Die Chronologiese Struktuur van Eindtydse Gebeure

Johan Malan, Mosselbaai (Januarie 2014)

Pertinente datumbepaling oor die wederkoms van Christus behoort nie gedoen te word nie, selfs al is daar duidelike tekens van die tye wat die nabyheid daarvan impliseer. Alle pogings om n spesifieke datum vas te stel is in stryd met die Skrif (Matt. 24:42; 25:13). Die rede hiervoor is nie om n sterk wederkomsverwagting by mense te ontmoedig nie, want die Here wil juis h dat alle Christene in die kerkbedeling sy wederkoms as ophande sal beskou. Ons moet n aktiewe geloof in hierdie belofte h (Joh. 14:1-3), na die vervulling daarvan uitsien (Op. 22:20), en geestelik voorbereid wees om voor Christus se regterstoel te verskyn en rekenskap van ons lewens aan Hom te gee (Rom. 14:10-12).

Ons toekoms saam met Jesus Christus beklemtoon die tydelikheid van ons aardse bestaan, asook die noodsaaklikheid om voorbereidings te tref vir die ewige lewe. Dit behels die uitleef van hemelse beginsels in n sondige, materialistiese wreld, asook die bevordering van die belange van God se koninkryk. Die moontlikheid van Christus se skielike koms moet dus as motivering dien om heilig te leef, verby die sekulre wreld te kyk en prioriteit te verleen aan die doen van dinge wat ewigheidswaarde het. Hierdie ingesteldheid geld eweso vir gelowiges in die vroe Christelike kerk as vir diegene in die Middeleeue en ook vir ons in die eindtyd.

Mense wat nie die wederkoms verwag en hulle lewens met die oog daarop inrig nie, is geneig om net vir tydelike doelwitte te leef en in hulle eie o baie belangrik te word. Hulle leef selfs moreel losbandig omdat hulle nie n sterk bewussyn het van hulle aanspreeklikheid teenoor die Here vir hulle optrede en lewenswyse as sy getuies nie: Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart s: My heer talm om te kom en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van di dienskneg kom op n dag dat hy dit nie verwag nie en op n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom n deelgenoot van die geveinsdes maak (Matt. 24:48-51). Sulke mense vermy doelbewus die onderwerp van Christus se wederkoms omdat hulle self in volle beheer van hulle lewens wil wees, en skuil gerieflikheidshalwe agter die verskoning dat niemand weet wanneer Hy kom nie.

Ons moet weet waar ons in God se raadsplan vir die mens staan. Die stelling dat ons nie die dag of uur ken wanneer Christus kom nie, beteken nie dat die identifisering van chronologiese strukture in die Bybel ontmoedig word omdat dit n totale verborgenheid is nie. Inteendeel dit is baie belangrik om verskillende dispensasies in die mens se heilsgeskiedenis van mekaar te kan onderskei, sodat ons op die tekens kan let wat op die naderende einde van een bedeling en die begin van n nuwe een dui. Ons is tans in n situasie waarin Israel volgens eindtydse profesie in die land van hulle vaders herstel word as voorbereiding op die wederkoms van die Messias. Dit bevestig die feit dat die kerkbedeling sy einde nader en dat Christus enige tyd kan kom om sy bruidsgemeente te kom haal (1 Thess. 4:16-17). Daarna sal die Antichris geopenbaar word en die sewe jaar van die verdrukking n aanvang neem (2 Thess. 2:6-12).

Ons moet ter wille van beter perspektief beslis op die tekens van die tye ag slaan. Die Here Jesus s in sy profetiese rede, waarin daar na verskeie eindtydse tekens verwys word: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. ... So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie (Luk. 21:28, 31-32). Christus verwys nie net na algemene tekens nie, maar selfs ook na n enkele geslag waarin eindgebeure sal verloop tot en met die vestiging en openbaring van die koninkryk van die hemel op aarde. Dit is noodsaaklik om groter duidelikheid hieroor te verkry.

