Prof. Johan Malan, Mosselbaai (November 2012)
Die eindtydse verskyning van die Antichris sal die finale stap wees in ’n demoniesgeďnspireerde program vir die vestiging van antichristelike denke en optredes wat al eeue lank voortduur. Die einddoel met hierdie program is om die węreldbevolking geestelik, moreel en intellektueel van God en sy Woord te vervreem sodat die misleide mensdom vrywillig onder die regstreekse beheer van ’n antichristelike węreldregering sal inskakel.
Die verwesenliking van hierdie doelwit is afhanklik van die verskyning van die Antichris as ’n diplomaat en vredevors wat so suksesvol sal wees dat hy as ’n węreldleier aanvaar en selfs as ’n verlosser vereer en aanbid sal word. Hy sal die verpersoonliking van sataniese mag op aarde wees, want die duiwel sal aan hom sy krag gee en sy troon en groot mag (Op. 13:2).
Hierdie vyandige, demoniese mag was sedert Lucifer se uitwerping uit die hemel vanuit ’n mistiese sfeer werksaam om mense te mislei en van God afvallig te maak. Alle mense is in ’n stryd teen Satan en sy demone gewikkel: “Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die węreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Ef. 6:12). Die duiwel is “die owerste van die mag van die lug” (Ef. 2:2) en het geestelik en moreel feitlik die hele węreld in sy mag gekry (1 Joh. 5:19).
Satan se geestelike mag gaan onder die leiding van die Antichris en valse profeet na die vestiging van ’n sigbare węreldregering lei. Dit sal ’n renegaatregering wees wat alle mense eers deur misleiding onder sy mag sal probeer kry, maar 3˝ jaar later sal dit in ’n genadelose militęre diktatuur omskep word wanneer teenkanting teen die Antichris wydverspreid begin voorkom.
Daar is verskeie aspekte van die Antichris en sy toekomstige regering wat in die Bybel beskryf word:
Die koninkryk van Satan is in ’n stryd teen die koninkryk van God gewikkel met die vaste doel om die heerskappy oor die heelal te verkry. Die opponerende koninkryk van die duisternis is onder die beheer van ’n sataniese driemanskap wat ’n nabootsing is van die drie-enige God. Die duiwel is die teëbeeld van God en streef daarna om as die universele god van alle gelowe aanbid te word. Die Antichris is die teëbeeld van Christus en sal homself as die verlosser en koning van die hele węreld probeer vestig. Die valse profeet is die teëbeeld van die Heilige Gees, wat die mensdom deur sy wonderwerke sal mislei om die Antichris te aanvaar en te aanbid. Hy sal ook aan sy slagoffers okkultiese gawes verleen om bonatuurlike magte te kan beoefen.
Geestelike misleiding het reeds so ver gevorder dat feitlik die hele węreld gereed is om op ’n intergeloofsvlak erkenning te gee aan die universele god van alle gelowe. Hulle beskou hom as die enkelvoudige Skeppergod wat homself deur alle godsdienste en onder verskillende name aan die mensdom geopenbaar het. Hierdie “god” het nie ’n seun nie – net ’n groot aantal profete, of meesters van wysheid, wat namens hom opgetree het. Onder hulle is Boeddha, Krisjna, Jesus en Mohammed. Die intergeloofs-Jesus wat deel van hierdie gelykwaardige groep profete is, is duidelik ’n “ander Jesus” wat nie God of die unieke Seun van God is nie (2 Kor. 11:3-4).
Die Bybel beskryf die misleide volgelinge van die universele god van alle gelowe as “ongelowiges in wie die god van hierdie węreld [Satan] die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor. 4:4). Hierdie valse god beplan om in die plek van Christus ’n valse christus na die aarde te stuur om die koning en verlosser van die misleide mensdom te wees. Hy sal as die kosmiese messias, die węreldmessias, of die messias van alle gelowe bekend staan, en ’n inklusiewe benadering volg deur daarop aanspraak te maak dat hy alle gelowe verteenwoordig.
