Die Verwerping van Christelike Leerstellings

Prof. Johan Malan, Mosselbaai (Oktober 2010)

Lees 2 Timthes 4:1-5.

Ons leef in die tyd van die groot afval kort voor die openbaring van die Antichris as wreldleier en valse messias wat deur n ganse misleide wreld nagevolg, vereer en aanbid sal word (2 Thess. 2:3; Op. 13:3-4). As die mens van sonde sal hy n leidende rol speel in die vestiging van n sondekultuur waarin mense onbeperkte vryhede sal h om te glo en te doen net wat hulle wil. Die Bybel verwys na die morele, geestelike en leerstellige verval wat in die eindtyd geweldig sal toeneem as voorbereiding vir die verskyning van hierdie groot misleier uit die koninkryk van die duisternis: Die Gees s uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang (1 Tim. 4:1). Satan self orkestreer die verskerpte, eindtydse vervalproses wat nie net in die sekulre wreld plaasvind nie, maar indring tot in die binnekringe van groot Christelike kerke en hulle kweekskole.

Wat tans in die vervallende, postmoderne kerke van die 21ste eeu gebeur, is presies dit wat Paulus vir Timthes ges het: Daar sal n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Hierdie mense is totaal onverdraagsaam teenoor die evangeliese leer van die Bybel, want die geestelike standaard daarvan is t hoog en dit beperk hulle in die uitlewing van hulle humanistiese vryhede. Bybelse profesie oor n donker tyd van oordele staan ook in die pad van postmoderniste se planne om n mensgemaakte nuwe wreldorde in te stel.

Die afvalliges se leerstellige sienings wyk s ver van die Bybel af, dat dit as fabels beskryf word, m.a.w. menslike verdigsels of leuens. Hulle verkies om net na leraars te luister wat die vermo het om deur vrysinnige denke geloofwaardigheid aan hulle onbybelse sienings te verleen. Die noodwendige gevolg hiervan is dat n ander Jesus en n ander evangelie verkondig word onder benvloeding van n vreemde gees wat homself as die Heilige Gees voordoen. Paulus s sulke mense is deur die duiwel bedrieg, want dit is hy wat hulle sinne bedorwe maak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus (2 Kor. 11:3-4).

Teolo wat di verkeerde opvattings rasionaliseer en n nuwe geslag predikante in terme daarvan oplei, dra grootliks daartoe by dat die geestelike standaard in die gemeenskap drasties afneem. Ongeredde en vleeslike mense hou baie daarvan as predikante hulle salig verklaar sonder dat hulle hul skewe sienings en immorele lewens hoef te verander. Dit is hulle wat nie die gesonde leer van die Bybel verdra nie, en eerder na fabels wil luister. Die oppervlakkige, misleidende en kompromiemakende prediking is soos dorings en distels wat in die geestelike saailande van die wreld gesaai word. Dit is nie-veroordelend, sosiaal aanvaarbaar en geniet n groot aanhang.

Wat tans in Suid-Afrika gebeur, is deel van n wreldwye aanslag op Christelike leerstellings. Die uitfasering van geloof in die Drie-enige God van die Bybel, asook n evangeliese verlossingsleer, is voorvereistes vir die infasering van die gelykmakende, multigodsdienstige dogma van die antichristelike nuwe wreldorde. Die fondamente van die ou orde moet eers omgegooi word voordat die valse fondamente van n nuwe wreldorde gel kan word. Hierdie aanslag is s groot dat evangeliese Christene ook soos in Psalm 11:3 kan uitroep: As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

n Ondersoek na teologiese verval wat die afgelope sowat halfeeu in Suid-Afrika plaasgevind het, dui daarop dat vyf basiese Christelike leerstellings as teikens uitgesonder is. Sommige daarvan is reeds verwerp, terwyl die ander s omstrede is dat hulle tans ernstig gedebatteer en openlik bevraagteken word. Afhangende van die mate van weerstand wat daar nog is, het die verval nie in alle kerke en kweekskole ewe ver gevorder nie. Elkeen moet afsonderlik beoordeel word.