Ons sal uit verskillende Bybelse oogpunte kyk na chronologiese strukture in Israel se eindtydse herstelproses, want hierdie volk se herstel is die belangrikste enkele teken oor die naderende einde van die kerkbedeling en die vestiging van die wreldwye Messiaanse koninkryk. Die Bybel dui die eksakte tydsduur aan vir Christus se vrederyk op aarde, naamlik n duisend jaar (Op. 20:4-6), asook vir die voorafgaande regering van die Antichris gedurende die sewe jaar wat as Danil se 70ste jaarweek bekend staan (Dan. 9:27). Ons moet bepaal hoe ver Israel se herstel gevorder het, en uit die Bybel kennis neem oor wat hierna gaan gebeur. Dit sal aan ons n aanduiding gee van die nabyheid van die koms van die hemelse Bruidegom, sonder om n spesifieke datum te noem (dag, maand of jaar). Die gevorderde stadium van die laaste geslag toon nogtans by benadering aan ons waar ons nou op die profetiese kalender van die Bybel staan. Ons is bevoorreg om weens die vervulling van profesie meer lig oor di saak te h as wat vorige geslagte gehad het.

Israel se verstrooiing en herstel

Baie vroeg in die geskiedenis van Israel het die Here hulle laat verstaan dat hulle verhouding met Hom sou bepaal of hulle n gesende en bestendige verblyf in hulle land sou h, en of hulle weens volhardende ongeloof en sonde aan hulle vyande oorgegee sou word (Lev. 26; Deut. 28). Geestelike afvalligheid het dikwels daartoe gelei dat hulle die sen van die Here verbeur het en deur hulle vyande oorwin is. Vreemde oorheersing het vir korter of langer tydperke voortgeduur totdat hulle weer deur die Here uitgered en herstel is. Die Babiloniese ballingskap het vir 70 jaar lank geduur (Jer. 25:11). Hierdie ballingskap was egter beperk in terme van die tydsduur daarvan asook t.o.v. die feit dat die Jode na net een land weggevoer is.

Die aanvanklike waarskuwing was dat Israel weens uiterste afvalligheid vir n baie lang tyd as ballinge na alle nasies weggevoer sou word: En die Here sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde (Deut. 28:64; vgl. Lev. 26:33). Dit sou wel nog gebeur, maar eers in Nuwe-Testamentiese tye nadat Israel ook hulle beloofde Messias verwerp het. Hy het die gevolge van sy verwerping duidelik aan hulle uitgespel: En wanneer julle Jerusalem deur lers omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. ... Dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. ... Want daar sal n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is (Luk. 21:20-24).

Sowel Ortodokse as Messiaanse Jode is sterk daarvan oortuig dat Israel n hulle verlengde verstrooiing onder die nasies weer ten volle in hulle eie land herstel sal word. Waarskuwings oor die volk se diaspora is van die vroegste tye af saam met beloftes oor hulle uiteindelike herstel gegee. Die Here het aan Moses ges: Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie (Lev. 26:44; vgl. Deut. 30:1-3). Jode beskou hulle huidige, gedeeltelike herstel as n tasbare bewys dat God nie vir Israel as sy uitverkore volk verwerp het nie.

Eeue n Moses was daar verskeie profete wat die aanvanklike belofte oor Israel se herstel uit die diaspora herhaal het: So spreek die Here Here: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee (Eseg. 11:7; vgl. 37:21; Jes. 11:11-12). Al hierdie beloftes het daartoe gelei dat daar in 1897 n moderne Sionistiese beweging ontstaan het nadat Theodor Herzl in 1896 n boek, Der Judenstaat, gepubliseer het. Verstrooide Jode het opnuut bewus geword van hulle Godgegewe land waaruit hulle byna twee millennia gelede verdryf is. Klein groepies Jode het sedert vroeg in die 20ste eeu na die tradisionele gebied van Israel getrek wat intussen deur vreemde oorheersers tot Palestina herdoop is en hier grond by Arabiere gekoop. N die Tweede Wreldoorlog het hulle getalle s aangegroei dat die moderne Joodse staat op 14 Mei 1948 gestig is. Sedertdien het Joodse immigrasie onverpoos voortgeduur en tans (2014) is byna die helfte van die sowat 13 miljoen Jode in die wreld weer terug in die land van hulle voorvaders.