Die valse profeet sal waarskynlik aan die hoof staan van ’n multigodsdienstige organisasie, en as sodanig die geestelike hoof van die węreldgodsdienste wees. Hy sal oor besondere sataniese vermoëns beskik om mense met behulp van skouspelagtige wonderwerke te mislei. Sy oortuigingswerk sal ’n nabootsing van die Heilige Gees se werk wees, maar hy sal leuens verkondig en die krag van die dwaling in mense se harte vestig (2 Thess. 2:8-11). Die “gees van die dwaling” sal van hom uitgaan (1 Joh. 4:6).
Alle Bybelse profesieë oor die Antichris dui ondubbelsinnig daarop dat hy in die eindtyd, kort voor die wederkoms van die ware Christus, sal verskyn. Hy sal geopenbaar word nadat die kerkbedeling deur middel van die wegraping afgesluit is, en sal dan vir sewe jaar lank oor die węreld regeer. Hierdie sewe jaar staan ook bekend as die 70ste jaarweek van Daniël (Dan. 9:27; ’n jaarweek is ’n periode van sewe jaar – Lev. 25:8). Aan die einde van die sewe jaar van die verdrukking sal die Antichris tydens die wederkoms van Christus verdelg word. Paulus sę:
“En nou, julle weet wat hom [die Antichris] teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is [die wegvoering van die kerk]; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Thess. 2:6-8).
Die Antichris sal dus ’n lewende persoon op aarde wees wanneer Christus weer kom; hulle ontmoeting sal van korte duur wees en sal eindig in die bedrieër se verdoeming tot die poel van vuur. Johannes sę: “En ek het die dier [die Antichris] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit [Christus], en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand” (Op. 19:19-20).
Dit is belangrik dat ons Bybelse profesieë oor die eindtyd futuristies sal vertolk, en veral in ’n tyd soos hierdie sterk op die vervulling daarvan ingestel sal wees. Ons moenie die fout maak om profesieë oor die Antichris histories (preteristies) te verklaar en as gevolg daarvan as irrelevant vir die huidige tyd te beskou nie. Mense wat hierdie benadering volg, sien nie die ernstige tekens van die tye raak nie (Luk. 12:54-56) en diskwalifiseer hulleself om teëhouers van die Antichris te wees wat standpunt teen sy goddelose ideologie inneem.
Baie mense probeer vasstel waarvandaan die Antichris sal kom. Uit Daniël se bespreking van die antieke węreldryke is dit duidelik uit watter provinsie (of land) die Antichris na vore sal kom. Daniël stel hom binne die raamwerk van die Romeinse Ryk voor as een uit tien (Dan. 7:20-26), en daarna binne die verband van die Griekse Ryk as een uit vier (Dan. 8:8-9). In Daniël 11 word die sirkel nóg nouer getrek, en word die Antichris in die gebied van die Griekse Ryk as een uit twee voorgestel: die koning van die Noorde (Sirië) of die koning van die Suide (Egipte). In die stryd tussen hierdie twee koninkryke is die koning van die Noorde die oorwinnaar en in Daniël 11:31-45 word die eindtydse koning van die Noorde as die Antichris beskryf.
Die enigste gebied wat aan al drie hierdie beskrywings voldoen, is Sirië – dit was een van die tien provinsies in die Romeinse Ryk, een van die vier provinsies van die Griekse Ryk, en later ook die magsbasis van die koning van die Noorde. Die antieke Siriese provinsie was baie groter as die moderne Sirië en het ook die huidige Irak, Libanon en Koeweit ingesluit. In antieke tye was dié gebied soms as Assirië of Babilonië bekend, afhangende daarvan of dit uit Damaskus of Babilon beheer is.
