspekte van die verlossingsleer is ook ingesluit.

2. Die wederkoms van Jesus Christus

Dit is ‘n versameling van 52 artikels en 8 boeke wat alle aspekte van die eskatologie toelig – die laaste dae van die kerkbedeling, die herstel van Israel, die tekens van die tye, die wegraping, die eindtydse oordele van die dag van die Here, die openbaring van die Antichris en valse profeet, die verdrukking van sewe jaar, die sigbare koms van Jesus Christus, en ook die duisendjarige vrederyk.

3. Geestelike misleiding

Dié onderwerp word breedvoerig behandel deur middel van 105 artikels en 3 boeke. Dit bevat die beste artikels wat oor die jare heen in Die Basuin verskyn het. Die meeste van die vrae wat u oor geestelike misleiding het, sal hierin beantwoord word, bv. Nuwe Era-dwalings, okkultiese praktyke, Oosterse meditasie wat ook as Christelike meditasie bevorder word, valse godsdienste, Word of Faith -dwalings, die voorspoeds­evangelie, die koninkryksevangelie, die transformasie­beweging, die opkomende kerk van die 21 ste eeu, ‘n wettiese godsdiens wat deur Messiaanse Judaïste beoefen word en op Ou Testamentiese wette (ook die sabbatswette) gebaseer is, die dwalings van Calvinisme en verwante dogmas, en die gevare van ekumeniese, multigodsdienstige denke as ‘n grondslag vir die skepping van ‘n verenigde nuwe wêreldorde vir die Antichris se wêreldstaat, ens.

Hierdie cd's is ook in Engels beskikbaar. Kontak Gerald Vos: gvos@bibleguidance.co.za

Cd’s en dvd’s te Koop

Die volgende cd’s en dvd’s met boodskappe van prof. Johan Malan kan alleenlik by mnr. Gerald Vos in Middelburg, Oos-Kaap, bestel word. Die meeste cd’s het drie boodskappe op. Noem net die nommer van die cd wat u bestel, bv. 65.

1-3. Die nuwe wêreldorde. 3 cd’s

4.   Die Nuwe Era Beweging en die VN

5.   Die profetiese woord

6.   Israel

7.   Profesieë oor Israel

8.   Biografie van ‘n sendeling

9-10. Die Godheid en name van Christus: 2 cd’s

11-16. God Openbaar Homself: 6 cd’s

17-19. Satan en sy metodes: 3 cd’s

20. Die Antichris en die valse profeet

21. Babilon in die eindtyd

22-23. Geestelike afvalligheid: 2 cd’s

24-28. Reeks oor Openbaring: 5 cd’s

29. Die wegraping

30. Koms en bruilof van die Messias

31. Feeste van die Israel

32. Die bevryding van God se volk

33-34. Tekens van die tye: 2 cd’s

35. Israel se ontvlugting na Petra

36. Die oordele van God

37. Twee groot oorloë

38-41. Studie oor Sagaria: 4 cd’s

42-46. Heiligmaking: 5 cd’s

47. Israel en die rol van Wêreldrevolusies

48. Natuurkragte en Geestelike Stryd

49. Christelike Meditasie

50. Vervalsing van Kerke

51. Toewyding aan Christus

52. Redding en geestelike groei

53. (a) Misleiding deur die Da Vinci-kode; (b) Verraad van die evangelie van Judas; (c) Afrika-dromme nou oral geslaan

54. (a) Vrees en geloof; (b) Reaksies op benoudheid; (c) Islam se beskouings oor die Antichris

55. Sterfbed-ondervindings

56. Calvinisme Weerlê (Deel 1)

57. Calvinisme Weerlê (Deel 2)

58. Koninkryksteologie

59. God se Koninkryk

60-62. Studie oor Thessalonicense: 3 cd’s

63. (a) Die betekenis van gebed;

(b) Twee geslagte; (c) Kenmerke van ons tyd

64. (a en b) Messiaanse verwagtings; (c) Siener van Rensburg

65. Die wet, voorspoedsevangelie en lofprysing

66-70. Studie oor Daniël: 5 cd’s

71.  God se liefde en genade

72.  Valse leer oor ‘n wêreldmessias in kerke geleer

73.  Israel in die eindtyd

74.  (a) Aanslag op geloof; (b) Kenmerke van die eindtyd

75.  Voorbereidings om die Nuwe Era Christus te ontvang

76.  Oorskakeling na die Antichris se bedeling

77-84.  Die dag van die Here: ‘n kommentaar van 20 boodskappe oor Openbaring: 8 cd’s

85.  (a) Die dag van die Here kom; (b) Die barmhartige Samaritaan; (c) ‘n Storm op die see

86.  Die Sabbatariërs weerlê: (a) Die Sabbat en die Sondag; (b) Die wet en genade

87. (a) verpligtinge van die bruid van Christus; (b) die nuwe lewe in Christus

88. (a) Christelike fondamente omgegooi; (b) Finale voorbereidings vir ‘n nuwe wêreldorde.