Die toekomsverwagting van die meerderheid Ortodokse Jode is dat die Wet van Moses (die Tora) weer volkome eerbiedig sal word, maar dat dit eers sal gebeur wanneer die tempel in Jerusalem herbou is sodat daar weer offers vir die versoening van sonde gebring kan word. Hulle verbind die koms van die Messias met n klinkende oorwinning oor hulle vyande, die reg om die tempel te herbou, asook die herinstelling van hulle monargie wat die oprigting van die vervalle troon van Dawid in Jerusalem vereis. n Moderne Sanhedrin is in Oktober 2004 in Israel gestig om hulle vir die bevordering van hierdie ideale te beywer. Di Raad bestaan uit 71 rabbis en ander geleerdes wat kennis het van Israel se geskiedenis en godsdienstige tradisies.

Die Sanhedrin het vroeg in 2007 in samewerking met die Tempel-Instituut briewe aan verskeie regerings geskryf om n oplossing aan te bied vir die rampspoedige koers waarop die wreld op die oomblik is. Hulle stel voor dat die tempel na aanleiding van Jesaja 2:2-4 in Jerusalem herbou word sodat God se teenwoordigheid weer ervaar kan word om vrede op aarde te verseker. Die Here se uitspraak in Jesaja 56:7 word verkeerdelik as regverdiging vir n multigodsdienstige aanwending van die nuwe tempel gebruik: ... want my huis sal n huis van gebed genoem word vir al die volke. Die idee van n samevloeiing van gelowe word ook gepropageer op n nuwe webtuiste oor God se Heilige Berg, naamlik www.godsholymountain.org/

In 2010 is n brandofferaltaar vir die nuwe tempel voltooi, en intussen is daar ook verskeie priesters opgelei wat die tempeldiens sal waarneem. Jode met die van Cohen stam af van die heel eerste priester, Aron, en mag dus as priesters opgelei word. Alles is in gereedheid vir die vinnige oprigting en ingebruikneming van die nuwe tempel.

Gevolge van die voortgesette verwerping van Jesus

Israel erken nog steeds nie vir Jesus as hulle Messias nie, en kyk dus uit vir n ander Messias. Volgens die Bybel sal dit n valse messias (die Antichris) wees, en Jesus het hulle teen hierdie nabootser gewaarsku: Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As n ander een in sy eie naam kom, hm sal julle aanneem (Joh. 5:43).

Behalwe vir relatief klein groepies Messiaanse Jode wat vir Jesus as Messias aangeneem het, word Israel in n ongeredde toestand in hulle land herstel. Hulle sal hier in groot benoudheid kom wat uiteindelik sal lei tot hulle nasionale bekering deur die aanvaarding van Jesus as Messias. Hy het self na hierdie gesende herontmoeting tussen hulle verwys (Matt. 23:39).

Eers sal Israel egter deur die verdrukking moet gaan, sodat hulle hul groot geestelike nood kan besef. Jeremia verwys na die komende verdrukking as die tyd van benoudheid vir Jakob, maar gee hoop dat hulle daaruit verlos sal word (Jer. 30:7; vgl. Eseg. 22:18-22). Die Here s: Ek sal skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word. En Ek sal julle n nuwe hart gee en n nuwe gees in jul binneste. ... En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir my n volk en Ek sal vir julle n God wees (Eseg. 36:25-28).

Paulus wys ook daarop dat Israel se geestelike verharding net tydelik is, en dat die hele volk gered sal word nadat die kerkbedeling afgesluit is: Want ek wil nie h, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser [Christus] sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob [Israel] afwend (Rom. 11:25-26).

Ons is in n baie beslissende tyd van die wreld se heilsgeskiedenis. Israel se verstrooiing en geestelike verharding is vinnig besig om sy einde te nader, daarom behoort ons sonder enige twyfel die afleiding te kan maak dat die kerkbedeling ook baie naby aan sy einde is. Ons moet net na Israel kyk as ons wil weet waar ons in God se program vir die mensdom staan. Onthou dat Hy vir sy dissipels ges het dat Jerusalem regdeur die kerkbedeling vertrap sou word terwyl n oes vir sy koninkryk onder die nie-Joodse volke ingesamel word (Luk. 21:24; Rom. 11:25).