Volgens Openbaring sal die Antichris kenmerke van al die antieke węreldryke hę. In Openbaring 13:1-2 gebruik Johannes dieselfde simbole vir die ou węreldryke as wat in Daniël 7:4-6 gebruik word. Die Antichris word voorgestel as ’n saamgestelde dier met die bek van ’n leeu (Babilonies), die pote van ’n beer (Medo-Persies), die lyf van ’n luiperd (Grieks), en ’n kop met tien horings (Romeins). Soos in die Babiloniese Ryk sal hy ’n afgodsbeeld laat maak en alle onderdane van sy ryk dwing om voor die beeld neer te buig en dit te aanbid. Soos in die Medo-Persiese Ryk sal hy ’n Joodse volksmoord gelas wanneer Israel in onguns by hom raak, en hy sal deur middel van die onveranderlike wette van die Meders en Perse regeer, m.a.w. deur militęre dekrete. Soos in die Griekse Ryk van Alexander die Grote sal hy ’n snelontplooiingsmag op die been bring wat oral op kort kennisgewing sal kan toeslaan om sy gesag te handhaaf. Soos in die Romeinse Ryk sal immoraliteit, korrupsie en blinde geweld hoogty vier, asook summiere openbare teregstelling van alle teëstanders van sy ryk.
Die feit dat die Antichris se węreldryk tegelyk ’n herlewing van al vier hierdie węreldryke sal wees, impliseer dat hy uit ’n gebied sal kom wat met al vier dié ryke geassosieer kan word. Slegs die Siries-Babiloniese gebied voldoen aan hierdie vereiste, want dit was die hartland van die Assiriese en Babiloniese Ryke. Dit is die rede waarom Jesaja na die Antichris as die Assiriër verwys (Jes. 10:12-13). Verder was Sirië een van die vier provinsies van die Griekse Ryk waarin Antiochus Epifanes onder andere regeer het, terwyl dit ook een van die tien provinsies van die Romeinse Ryk was. Laasgenoemde was ’n Mediterreense Ryk wat nie net lande in Wes- en Oos-Europa ingesluit het nie, maar ook in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Die eindtydse herstel van die Romeinse Ryk vereis dus dat lande in dié gebiede ook nog deel van die Europese Gemeenskap sal word.
Die Antichris gaan aanvanklik sy verskyning as ’n vredevors op aarde maak. Dit sal waarskynlik tydens ’n groot oorlog in die Midde-Ooste gebeur (Eseg. 38 & 39) en hy sal krediet opeis vir die beëindiging van daardie oorlog. Sy plan vir ’n nuwe węreldorde sal ook hoop op ekonomiese herstel en politieke stabiliteit aan die węreld bied, en as gevolg daarvan sal alle nasies ’n verbond met hom sluit. Eers teen die middel van die verdrukking wanneer opstande teen sy ryk begin voorkom, sal hy ’n militęre diktatuur instel en alle mense deur dwang aan sy gesag onderwerp. In Openbaring 6 word die openbaring van die Antichris progressief beskryf, na aanleiding van vier perde wat kort ná mekaar op die węreldtoneel verskyn:
Die wit perd en sy ruiter stel die Antichris as vredevors voor wat globalisme en harmonie op alle terreine sal bevorder (Op. 6:2). Politieke globalisme sal gestalte verkry deur alle mense as węreldburgers te beskou wat verenig sal word onder die gesag van ’n węreldregering met uitvoerende magte. Godsdienstige globalisme sal verseker word wanneer alle gelowe, onder die invloed van ekumeniese denke, die komende christus van alle gelowe as hulle gemeenskaplike messias sal erken en vereer. Ekonomiese globalisme sal in ’n sentraalbeheerde, kontantlose węreldekonomie ’n werklikheid word.
Ná 3˝ jaar van valse vrede en eenheid wat deur antichristelike globalisme meegebring is, sal opstande teen die Antichris se węreldryk voorkom en daar sal ook ’n aanslag op sy lewe gemaak word (Op. 13:3, 12). Hy sal ’n skielike gedaanteverwisseling ondergaan van valse vredevors tot militęre diktator, en daarna sy opmars na węreldheerskappy voortsit as die ruiter op die rooi perd van oorlog (Op. 6:4). As gevolg van verslegtende toestande in sy oorlogsekonomie, wat na hongersnood en tekorte in verskeie lewensmiddele sal lei, sal hy ’n stelsel van streng rantsoenering instel en sodoende die ruiter op die swart perd word (Op. 6:5). As die ruiter op die vaal perd (Op. 6:8) sal hy toenemend by oorloë betrokke raak en soveel as moontlik mense doodmaak om saam met hom na die verderf te gaan (Dan. 11:44).
