Verlore Israelse Stamme in Afrika?

Johan Malan, Mosselbaai (Augustus 2016)

Daar is verskeie teorieë oor die bestaan van swart Joodse stamme in Afrika. Hulle word verkeerdelik as afstammelinge van een van die sg. “tien verlore stamme van Israel” beskryf. Sommige van hulle maak nou op Israelse (of Joodse) identiteit aanspraak en dit het reeds tot ʼn aansienlike migrasie uit Afrika na Israel aanleiding gegee. Al hoe meer van hierdie “swart Jode” wil nou uit sukkelende Afrikastate na Israel verhuis, na die beweerde “land van hulle vaders”. In die proses skep Israel vir hulleself ʼn ernstige identiteitskrisis, want op grond van die mite van die “tien verlore stamme” maak hulle die deur vir nie-Jode oop om as volwaardige Jode burgerskap van Israel te verkry.

Selfs Joodse historici en godsdienstiges gee geloofwaardigheid aan hierdie mite, en dit skep die geleentheid vir duisende hawelose opportuniste in Afrika om te beweer dat hulle Jode is. Op grond hiervan kwalifiseer hulle vir aansienlike hulp van die Israelse regering om in die Joodse staat hervestig te word en deel te wees van ʼn vinnig ontwikkelende samelewing.

Ethiopiese Jode in Israel

Daar is in hierdie stadium reeds meer as 120 000 Ethiopiese Jode (Falashas) in Israel. Hulle het in die 15de eeu reeds die bynaam “Falashas” (“landless wanderers”) gekry, m.a.w. “swerwers sonder ʼn tuiste”. Hulle oorsprong is steeds ʼn raaisel. Volgens ʼn onverifieerbare volksverhaal het twee ortodokse Jode baie eeue gelede uit die nabygeleë Jemen oor die Rooi See na Ethiopië verhuis en daar die stamvaders van hierdie nomadiese volk geword. Hulle het Joodse tradisies gevestig soos die besnydenis van seuns, die rituele slag van diere en ook ʼn verbod op die eet van varkvleis. Hierdie tradisie het bly voortleef, en nog baie ander stertjies bygekry. Hulle het hulleself later die Huis van Israel (Beta Israel) genoem, en ná verskeie versoeke is talle van hulle in Israel hervestig. Volgens ʼn artikel in Wikipedia (https://en.wikipedia.org/wiki/Beta_Israel) word daar egter groot probleme ondervind om hulle in die Israelse samelewing te assimileer. In hierdie artikel word onder meer gesê:

“The Ethiopian Beta Israel community in Israel today comprises more than 121,000 people. Most of this population are the Ethiopian immigrants and their descendants who came to Israel during Operation Moses (1984) and Operation Solomon (1991). Civil war and famine in Ethiopia prompted the Israeli government to mount these dramatic rescue operations. The rescues were within the context of Israel's national mission to gather Diaspora Jews and bring them to the Jewish homeland. Some immigration has continued up until the present day. Today 81,000 Ethiopian Israelis were born in Ethiopia, while 38,500 or 32% of the community are native born Israelis.

“Over time, the Ethiopian Jews in Israel moved out of the government owned mobile home camps which they initially lived in and settled in various cities and towns throughout Israel, with the encouragement of the Israeli authorities who grant new immigrants generous government loans or low-interest mortgages.

“Similarly, to other groups of immigrant Jews who made aliyah to Israel, the Ethiopian Jews have had to overcome obstacles to integrate into Israeli society. Initially the main challenges faced by the Ethiopian Jewish community in Israel arose from communication difficulties (most of the Ethiopian population could not read nor write in Hebrew, and many of the older members could not hold a simple conversation in Hebrew), and discrimination, including manifestations of racism, from some parts of Israeli society. Unlike Russian immigrants, many of whom arrived educated and skilled, Ethiopian immigrants came from an impoverished agrarian country, and were ill-prepared to work in a developed industrialized country.