Die nuwe deel van Jerusalem het in Mei 1948 deel van die moderne Joodse staat geword. Die ou deel van die stad (Bybelse Jerusalem) is in Junie 1967 tydens die Sesdaagse Oorlog van Jordani herower. In Augustus 1980 is Jerusalem tot die ewige en onverdeelbare hoofstad van Israel verklaar en het die eerste minister onmiddellik sy kantoor van Tel Aviv af na Jerusalem verskuif. Tans word nog net die Tempelberg in Jerusalem deur die heidene vertrap, omdat beheer oor hierdie terrein in 1967 aan n Moslemkomitee oorgedra is. Die einde van Jerusalem se vertrapping, asook die stad se volle herstel onder die leiding van die Messias, is in sig.

Die laaste geslag

Die Bybel maak nog meer spesifieke stellings ten opsigte van die laaste dae wanneer Israel toenemend herstel word, terwyl die kerkbedeling die oomblik nader wanneer dit deur middel van die wegvoering afgesluit gaan word. Die Here Jesus brei verder hieroor uit: Toe vertel Hy hulle n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie (Luk. 21:29-32).

Die vertrekpunt vir die laaste geslag is die bot van die vyeboom, en die einde daarvan die volle geestelike en staatkundige herstel van Israel wanneer die volk met God versoen sal wees deur die Messias, en Jesus van die herstelde troon van Dawid af uit Jerusalem sal regeer. Die vyeboom is n bekende Bybelse simbool van die volk Israel (vgl. Hos. 9:10; Jer. 24:5).

Daar is verskillende definisies vir die begrip geslag, afhangende van die verband waarin die Bybel hierdie woord gebruik. Die begrip geslag dui in die oorspronklike tale dikwels n groep mense aan n familie, stam, volk, of verskeie ander groepe, bv. n bose en ongelowige geslag mense (Luk. 11:29). In die meeste gevalle het dit egter betrekking op n bepaalde generasie of ouderdomsgroep binne n samelewing, stam of volk. In hierdie sin is daar n chronologie, of opeenvolging, van geslagte soos wat ouer geslagte deur jongeres gevolg word. Dit is in hierdie verband dat daar in Matths 1:17 staan: Al die geslagte van Abraham tot Dawid is 14 geslagte.

n Geslag dui nie op n rigiedvasgestelde tydperk nie, omdat sekere geslagte korter of langer as ander is. Desnieteenstaande is dit n redelik duidelikgedefinieerde tydperk wat nie buite sy uiterste grens verleng kan word nie. Wanneer daar van die hele leeftyd van n geslag sedert geboorte gepraat word, word n tydperk van omtrent 70 jaar, of op die meeste 80 jaar, bedoel: Die dae van ons jare daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar (Ps. 90:10). n Volwasse geslag verwys gewoonlik na n tydperk van omtrent 40 jaar, of hoogstens 50 jaar, vanaf die ouderdom van 30. Die Levitiese priesters kon eers op die ouderdom van 30 in hul ampte aangestel word (Num. 4:3), asook die rabbis in later tye. Jesus kon as n Joodse man ook eers op 30-jarige ouderdom met sy bediening begin (Luk. 3:23).

Dit was n algemene gebruik in Bybelse tye dat die volwasse geslag vir hulle dade aanspreeklik gehou en dikwels ook gestraf is, soos bv. tydens Israel se uittog uit Egipte: En die toorn van die Here het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die o van die Here (Num. 32:13). Die jong geslag (diegene wat nog onvolwasse was tydens Israel se uittog), het nie in die woestyn omgekom nie en het die oordele oorleef om die Beloofde Land te kon berf.

Daar het ook n volwasse geslag verloop tussen die verwerping en kruisiging van Jesus in 32 n.C. en die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. Hierdie geslag is oor hulle goddeloosheid en geestelike blindheid gewaarsku, maar het dit nie ter harte geneem nie (Matt. 23:32-38). Aan die einde van hierdie geslag het die Romeine die Jode onderwerp en Jerusalem totaal verwoes, waarna die internasionale verstrooiing van Israel begin het.