Dit is egter opvallend dat die leerstellings wat onder skoot kom, in n bepaalde volgorde, van die periferie af na kernsake, geplaas kan word. Dit begin by die eskatologie of wederkomsleer, dan die leer oor heiligmaking, daarna die verlossingsleer, gevolg deur beskouings oor die Bybel en die geloof in die Drie-enige God. Kom ons kyk hoe hierdie teologiese fondamente besig is om te val, en neem ook kennis van die nuwe beskouings waarvoor hulle plek moet maak.

1. Die chiliastiese wederkomsleer

Chiliasme behels die aanvaarding van die letterlike vervulling van Bybelse profesie oor die eindtyd. Nie net sal Jesus Christus liggaamlik terugkom aarde toe en sy voete op die Olyfberg sit nie, maar daar sal voor die tyd n persoonlike Antichris wees wat sewe jaar lank in die verdrukking oor n goddelose wreldryk sal regeer. Sy openbaring word deur die teenwoordigheid van die kerk van Christus, wat n tempel van die Heilige Gees is, tegehou. Wanneer die ware gelowiges d.m.v. die wegraping na die hemel toe weggeneem is, sal die Antichris eers as n valse vredevors geopenbaar word en later as n militre diktator (2 Thess. 2:3-10; Op. 13:1-7).

N die Here Jesus se wederkoms aan die einde van die sewe jaar lange verdrukking, sal daar n werklike duisendjarige vrederyk op aarde wees, met die herstelde en geredde Israel as die hoof van die nasies. Die Griekse woord chilios beteken n duisend en is die basis van die term chiliasme wat verwys na geloof in n letterlike vrederyk op aarde n die wederkoms. Weens die vergeesteliking en allegorisering van Bybelse profesie is die chiliastiese leerstelling reeds deur die meeste kerke verwerp.

Daar was lank gelede egter beter dae in Suid-Afrika toe hierdie boodskap redelik algemeen verkondig is. n Bekende predikant en skrywer van weleer, dr. D.R. Snyman van Stellenbosch, was n chilias wat verskeie artikels in die tydskrif, Kyk, Hy kom! gepubliseer het. Dit is later in boekvorm deur CUM uitgegee onder die titel: Die komende Christus en die komende krisis. Hierin word die tekens van die tye, die herstel van Israel, die wegraping, die Antichris en die duisendjarige vrederyk beskryf. In die voorwoord van sy boek skryf dr. Snyman: Ons dink met dankbaarheid terug aan die ondersoek van die profesie deur manne soos wyle prof. N.J. Hofmeyr, ds. G.W.A. van der Lingen, ds. S.J. du Toit, prof. C.F.J. Muller en prof. J.I. Marais.

Hierdie stemme het egter stil geraak en verreweg die meeste van die huidige geslag gereformeerde predikante weet niks van begrippe soos die herstel van Israel, die wegraping, en die komende Antichris nie. Hulle ontken selfs dat die woord wegraping in die Bybel staan. In 1 Thessalonicense 4:16-17 s Paulus egter: Want die Here self sal van die hemel neerdaal met n geroep, met die stem van n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug.

Die woord wegvoer is n sinoniem van wegraap (harpazo in Grieks) en is geen onbekende begrip in die Nuwe Testament nie. In Openbaring 12:5 word die Here Jesus se hemelvaart ook deur hierdie begrip uitgedruk. Israel word hier as n vrou beskryf uit wie die Verlosser en Koning van die wreld gebore is: En sy het n manlike kind gebaar wat al die nasies met n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. Of u dus van weggevoer, weggeraap, of weggeruk praat, dit is presies dieselfde begrip. Mense wat hierdie belofte verwerp, moet maar verduidelik hoe anders hulle eendag van die aarde af na die hemel toe geneem wil word.