“Over the years there has been significant progress in the integration of young Beta Israelis into Israeli society, primarily resulting from serving in the Israeli Defense Forces alongside other Israelis their age. This has led to an increase in opportunities for Ethiopian Jews after they are discharged from the army.

“Despite progress, Ethiopian Jews are still not well assimilated into Israeli-Jewish society. They remain, on average, on a lower economic and educational level than average Israelis. Also, while marriages between Jews of different backgrounds are very common in Israel, marriages between Ethiopians and non-Ethiopians are not very common. According to a 2009 study, 90% of Ethiopian-Israelis – 93% of men and 85% of women, are married to other Ethiopian-Israelis. A survey found that 57% of Israelis consider a daughter marrying an Ethiopian unacceptable and 39% consider a son marrying an Ethiopian to be unacceptable. Barriers to intermarriage have been attributed to sentiments in both the Ethiopian community and Israeli society generally. A 2011 study showed that only 13% of high school students of Ethiopian origin felt ‘fully Israeli’.

“Discrimination and racism against Israeli Ethiopians is still perpetuated. In May 2015 Israeli Ethiopians demonstrated in Tel Aviv and Jerusalem against racism, after a video was released, showing an Israeli soldier of Ethiopian descent that was brutally beaten up by the Israeli police. Interviewed students of Ethiopian origin affirm that they do not feel accepted in Israeli society, due to a very strong discrimination towards them.”

Die Lembas en ander volke

Daar is ook ander Afrikavolke wat op Joodse afkoms aanspraak maak. Een daarvan is die Lembas van Vendaland (RSA) en aangrensende dele van Zimbabwe. Hulle het ook nie ʼn tuisland van hulle eie nie en beoefen verskeie Joodse tradisies. Dit is nie ʼn groot volk nie en daar is net sowat 70 000 van hulle.

Die grootste swart stam in Afrika, die Ibo (of Igbo) van Nigerië, omtrent 35 miljoen mense, het ook ʼn soortgelyke tradisie van Joodse afkoms. Daar is dusver egter nie ʼn sterk Sionistiese beweging en eise vir ʼn Israelse identiteit en burgerskap onder hulle nie. Indien dit sou gebeur, sal die Midde-Ooste bedreig word deur baie groot volksverhuisings uit Afrika.

Amerika het miljoene Afro-Amerikaners wat die afstammelinge is van slawe wat in Wes-Afrika gevange geneem is – baie van hulle Ibo-stamlede uit die huidige Nigerië. Ná eeue se verblyf in Amerika is hulle steeds nie eers naastenby in die Amerikaanse blanke samelewing geabsorbeer nie. In die huidige stadium van Afro-Israelse migrasie is dit reeds duidelik dat Israel dieselfde probleme van “nasiebou” in ʼn heterogene samelewing ervaar, veral weens rasseverskille. Kultuur- en taalverskille met Jode uit ander wêrelddele is egter nie onoorkombaar in Israel nie omdat gemeenskaplike Semitiese herkoms selfs in hulle voorkoms sigbaar is. Die gaping tussen moderne Israeli’s en Negroïede lede van beweerde “verlore Joodse stamme” uit Afrika skep egter probleme van ʼn heel ander aard.

Nuwe eise uit Wes-Afrika

Volgens ʼn artikel in Breaking Israel News van 2 Aug. 2016, African King With Jewish Roots to Convene Royal Gathering in Jerusalem to Praise the God of Israel (http://www.breakingisraelnews.com/73151/king-togo-bringing-hundreds-african-kings-praise-god-kotel-sukkot/#uAwf9HpiTjpVxWlE.99), is daar tans ʼn nuwe ontwaking van ʼn Israelse volksbewussyn in Wes-Afrika aan die gang. In dié artikel word gesê:

“One of the more remarkable incarnations of the prophesied ingathering of the exiles is the discovery of Jewish roots in African tribes. The King of Togo, a country in West Africa, plans to strengthen that Messianic vision by bringing hundreds of African kings to the Western Wall in Jerusalem this Sukkot (Festival of Booths) to sing out their love of the God of Israel.