Die Antichris sal daarin slaag om homself voor te doen vir wat hy nie is nie. Soos wat die duiwel homself as ’n engel van die lig kan voordoen (2 Kor. 11:14), sal die Antichris homself as ’n spesiale gesant van God voordoen wat gekom het om vrede en eenheid op aarde te bring. Sy pretensie sal so oorredend wees dat die Jode hom as die beloofde Messias sal aanvaar (Joh. 5:43). Ander godsdienste sal dieselfde doen, en dit sal aan hom ook titels besorg as die Christus, die vyfde Boeddha, Krisjna en ander – inderdaad ’n universele Messias vir alle gelowe. In sy hart sal hy egter almal verag en haat wat die ware God of enige ander gode aanbid, en sal hy daarna streef om self as die enigste God aanbid te word. Hy sal gedurig met verborge agendas besig wees en nie een van sy volgelinge sal presies weet waar hulle met hom staan nie.
In die middel van die verdrukking sal die donker deel van sy karakter na vore kom wanneer hy homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God sal verklaar (2 Thess. 2:4) en almal sal laat teregstel wat weier om hom as God te aanbid (Op. 13:15). Hy sal ’n militęre diktatuur instel en ’n massamoordenaar word. Dit sal dan vir almal duidelik wees dat hy die mens van sonde en seun van die verderf is (2 Thess. 2:3). Hy sal węreldwyd ’n sondekultuur vestig waarin geweld, korrupsie, bedrog, wanorde en alle denkbare immorele dade hoogty vier. Hy sal die verpersoonliking van sonde wees, daarom sal hy God, die ware Christus en almal wat die Naam van die drie-enige God bely, erg belaster (Op. 13:5-6). Hy sal militęr teen die Christene optree (Op. 13:1), asook teen Jesus Christus self tydens sy wederkoms (Op. 19:19-20).
Die Antichris sal God se orde van selfbeskikkende volke binne hulle eie, onafhanklike woonplekke verwerp (Hand. 17:26) en almal van hulle in ’n węreldstaat integreer waarin nasionale grense van minder belang sal wees. Mense sal oral aangemoedig word om nie eng, nasionalistiese beskouings te huldig nie, maar hulleself eerder as węreldburgers te sien. Alle plaaslike regerings sal aan die oorhoofse gesag van die węreldregering onderworpe wees en verplig wees om die beleid daarvan ten volle toe te pas en uit te voer. Die Antichris sal mag verkry “oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:7).
Saam met die politieke globalisering van die węreldbevolking sal die Antichris ook internasionale beheer oor die geldmag instel: “Want hy sę: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos 'n maghebber neergewerp. En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na 'n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos 'n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat 'n vlerk verroer of 'n bek oopgemaak of gepiep het nie” (Jes. 10:13-14)
Volgens Openbaring 13:16-18 sal daar in die tweede helfte van die verdrukking ’n kontantlose węreldekonomie ingestel word, waarin niemand sal kan koop of verkoop sonder om ’n eed van getrouheid aan die Antichris af te lę en sy nommerstelsel te aanvaar nie. Die elektroniese beheer van hierdie stelsel sal die węreldregering nie net in staat stel om alle finansiële transaksies te monitor nie, maar ook die bewegings van ekonomies aktiewe mense – waar hulle ook al koop of verkoop.
Die basiese ideologie van die Antichris vloei voort uit die begrip monisme of holisme – alles is een. Op grond van hierdie ideologie sal hy węreldeenheid (globalisme) op elke lewensterrein bevorder, veral op die politieke, godsdienstige en ekonomiese terreine. Alles wat in stryd is met sy monistiese hervormings sal as ongewens en verdelend beskou en daarom verwerp word. Dit beteken dat vorms van nasionalisme wat in die pad van internasionalisme staan verbied sal word. So ook sal geen vorm van godsdienstige eksklusiwiteit geduld word nie omdat dit die hervormings na godsdiensgelykheid en uiteindelike godsdienseenheid in die węreld sal belemmer. Ekonomiese eenheid sal verkry word deur die instelling van ’n enkele monetęre stelsel, ’n enkele beheerliggaam vir die węreldekonomie, sowel as ’n billike manier vir die herverdeling van rykdom. Volke sal hulle soewereiniteit én ekonomiese onafhanklikheid verloor.