Wat is die groot rede waarom die chiliastiese wederkomsleer toenemend verwerp word? Dit staan in die pad van n menslik-bedinkte koninkryksteologie na aanleiding waarvan daar gestreef word om nog voor die wederkoms van Christus n magtige Christelike koninkryk op aarde te vestig. Transformasiebyeenkomste, ekumeniese bande en aansprake van groot herlewings word gebruik om hierdie droom te laat realiseer. Die deur word wyd oopgemaak vir almal om op n maklike manier deel van die beweging te word en hande te vat.

Hierdie scenario is totaal in botsing met die Bybelse beskrywing van swaar tye en n groot afval in die laaste dae, asook n groot verdrukking soos daar nog nooit was nie (Matt. 24:21). Die antichiliaste wil self oor die wreld regeer, daarom wil hulle glad nie glo dat toestande s gaan versleg dat die Antichris beheer oor die wreld gaan kry nie. Volgens hulle gaan daar nie n groot verdrukking wees nie, daarom het hulle ook geen behoefte aan n wegraping om dit te ontvlug nie.

Hulle glo ook nie aan die fisiese herstel van die volk Israel in hulle eie land nie, want hulle sien die kerk as die geestelike Israel van die Nuwe Testament. Dit is n baie populre vorm van die vervangingsteologie waardeur daar n ander inhoud aan Bybelse begrippe gegee word om dit vir die moderne mens meer aanvaarbaar te maak. Die verwerping van die Bybelse eskatologie het die weg gebaan vir die omverwerping van ander leerstellings, sodat die gevalle mens die bepaler van sy eie lotgevalle kan word. In die proses raak hy totaal van Bybelse waarhede vervreem.

2. Die leer oor heiligmaking

In die herlewingstyd in die 18de en 19de eeue is daar sterk klem gel op heiligmaking as n verdere genadewerk n bekering. Paulus s: Dit is die wil van God: julle heiligmaking hy wat dit verwerp, verwerp nie n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het (1 Thess. 4:3,8). Gelowiges wat hierdie leer in die geloof aanvaar, het n nuwe ontmoeting met die Here wat ook as vervulling met die Heilige Gees, of hartsreiniging, beskryf kan word. Hierdeur word lou, kragtelose, vleeslike, biddelose en wreldsgesinde Christene op n pad van wesenlike en voortgaande geestelike groei geplaas. Hulle verkry oorwinning oor versoekings en vleeslikheid en wy hulleself heelhartig aan die saak van evangelisasie.

Dit was die belangrike boodskap wat Andrew Murray en n paar ander predikante in die herlewingstyd in Suid-Afrika verkondig het, en het n groot verandering in die geestelike lewe van baie Christene gebring. Sedert die middel van die 20ste eeu is die leer oor heiligmaking as n tweede genadewerk egter toenemend in gereformeerde kringe verwerp, en daar is selfs neerhalend na die sogenaamde second blessing verwys.

Die tragiese gevolg hiervan is dat bekeerdes nie meer na geestelike volwassenheid opgroei nie, omdat hulle nie weet wat dit is om n volle oorgawe te maak en die kruis van selfverloning op te neem nie. Wat gebeur as die ou natuur nie aktief en daadwerklik oorgelewer word om met Christus gekruisig te word nie? Die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar sodat julle nie kan doen wat julle wil nie (Gal. 5:17).

Dit is eers as ons onder die volle beheer van die Heilige Gees is en elke dag deur die Gees wandel, dat ons die belofte van heiligmaking verkry het. S n persoon sal deur die Heilige Gees geleer en vir diens toegerus word, en hoef nie die geestelike leemte in sy lewe slegs deur akademiese studies te probeer vul nie. Oorredende woorde van menslike wysheid is nie n aanwins vir evangelieverkondiging nie, omdat sulke mense se boodskappe dikwels nie in die betoning van gees en krag is nie. Studie is belangrik, maar Bybelstudie moet voorkeur b die lees van boeke geniet veral agnostici se boeke. Wanneer boeke wl gelees word, moet eers seker gemaak word dat die evangeliese standaard van die skrywer bo verdenking is.