King Ayi was crowned in 1994 as King of the Ayigbe people of the Ivory Coast, Ghana, Togo, and Benin. The seat of this Kingdom was in Togo, although most historians confirm it started in Accra, Ghana. He presently lives in exile in the US. In 2002, at the second World Conference of the Counsel of Chiefs and Kings of Africa, King Ayi was crowned by his peers as head of the Organization of Kings and Queens of Africa, in the republic of Benin. At the following conference in 2005, he announced his desire to bring all 350 African kings to Israel, to recite the Shema, the Jewish declaration of faith, at the Kotel (the Western Wall in Jerusalem). His announcement was received with overwhelming enthusiasm.

“King Ayi explained this surprising reaction to Breaking Israel News: ‘At least half of the kings who are coming have a tradition that they are Jewish,’ King Ayi said. ‘Some of the kings, though, are Muslim imams. Even they wanted to come. They are coming with the intention of recognizing that God created the entire world.’ It has taken 11 years and many trips back and forth, but King Ayi’s vision is finally coming to fruition. The ceremony will take place in Jerusalem during Sukkot in October 2016 and has been organized in conjunction with the Israeli Religious Affairs Ministry, headed by MK David Azulai.

“In the past, King Ayi has met with Rabbi Chaim Kanievsky and Rabbi Shmuel Auerbach, two major figures in Orthodox Judaism. His efforts are also supported by the Beit Din (Rabbinic Court) of Bnei Brak as well as the nascent Sanhedrin. The gathering is auspiciously timed, since the holiday of Sukkot has a strong multi-national element. The Talmud (Sukkah 55b) teaches, ‘Rabbi Eliezer said: Why are 70 offerings brought on Sukkot? For the [merit of the] 70 nations of the world. This is based on the prophecy in Zechariah: And it shall come to pass that every one that is left of all the nations that came against Yerushalayim shall go up from year to year to worship the King Hashem of hosts and to keep the Sukkot. Zechariah 14:16.’

“In addition to the religious mission, the visit will also be an opportunity to further the diplomatic connection between Israel and Africa. Educational seminars and tours will be interspersed with meetings with government officials. For King Ayi, this is the culmination of a long personal journey. He told Breaking Israel News it was always known in his family that they were descended from Jews: ‘We always refrained from foods deemed forbidden in the Torah,’ the King explained. ‘Circumcisions are performed on the eighth day, and we keep the laws of niddah (family purity). We are celebrating Rosh Hashanah, the Jewish new year, and blow shofar (ram’s horn)’.”

Proseliete

Al hierdie aanspraakmakers op Israelse etniese identiteit is egter nie Israeliete deur afkoms nie – hulle is slegs proseliete omdat sekere van hulle voorouers hulle tot die Judaïsme bekeer het. Dit het dikwels in historiese tye gebeur. In Handelinge 2:5-12 lees ons van Jode én Jodegenote (proseliete) wat die Pinksterfees in Jerusalem bygewoon het toe die Heilige Gees uitgestort is. In vers 10 word die besoekers aan Jerusalem spesifiek beskryf as “Jode en Jodegenote”. In die King James-Bybel word hulle proselytes genoem (kyk ook Hand. 13:43). Die oorspronklike Griekse term is proselutos. Srong’s Concordance vertaal dit só: “... an arriver from a foreign religion, i.e. an acceder (convert) to Judaism; a proselyte.”

Dit was dus mense van ander volke en gelowe wat die Joodse geloof aangeneem het. Dit maak egter nie van hulle etniese Jode nie; daarom het sommige van hierdie proseliete verder gegaan as hulle “bekering” tot die Judaïsme en beroep hulle nou op lidmaatskap van een van die “verlore stamme” van Israel. Hierdie mite word as ʼn handige verskoning gebruik om by die agterdeur in te glip en ʼn Joodse identiteit te probeer verkry wat aan hulle die Bybelse reg sal verleen om in Israel gevestig te word. Hierdie aanspraak is egter nie histories regverdigbaar nie, en is net so ver van die waarheid af as soortgelyke aansprake deur Brits-Israelisme en die Israelvisie, wat beweer dat alle blanke volke in die wêreld van die tien verlore stamme van Israel afstam. Afrika het bloot sy eie weergawe van hierdie valse aansprake.