Sintetiese denke van hierdie aard is direk in botsing met die Bybelse beginsels van antitetiese (teenstellende) denke. Vir ’n Christen is daar twee groot werklikhede waarmee hy rekening moet hou (dualisme). Daar is dus nie ’n enkelvoudige waarheid nie, maar ’n diversiteit wat hom voor keuses stel. Hy moet onderskeid tref tussen God se koninkryk en Satan se koninkryk, Christus en die Antichris, lig en duisternis, die enigste ware godsdiens en al die valse gelowe. Hierdie węreldbeskouing sal Christene op alle terreine van hulle bestaan in botsing bring met die denkwyse, beleid en hervormings van die Antichris, en as gevolg daarvan sal daar geen ruimte vir kompromislose Christene in sy węreldryk wees nie. Hulle sal derhalwe vervolg word.
Die Antichris se finale doel is om die drie-enige God van die Bybel geheel en al deur die alternatiewe godsbegrip van sy sataniese nuwe węreldorde te vervang. In plaas van Jahweh moet die god van hierdie węreld aanbid word, in plaas van Christus moet die universele christus van alle gelowe aanbid en nagevolg word, en in plaas van die Heilige Gees moet die intergeloofsprofeet (die valse profeet wat saam met die Antichris sal optree) vir gawes en geestelike bemagtiging vertrou word.
Die Antichris sal in die lig van Bybelse profesieë weet dat sy nuwe węreldorde net sewe jaar lank sal duur. Gedurende die eerste 42 maande van sy regering sal die verskillende gelowe onder sy leiding kan voortbestaan en die tempel van die Jode ook herbou word. In hierdie tyd sal daar twee spesiale getuies van die Here in Jerusalem wees wat die Jode teen die valse messias sal waarsku. Dit sal na opposisie teen die valse messias en sy regering aanleiding gee. In die middel van die verdrukking sal die Antichris hierdie getuies egter oorweldig en doodmaak (Op. 11:1-10).
Die dramatiese gebeure van die middel van die verdrukking sal gevolg word deur die Antichris se militęre skrikbewind van die laaste 42 maande. Dit sal begin op die dag wanneer hy die tempel ontheilig deur homself daarin tot God te verklaar, die offerdiens afskaf, en ’n afgodsbeeld van homself in die Allerheiligste laat oprig: “En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal 1 290 dae verloop. Welgeluksalig is hy wat bly verwag en 1 335 dae bereik” (Dan. 12:11-12).
Aan die einde van die tweede helfte van die verdrukking, ná 1 260 dae, sal die ware Messias kom en dan die Antichris en sy magte verdelg. Ná 1 290 dae (wat ’n routyd van 30 dae insluit – Sag. 12:10-14) sal Israel met die Messias versoen wees en ná 1 335 dae sal hulle sy vrederyk beërf wanneer die troon van Dawid in Jerusalem herstel is (Hand. 15:16-17).
Die Antichris is bewus van Bybelse profesieë waardeur die einde van sy kort węreldryk voorspel word, en hy gaan alles moontlik doen om Christus te beveg en dood te maak sodat die Bybel verkeerd bewys kan word: “En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër” (Op. 19:19). Die Antichris en Satan sal ook demone inspan om die regerings van die węreld deur misleiding te oortuig dat hulle troepe na die Midde-Ooste moet stuur om teen die verwagte koms van Christus en sy hemelse leër te veg (Op. 16:13-14, 16).
Daar is geen onduidelikheid oor die uiteinde van die Antichris en sy misleide meelopers wat so arrogant sal wees om teen die ware Christus te probeer veg en te dink dat hulle Hom kan oorwin nie:
“En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:20-21; vgl. Sag. 14:12-13).
Die sterkste moontlike waarskuwing word gerig aan almal wat erkenning aan die Antichris gee, sy nommer aanvaar, hom aanbid, en sodoende van hulleself vyande van God maak:
“As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang” (Op. 14:9-11).