Waarom word die leer oor heiligmaking as n verdere genadewerk in ons tyd verswyg en selfs totaal verwerp? Omdat dit hoofsaaklik op die mens-God-verhouding fokus en mense leer wat dit vereis om die smal pad nougeset te bewandel. Gelowiges wil vandag permissief leef en nie baie tyd aan die Here en sy Woord bestee nie. Hulle verkies om hulle aandag van die Here af na ander mense te verskuif en hulle menseverhoudings te verbeter. In plaas van persoonlike heiligheid en morele onberispelikheid het hulle n voorliefde vir temas soos naasteliefde en die barmhartige Samaritaan. Hulle wil sosiale euwels soos ongelykhede, diskriminasie, armoede, siektes en ongeletterdheid uitskakel om sodoende n meer harmonieuse en gelukkige menslike samelewing te skep. Dit is deel van hulle koninkrykshervormings en het in werklikheid niks met mense se geestelike behoeftes te doen nie.

Humanitre programme vir sosiale opheffing mag goed en nodig wees, maar as dit nie met duidelike evangelisasie gepaard gaan nie, sal die eindresultaat n moderne heidendom wees.

3. Die verlossingsleer

Nadat daar in afvallige kerke met die chiliastiese wederkomsleer en die leer oor heiligmaking weggedoen is, word die evangeliese verlossingsleer aangeval. Bekering word maklik gemaak omdat sonde nouliks genoem word. Wedergeboorte word aan goedkoop genade verbind deur middel van kerklike ritualisering wat op doopsaligheid gebaseer is. Die gevolg hiervan is vormgodsdienstige lidmate wat die Here net met hulle lippe bely, terwyl hulle onweergebore harte ver van Hom af is (Matt. 15:8-9).

Dit is tot sulke geestelik veragterde en teruggevalle kerke dat die oproep van die Here Jesus kom: Ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie (Op. 2:4-5). Indien sulke gemeentes nie die evangeliese verlossingsleer en die leer oor heiligmaking in ere herstel nie, sal die Here sy kandelaar van hulle af wegneem en dan sal totale duisternis in hulle midde heers.

Dit is presies wat die duiwel wil h, want dan kan hy in die duisternis van onkunde en die afwesigheid van n werklike verhouding met die Here Jesus, hulle sinne verder verblind om in totale goddeloosheid te verval. As sulke mense nie, soos die verlore seun, na die Here terugkeer nie, dan gaan hulle voort op die weg van dwaling om ook die oorblywende fondamente van die Christelike geloof te verwerp. Hulle kan dan gemaklik met ander ongelowiges hande vat, selfs met die nie-Christelike gelowe, onder die misleidende opvatting dat almal dieselfde God aanbid.

4. Die Bybel as God se Woord

Die vierde Christelike fondament wat val in die eindtydse rebellie teen God, is die Bybel as die foutlose en letterlik genspireerde Woord van God. Wanneer dt gebeur, word die Christelike geloof in sy geheel in diskrediet gebring omdat die Bybel ons enigste bron vir alle Christelike leerstellings is. Die volgende standpunte oor die Bybel word algemeen deur afvalliges gehuldig:

       Dit bestaan uit menslike geskrifte wat vol foute en teenstrydighede is.

       Die outeurs van die Bybel het in terme van n primitiewe wreldbeeld geskryf toe mense nog in mites geglo het soos n slang, n draak of duiwel wat n koninkryk iewers in die lug het, van waar hy die mensdom treiter, versoek en mislei.