Op 14 Mei 1948 het die laaste volle geslag voor die koms van die Messias en die finale herstel van Israel begin. Ons weet nie hoe lank hierdie geslag sal verloop voordat alles gebeur het wat bestem is vir die tydperk voor Christus se sigbare wederkoms en dit sluit die verdrukking van sewe jaar in. Ons weet egter dat hierdie geslag nie verby sy maksimum perk van 80 jaar verleng kan word nie, en dit sal in 2028 aanbreek.

In Augustus 1980 is Jerusalem as Israel se hoofstad herstel, en dit sinspeel op die feit dat moderne Israel n 32 jaar van sy bestaan staatkundige volwassenheid bereik het. Hierna verloop die volwasse gedeelte van die laaste geslag.

Jaarweke

n Verdere belangrike saak m.b.t. Israel se chronologie is die herinstelling van hulle jaarweke. Dit is periodes van sewe jaar, waarin die sewende jaar n Sabbatsjaar is (Lev. 25:3-4). Die jaarweke word volgens Israel se siviele kalender bereken, waarin elke jaar op die Rosh Hashanah in die Maand Tisjri begin gewoonlik in September op die Gregoriaanse kalender. Israel se kalender is op die siklusse van die maan gebaseer.

In Danil 9:24-27 is daar n baie merkwaardige profesie oor 70 jaarweke wat sal verloop sedert Israel se herstel uit die Babiloniese ballingskap tot met die begin van die Messias se vrederyk wanneer Israel ten volle met Hom versoen sal wees. Danil stel dit egter duidelik dat die Messias (n Gesalfde) n 69 jaarweke uitgeroei (verwerp en gekruisig) sou word. Dit het n onderbreking meegebring in die opeenvolging van die 70 jaarweke in Israel se heilsgeskiedenis, waarvan die laaste sewe jaar nog vervul moet word. Vir meer besonderhede hieroor, lees die artikel: http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Jaarweke.htm

Jesus het inderdaad vir die leiers van Israel ges dat Jerusalem verwoes en sy inwoners onder die nasies verstrooi sou word omdat hulle Hom as Messias verwerp het (Matt. 23:3724:2; Luk. 19:41-44; 21:24). Hierdie toestand sou voortduur totdat Israel Hom tydens sy wederkoms volkome sal aanvaar: Want Ek s vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal s: Gesend is Hy wat kom in die Naam van die Here! (Matt. 23:39).

Die 70ste jaarweek van Danil sal begin wanneer Israel n verbond met die Antichris sluit. N 3 jaar sal hy egter die herboude tempel in Jerusalem ontheilig, die offerdiens afskaf, en almal dwing om hom as God te aanbid (Dan. 9:27; 2 Thess. 2:4; Op. 13:15). Israel sal as gevolg van die valse messias se Godslasterlike optrede hulle verbond met hom verbreek en daardeur sy groot woede teen hulle ontketen. Hy sal n volksmoord teen hulle gelas, en hulle sal vinnig vir oorlewing na n afgele plek in die woestyn moet vlug (Matt. 24:15-22). Aan die einde van hierdie jaarweek sal die ware Messias terugkeer en sy voete op die Olyfberg sit (Sag. 14:4-5).

Die laaste geslag gaan dus deur n baie betekenisvolle en deurslaggewende jaarweek afgesluit word. Hierdie periode sal deur die oordele van die dag van die Here gekenmerk word (Jes. 13:9-13; Op. 6:15-17), daarom sal Christene voor die tyd weggeneem word omdat hulle soos in die dae van Noag en Lot nie vir God se oordele bestem is nie (Matt. 24:36-44; Luk. 21:36). Hierdie jaarweek sal uit Israel se oogpunt deur die volgende belangrike gebeurtenisse gekenmerk word:

      Reg aan die begin van die jaarweek sal Israel onder die invloed van misleiding met n valse messias n verbond sluit, vas onder die indruk dat hy die ware Messias is (Joh. 5:43). n Jubeljaar sal waarskynlik uitgeroep word omdat hulle daarvan oortuig sal wees dat die lank verwagte Messiaanse era van voorspoed en geluk aangebreek het.