Die mite van die tien verlore stamme

Daar was nooit ʼn rigiede verdeling van die 12 stamme in twee politieke ryke nie, omdat groot getalle mense in verskillende tye uit Israel na Juda gemigreer het. Die noordelike tienstammeryk van Israel is gedurende die 250 jaar van sy bestaan deur 19 goddelose konings regeer. Daar was nie eers een Godvresende onder hulle nie. Wanneer die gelowige Israeliete gehoor het dat daar ʼn Godvresende koning in Juda regeer het, soos bv. koning Asa, het hulle permanent na hom toe oorgeloop: “Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Simeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die Here sy God met hom was” (2 Kron. 15:9; beklemtoning bygevoeg).

In 721 v.C. is 27 290 Israeliete as ballinge na Assirië weggevoer. Die grootste deel van die volk het egter in Samaría agtergebly. In 612 v.C. is Assirië deur die Babiloniërs oorwin en het hulle grondgebied deel van die Babiloniese Ryk geword. Toe die Babiloniese ballingskap van die suidelike ryk van Juda in 586 v.C. plaasgevind het, het die verstrooide Israeliete en Jode weer verenig geraak in die groter Babiloniese gebied. Die profeet Eségiël wat in 597 v.C. saam met Jójagin deur Nebukadnésar na Babilonië weggevoer is, het in Tel-Abib by die Kebarrivier gewoon. Hier het hy ook die ballinge van Israel aangetref, oor wie die Here met hom gepraat het (Eseg. 2:3; 3:14-17).

ʼn Groep van die tien stamme van Israel was dus in Assirië, ʼn groep het in Samaría agtergebly, en ʼn groot groep het reeds na Juda verhuis. Die lotgevalle van die twee huise van Israel (die tien stamme en die twee stamme) het sedert die Babiloniese ballingskap van Juda in dieselfde arena afgespeel. Hulle het dus weer saamgevloei en word daarna altyd as een volk met 12 stamme beskryf. Daar is geen Bybelse óf betroubare buite-Bybelse bronne wat enige melding maak van Israelse stamme wat in dié vroeë stadium na Asië, Europa of Afrika verhuis het nie.

Ná die ballingskap, vroeg in die 6de eeu v.C., het die term Jode gevestig geraak as ʼn sinoniem vir Israel. Lees maar in Esra en Nehemía hoedat die begrippe Jode en Israel afwisselend en alternatiewelik vir dieselfde mense gebruik word. Esra het bv. gesê: “En deur my word bevel gegee oor hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou … En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier. En hulle het geoffer … 12 bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel … En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet” (Esra 6:8, 16-17, 21; beklemtoning bygevoeg). In Nehemía 1:6 en 4:1 kom dieselfde afwisseling van volksname voor.

In die Nuwe Testament word die vroeëre verdeling tussen die 2 en die 10 stamme hoegenaamd nie as ʼn bestaande werklikheid erken nie. In totaal word daar na dieselfde volk 174 keer as Jode en 70 keer as Israeliete verwys. Daar is dus geen sprake dat tien van die stamme iewers in Europa of Afrika ‘verlore’ was nie. Die groot internasionale verstrooiing van Jode het eers laat in die eerste eeu tydens die Romeinse inval in 70 n.C. plaasgevind, en weer vroeg in die tweede eeu (132-135 n.C. tydens en ná die Bar Kokhba-opstand teen Romeinse oorheersing). Die Jode het egter nie in stamverband verstrooid geraak nie en meesal ook nie met die nie-Joodse volke vermeng en ondertrou nie. Dit was ʼn algemene gebruik onder hulle om sinagoges te bou en as Jode hulle identiteit te beskerm, en dit is waarom Jode ná byna twee millennia van verstrooiing nog steeds identifiseerbaar is as Jode. Hulle het nie intussen Engelse, Boere, Ibo’s, Falashas of Lembas geword nie. Diegene onder hulle wat wel met nie-Jode ondertrou het, het hulle Joodse identiteit prysgegee en in ander volke geassimileer geraak.