       Primitiewe denke het daartoe gelei dat mense in bonatuurlike verskynsels soos maagdelike geboortes, opstanding uit die dood, hemelvaart, wonderwerke, engele, n hemel en n hel geglo het. n Moderne, wetenskaplike wreldbeeld maak nie vir sulke beweerde irrasionele begrippe ruimte nie.

       Die Bybel word as n historiese en tydgebonde boek beskou wat nie op moderne gemeenskappe van toepassing is nie. Die vrou het in daardie stadium n minderwaardige sosiale posisie beklee, en mense se vryhede is in die algemeen erg aan bande gel. As gevolg van hierdie uitgediende persepsies het homoseksuele ook n slegte naam gekry. Die moderne mens sien dinge anders.

       Die vroe dissipels wou, soos die volke rondom Israel, ook n god h om in te glo, en het as gevolg daarvan besluit om n nuwe godsdiens te begin en vir Jesus tot God te verklaar, terwyl Hy self geen aanspraak op godheid gemaak het nie.

       Bybelse profesie skilder n donker prentjie oor die toekoms omdat Israel in voortdurende vyandskap met ander volke geleef het. Daar word beweer dat al hierdie profesie met die val van Jerusalem en die verstrooiing van die Joodse volk in 70 n.C. vervul is.

Wat wil die afvalliges met hulle venynige veldtog teen die Bybel as God se Woord bereik? Hulle wil n multigodsdienstige agenda bevorder waarin geloofwaardigheid aan die heilige geskrifte van alle gelowe verleen word. Hulle lees die Bybel deur n postmoderne bril en met n groot mate van vooroordeel, terwyl hulle groot waarde aan die Koran, die Vedas en ander geskrifte heg. Nou, meen hulle, kan daar waarlik vrede op aarde geskep word deur alle gelowe gelyk te stel.

5. Die Drie-enige God

Die mees fundamentele Christelike leerstelling wat deur die liberale teologie aangeval en verwerp word, is die Drie-enige God God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Na die Vader word daar slegs in enkelvoudige sin as die universele God van alle gelowe verwys. Titels uit ander gelowe word ook aan hom toegeskryf, bv. Allah en Brahma. Hy het nie n seun nie net n aantal profete wat as tussengangers tussen hom en die mensdom optree. Die Heilige Gees word as die fasiliteerder van bonatuurlike, ekstatiese ondervindings gesien, en Oosterse meditasie word as n tegniek beoefen om met Hom kontak te maak.

Die grootste aanslag is egter op die persoon en attribute van die Here Jesus, want volgens die Bybel woon die volheid van die Godheid liggaamlik in Hom (Kol. 2:9). As Hy in diskrediet gebring kan word, dan val die Christendom, want Hy is die Woord wat vlees geword het en die rots waarop ons geloof gebou is. Na aanleiding van sogenaamde wetenskaplike navorsing oor die historiese Jesus word die Here Jesus se maagdelike geboorte, messiasskap, godheid en opstanding uit die dood ontken, asook sy hemelvaart. Hy word afgebring na die vlak van n gewone profeet wat net n sterflike mens was. As sodanig word hy met ander profete gelykgestel, bv. Boeddha, Mohammed, Krisjna en ander.

Dit is baie duidelik waarom die Here Jesus se Bybelse beeld op n tipies postmoderne wyse gedekonstrueer word, want daarsonder kan Hy nie n eindtydse herverskyning maak as die universele Christus van alle gelowe nie. Daar mt eers van Hom n ander Jesus gemaak word (2 Kor. 11:4). In die huidige toestand van verdorwe, humanistiese denke kan hierdie ander Jesus namens alle gelowe kom en die koning van die misleide mensdom word. Dit is wl wat gaan gebeur, want postmoderne teolo se valse, historiese Jesus kan gemaklik met die ander gelowe identifiseer en almal in een groot wreldbroederskap saamvoeg. Hy sal aan die hoof staan van die koninkryk wat die geestelik verwarde koninkryksteolo nou help vestig.