MP3-boodskappe op cd

Die volgende 12 cd’s kos ook R20 elk en bevat tussen 15 en 28 boodskappe elk op mp3-formaat vir diegene wat dit op ‘n rekenaar of mp3-speler wil speel. Die nommers tussen hakies verwys na die lys hierbo, en gee aan u ‘n aanduiding van watter mp3-boodskappe op die betrokke cd is. Weens die korter formaat van mp3 is daar baie boodskappe op een cd. Die 12 cd’s bevat bestaande boodskappe in mp3.

mp-1. Die Dag van die Here – ‘n kommentaar oor Openbaring (77-84)

mp-2. Nuwe Wêreldorde en Nuwe Era-beweging (1-3, 4, 21, 88)

mp-3. God Openbaar Homself (11-16, 59, 85)

mp-4. Openbaring vir ons Tyd, en die Wegraping (24-28, 29, 30)

mp-5. Israel en Eindtydse Profesieë (5, 6, 7, 31, 35, 47, 73)

mp-6. Die Antichris en Satan (17-19, 20, 64.a en 64.b, 75, 76)

mp-7. Tekens van die tye (33, 34, 36, 37, 48, 63.b en 63.c, 74)

mp-8. Bybelstudie: Daniël en Sagaria (38-41, 66-70)

mp-9. Redding en Toewyding (8, 9, 10, 32, 51, 52, 55, 63.a, 65, 71, 87)

mp-10. Heiligmaking en Thessalonicense (42-46, 60-62)

mp-11. Geestelike Misleiding (1) – (22, 23, 49, 50, 53, 54)

mp-12. Geestelike Misleiding (2) – (56, 57, 58, 64.c, 72, 86)

Data-cd’s

Die volgende is nie klank-cd’s nie, maar dit bevat artikels en boeke wat net op ‘n rekenaar gelees kan word:

Data-cd 1. Redding, Heiligmaking en Geestelike Groei

Data-cd 2. Die wederkoms van Jesus Christus

Data-cd 3. Geestelike Misleiding

Data-cd 4. Salvation, Sanctification and Spiritual Growth

Data-cd 5. The Second Coming of Jesus Christ

Data-cd 6. Spiritual Deception

Data-cd 7. Bibleguidance. Dit bevat alle artikels en boeke wat in verskillende tale op die webblad www.bibleguidance.co.za is.

Die reeks spesiale cd’s (Data-cd 1 tot 6) is nuwe vrystellings.

Dvd’s

1. Geestelike misleiding; 2. Opkoms van Antichris; 3. Stryd om Jerusalem; 4. Wegraping/ Regterstoel; 5. Geestelike oorlogvoering; 6. Transformasie; 7. Heiligmaking; 8. Die toorn van God; 9. Jerusalem en Babilon; 10. Israel se feeste; 11. Dwalings in die kerke; 12. Aanslag en die Christendom; 13. Die Val van Christelike Fondamente; 14. Die Voorregte en Verpligtinge van die Bruid van Christus; 15. Israel in Benoudheid; 16. Globalisme; 17. Geestelike Misleiding 2; 18. Eeue-oue Aanslag op die Geloof; 19. Die Universele “Christus”; 20. Jerusalem; 21. Midde-Oosterse Oorloë.

Alle cd’s kos R20 en dvd’s R25 elk (posgeld ingesluit). Bestellings kan slegs by mnr. Gerald Vos geplaas word en betalings moet direk aan hom gemaak word: Mnr. G. Vos, Posbus 111, Middelburg Oos-Kaap 5900. Tel. 049 842 4445 of 073 089 8084. Epos: gvos@bibleguidance.co.za Sy bankbesonderhede is: Absa Bank. Rekening: Shema. Rek. No. 4051507217.