Semitiese invloed in Afrika

Afrika se vroeë geskiedenis is swak gedokumenteer omdat die betrokke volke skrifloos was en dikwels ook nomadies. Daar kan dus nie uit argeologiese reste veel van hulle herkoms bewys word nie. Uit mites en volksverhale kan ook nie ʼn duidelike beeld van hulle herkoms gerekonstrueer word nie. Dit is egter duidelik dat volke in die Negerras aanvanklik hoofsaaklik jagters en landbouers was. Baie van hulle was in Wes-Afrika en ook in die gebied van die groot mere in Oos-Afrika woonagtig. In die omgewing van die groot mere het ʼn baie belangrike proses van etniese samesmelting, akkulturasie en vermenging plaasgevind met Hamiete wat deur die Nylvallei getrek het tot waar hulle die Negers suid van die Sahara-woestyn in die huidige Ethiopië, Kenia, Uganda en Tanzanië teëgekom het.

Die groot misterie in verband met hierdie samesmelting is die identiteit van die Hamiete. In Engels word die konnotasie met Ham (Afr. Gam) gemaak, wat een van die seuns van Noag was. Volgens ander bronne was die Hamiete heelwaarskynlik Egiptenare, wat beteken dat hulle eerder Semiete was wat van Sem afgestam het (die Arabiere, Jode, Assiriërs en Babiloniërs is Semiete). Die Hamiete (wie hulle ook al was) het saam met hulle vee in Afrika besuide die Sahara ingebring, asook gevorderde tegnologie soos ystersmeltery. Hulle vermenging met die groot meerderheid Negers was in ʼn baie ongelyke verhouding, met die Neger-gene steeds dominant. Sommige van die groepe het egter ʼn effens ligter velkleur gehad. Die vermengde groepe het later verskeie veeherdersvolke tot stand laat kom (o.a. die Bantoesprekende volke en die Nilo-Hamiete) wat ook ʼn meer gevorderde tegnologie ontwikkel het. Dit het hulle in staat gestel om beter wapens te maak, magtige koninkryke te vestig en groot veestapels op te bou. Oorloë om vee te roof was baie algemeen. Weens die druk van bevolkingsgroei het die Bantoesprekendes begin migreer en mettertyd Sentraal- en Suidelike Afrika bevolk.

In die latere geskiedenis van Afrika het daar van omtrent 500 v.C. af tot vroeg in die 18de eeu sterk Arabiese invloede na veral Oos-Afrika uitgegaan. Handelsposte is gestig, verdere vermenging het plaasgevind en dit het tot die ontstaan van die Swahilitaal gelei wat ʼn mengsel is tussen Arabies en inheemse swart tale. In groot dele van Oos-Afrika word Swahili as amptelike taal gebruik. Ná die vestiging van die Moslemgeloof in die 7de eeu is die Arabiese teenwoordigheid in Afrika gebruik om hierdie geloof oral op die vasteland te vestig – veral in Noord-, Wes- en Oos-Afrika.

Ná die Europese kolonisasie van Afrika is die Christendom in groot dele van die vasteland gevestig. Groter diversiteit het ingetree, en die meeste mense in Afrika assosieer nou óf met die Christendom, óf met Islam, óf met die inheemse gelowe wat op voorvaderaanbidding en towery gebaseer is. Soos hierbo genoem, is daar ook ʼn toenemende aantal Joodse proseliete, maar dit het duidelik niks met biologiese afstamming te doen nie. Hierdie mense het in werklikheid geen erflike aanspraak op Israelse burgerskap nie, net so min as wat Moslems uit Afrika aanspraak kan maak op burgerskap van Saoedi-Arabië.