Slot

Ons is nou in die tyd waarin die fondamente van die Christelike geloof weens grootskaalse afvalligheid in die tradisionele Christenwreld reeds geval het, of in n gevorderde stadium van verwerping is. Saam met hierdie gebeure word die fondamente vir n alternatiewe godsdiens en koninkryk gel, wat onder die beheer van die Antichris sal staan.

Misleide teolo en kerke sal ontken dat hulle n moderne toring van Babel gebou en die pad vir die Antichris geteer het. Dit is egter presies wat hulle besig is om te doen. Wanneer die Antichris kom, sal hy hulle koninkryksdrome verwesenlik en godsdienstig hulle taal praat. Hy sal volgens Openbaring 6:2 as n vredevors kom wat op n wit perd ry. Hy sal alle gelowe vir hulle bydrae prys en sodoende goeie verhoudings, eenheid en vrede op aarde bevorder. Hy sal in sy optrede s inspirerend en nie-veroordelend voorkom dat niemand aanvanklik deur sy bedekte bedrog sal kan sien nie. Johannes s die hele wreld sal verwonderd en in openlike verering agter die dier aangaan en hom ook as hulle gemeenskaplike wreldmessias aanbid (Op. 13:3-8).

Die Antichris sal egter binne n paar jaar sy ware kleure as n gesant van Satan wys. In die middel van die sewe jaar lange verdrukking sal hy baie mense skok wanneer hy homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God verklaar (2 Thess. 2:4). Hierdie daad van uiterste arrogansie sal na groot testand teen sy beleid en aansprake lei, en as gevolg van al die teenkanting sal hy n militre diktatuur instel om sy beleid deur geweld af te dwing. Sy volgelinge sal nog s: Vrede en veiligheid dan oorval n skielike verderf hulle (1 Thess. 5:3).

Hierdie skrikbewind sal volgens Openbaring 13:5-7 vir 42 maande lank voortduur. In Openbaring 19:19-21 lees ons van die skielike vernietiging van die Antichris, die valse profeet en hulle miljoene volgelinge op die dag van Jesus Christus se wederkoms, want vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God (Heb. 10:31).

Hierdie oordele is die noodwendige gevolg van die huidige proses van die omgooi van Christelike fondamente. Hoe uiters dwaas is dit nie om enige deel hieraan te h! Daar is ongelukkig baie mense wat nog nie duidelik genoeg standpunt teen hierdie proses van verval ingeneem het nie. Die Here Jesus s dat daar n groter skeiding tussen geregtigheid en ongeregtigheid moet kom, veral nou in die eindtyd: Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees (Op. 22:11-12).

Paulus sluit hierby aan wanneer hy s: Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring (2 Kor. 7:1). Besoedeling van die vlees is morele sondes, terwyl die besoedeling van die gees op leerstellige dwalings, bygeloof en ongeloof dui. Hiervan moet ons ook gereinig word. Dit sal alleen gebeur as ons met die Gees van God vervul is, verligte o van die verstand het en deur die onvervalste melk van die Woord gevoed word (1 Pet. 2:2).

Meer as ooit tevore moet ons met vrymoedigheid ons lig tot die eer van die Here en sy koninkryk laat skyn. Sonder duidelike geloofsoortuigings sal ons deur die mag van die duisternis oorval en meegesleur word, en uiteindelik ook die krag van die dwaling ontvang om in leuens te glo (2 Thess. 2:7-12). Afvallige teolo wil h dat ons ons geloof in die Here en sy Woord, op die altaar van humanistiese rasionalisering aan die god van hierdie gevalle wreld moet offer (2 Kor. 4:4). Mag die Here ons hiervan bewaar en ons geestelik toerus en bekragtig om onberispelik voor Hom te verskyn, sodat Hy op di dag ook aan ons kan s: Jy het my Woord bewaar en my Naam nie verlon nie (Op. 3:8).