      Israel se nuutgevonde koning sal nie net n politieke leier wees nie, maar ook in n godsdienstige verband as Messias erken en geer word. Hy sal moontlik deur die bemiddeling van die valse profeet aan Israel die reg gee om die tempel in Jerusalem te bou. Weens die Joodse Tempel-Instituut se uitgebreide voorbereidings, sal die nuwe tempel in n relatief kort tyd opgerig en in gebruik geneem kan word. Hulle wag net vir n groot profeet, dalk die Messias self, om die presiese plek van die tempel aan te dui en ook toestemming vir die oprigting daarvan te gee.

      Wanneer die tempel ingewy en die offerdiens ten volle herstel is, sal Israel se Sionistiese droom finaal verwesenlik wees. Hulle sal daarop roem dat die Messias gekom, die tempel herbou, en versoening vir die volk se sondes gedoen is, en daar gevolglik na n tyd van groot vrede op aarde vooruitgesien kan word. Israel sal dan in volle beheer van hulle land, hulle hoofstad en die Tempelberg wees. Dit sal alles gebeur gedurende die eerste helfte van die sewe jaar-lange verbond met die Messias.

      Israel se Messias en koning sal egter reg uit die staanspoor van sy regeringstyd ook verbonde met ander nasies en godsdienste sluit, en sodoende homself as n multigodsdienstige wreldmessias vestig. Dit sal die gevolg h dat Israel benewens die vervulling van hulle eie drome ook aan die eise van politieke en godsdienstige globalisme onderwerp sal word. Hulle nuutgevonde soewereiniteit sal dus van korte duur wees, aangesien sowel hulle regeringstelsel as hulle tempeldiens genternasionaliseer sal word. Eksklusiewe Sionisme wat skielik n bloeitydperk beleef het, sal net so vinnig vir n ander manier van aanbidding plek moet maak. Heidense godsdienste sal in n vergrote voorhof toegang tot Israel se herboude tempel kry en ook daar die universele God van alle gelowe aanbid. Hulle sal die tempel n die heilige stad vertrap en daarvan n intergeloofsmekka maak (Op. 11:2).

      In die middel van die verdrukking sal Israel erg ontnugter en geskok word wanneer hulle Messias die offerdiens sal afskaf en n gruwelike afgodsbeeld van homself in die Heiligdom laat oprig (Dan. 9:27; 11:31; Matt. 24:15). Hy sal homself vergoddelik en Israel sowel as alle ander nasies dwing om hom as God te aanbid. Weiering om dit te doen, sal met die dood strafbaar wees (2 Thess. 2:4; Op. 13:15).

      Israel se o sal skielik en met n skok vir die bedrog van die valse messias oopgaan. Hulle sal hulle verbond met hom verbreek en dan vinnig moet vlug om die oorblywende 3 jaar van die verdrukking as ballinge in die woestyn te leef. Aan die einde van hierdie dramatiese jaarweek sal hulle na die Olyfberg optrek om die koms van die ware Messias in te wag. Dit sal lei tot die redding van die hele oorblyfsel in Israel, en ook tot die vestiging van die ware Messiasryk waarin Israel n groot rol sal speel (Jes. 62:11-12; Eseg. 39:7; Sag. 12:10).

Uiteenlopende menings word gehuldig ten opsigte van die tyd wanneer hierdie beslissende jaarweek n aanvang sal neem. Sommige kenners van Bybelse profesie is daarvan oortuig dat Israel se verbond van sewe jaar met die valse messias sal saamval met een van hulle heringestelde jaarweke. Ander s weer dat dit nie noodwendig die geval sal wees nie. Die huidige jaarweek in Israel strek vanaf September 2008 tot met die Rosh Hashanah in September 2015. Die volgende jaarweek wat in September 2015 op Israel se maankalender begin, sal tot in September 2022 strek.

Geen finale en onbetwisbare gevolgtrekking kan gemaak word oor die vertrekpunt van die laaste jaarweek voor Christus se wederkoms nie. Dat hierdie hoogs betekenisvolle jaarweek egter wl vervul sal word, is seker en gewis. Dit sal terselfdertyd die hoogtepunt en afsluiting wees van die laaste geslag voor Christus se wederkoms op die Olyfberg. Hy het self ges: ... hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie (Luk. 21:32).