Eindtydse situasie

Israel is ʼn verbondsvolk wat deur God gebruik is om Homself aan die mensdom te openbaar. God se Seun, die Verlosser van die wêreld, is in hierdie volk gebore, en die grootste deel van die Bybel (met die uitsondering van net Lukas en Handelinge) is deur Jode geskryf (Rom. 3:1-2). Die Here het verskeie verbonde met Israel gesluit, onder andere ook dat die land Israel hulle ewige tuiste sou wees (Gen. 13:14-15; Lev. 26:44-45).

Die genade van die Here vir redding is tot die beskikking van alle mense van alle volke, en ons hoef beslis nie Jode te word om hierdie genade deelagtig te word nie. Die seën wat aan getroue dissipels van die Here Jesus belowe word, naamlik om lede van sy bruidsgemeente te word en saam met Hom in sy koninkryk te regeer (Ef. 5:25-27; Op. 5:9-10; 19:7-9), is uniek en wonderlik en moet nie verwar word met die belofte wat Israel het om uit hulle afdwalings herstel te word, ʼn Messiaanse volk te word en in die eindtyd na die land van hulle vaders terug te keer nie.

Ons is dus in ʼn posisie om Israel te seën omdat ons ʼn geestelike erfenis verkry het wat van hulle af gekom het (Rom. 11:11-12). Dit sou heeltemal onvanpas van ons wees om hulle identiteit te probeer verander sodat ons ook daarin geakkommodeer kan word, want daardeur sou ons Israel se onafhanklike bestaan as ʼn volk met sy eie verlede, hede en toekoms, in die gedrang bring. Ons sou ook onsself tot die uiterste mate geestelik benadeel, want ʼn Joodse proseliet vat hande met ʼn volk wat steeds (met die uitsondering van ʼn relatief klein groep Messiaanse Jode) vir Jesus as Messias verloën. Dit kan en mag nie gedoen word nie, daarom sal die Falashas én andere soos hulle nie rus vind vir hulle siele in Israel en sy sinagoges nie.

Ná die wegraping sal die Here 144 000 Jode se siele red – 12 000 uit elk van die 12 stamme van Israel (Op. 7:4) – om in die afwesigheid van die ware kerk sy spesiale getuies te wees. Dit alleen is ʼn bewys dat Israel as ʼn afsonderlike volk tot in die eindtyd móét oorleef sodat verskeie beloftes wat die Here aan hulle gemaak het, vervul kan word. Trouens, die voortbestaan van Israel as ʼn volk is sekerder as dié van enige ander volk ter wêreld (Jer. 31:31-40; 46:27-28). Die 12 stamme van Israel verwys na die hele Joodse volk soos wat hulle vandag oral in die wêreld as Jode bekend is, en nie na Negerstamme of Europese volke wat nie van Joodse (Semitiese) afkoms is of kan wees nie, al probeer sommige groepe ook hoe hard om te bewys dat hulle Jode is.

Dit is oneties vir proseliete om sulke onredelike hoë eise van Joodse identiteit en ʼn reg op burgerskap van die Beloofde Land aan hulle vriendskapsband met Israel te verbind, want daardeur sal die Jode wat hieraan toegee, hulle eie voortbestaan as ʼn unieke volk in hulle Godgegewe land in die gevaar stel. Paulus het gesê: “... die evangelie van Christus ... is ʼn krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek” (Rom. 1:16). Ná hulle redding bly die Jode steeds Jode en die Grieke bly Grieke. ʼn Geredde Griek word nie ʼn geestelike Jood nie, en dié beginsel geld vir geredde mense in alle ander volke. Gelowiges het wel ʼn noue band met mekaar, en ook met Israel, maar dit gaan nie gepaard met die verlies van hulle eie volksidentiteit nie. Nie-Joodse Christene het vir seker nie die opdrag om hulle tasse te pak, na Israel te trek en daar op verblyfreg en Israelse burgerskap aanspraak te maak nie.