Ons is tans in die finale aanloopfase na die wegraping, wat die skeiding sal wees tussen die kerkbedeling en die daaropvolgende bedeling van die Antichris se regering van sewe jaar. In hierdie finale fase van die kerkdispensasie vind daar intensiewe klimaatskepping plaas om die mensdom op die verskyning en aanvaarding van die universele messias van alle gelowe voor te berei. Valse propaganda van dié aard is klaarblyklik baie suksesvol, want uiteindelik sal “die hele węreld verwonderd agter die dier aangaan” en hom ook saam met die universele god van alle gelowe aanbid (Op. 13:3-4). Hulle sal sy holistiese denke as die enigste oplossing vir ’n hoogs verdeelde en vyandige mensdom sien.
Die veldtog van eenwording met die verdorwe węreld gaan gepaard met lasterlike uitlatings oor die ware God en sy Seun. Liberale teoloë dekonstrueer die beeld van Jesus deur Hom totaal van sy Goddelike attribute te stroop. Die doel hiermee is om Hom met ’n “ander Jesus” te vervang wat nie maagdelik gebore is nie, nie die Seun van God is nie, nie die enigste Verlosser van die węreld is nie, nie die aanhangers van ander gelowe veroordeel nie, nie versoening vir sonde aan die kruis bewerk het nie, nie uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar het nie, en wat gevolglik ook nie uit die hemel na die aarde kan terugkeer nie (vgl. 2 Kor. 11:4). Wanneer hierdie leuens geglo word, is die pad oop vir die Antichris om as die messias van alle gelowe aanvaar te word.
Die veldtog teen die ware Jesus van die Bybel word węreldwyd gevoer, ook deur verskeie vooraanstaande Protestantse teoloë wat van fundamentele Bybelse waarhede afvallig geword het. Postmoderne Suid-Afrikaanse teoloë, asook hulle volgelinge, speel ’n groot rol om die Bybelse Jesus te dekonstrueer sodat Suid-Afrika ’n maklike teiken vir die Antichris sal wees. In ’n wye reeks boeke wat onder andere aan teologiese studente voorgeskryf word, word Jesus voorgehou as lid van ’n enkelouergesin en ’n gewone mens wat na bewering buite-egtelik deur ’n sondige man verwek is (dus nie deur die Heilige Gees nie), wat as ’n misdadiger tereggestel is sonder enige heilswaarde wat daaruit voortgevloei het, wat nie liggaamlik uit die dood opgestaan het nie, en wat daarna eensydig en verkeerdelik deur sy dissipels tot God verklaar is (vgl. Fatherless in Galilee deur A. van Aarde, 2001).
Een van hierdie teoloë het selfs ’n boek uitgegee waarin Jesus beskryf word as ’n sjamaan (tradisionele geneser of toordokter) wat siekes gesond gemaak en duiwels uitgedryf het. In die proses van divinasie het hy en sy dissipels glo alternatiewe bewussynstoestande, of transtoestande, beleef en dan hulle voorvadergeeste opgeroep wat in sommige gevalle aan hulle verskyn het (The life of a Galilean Shaman: Jesus of Nazareth in anthropological perspective deur P.F. Craffert, 2008).
Die “historiese Jesus” is die produk van spekulatiewe teologiese beredenering wat op fiktiewe aannames eerder as op feite gebaseer is. Hiervolgens was Jesus net ’n feilbare mens wie se denke deur die primitiewe węreldbeeld van sy tyd bepaal is. Daar is egter geen objektiewe historiese geloofwaardigheid wat gekoppel kan word aan die historiese Jesus wat gekonstrueer is deur teoloë wat nie enige eerbied vir Skrifgesag het nie. Gelukkig onderskei die liberale Jesus Seminaar-georiënteerde teoloë hulle Jesus van die kerugmatiese Jesus, of Jesus van geloof, waarin Bybelgelowige Christene glo. Dit is lewensbelangrik om tussen die twee Jesusse te kan onderskei, want ons word gekonfronteer met ’n keuse tussen die ware Jesus en verskeie valse voorstellings van Jesus wat almal verkondig word om ’n ingesteldheid te vestig wat bevorderlik is vir die aanvaarding van die Antichris.
Wat sę Paulus van teologiese dwalings wat in stryd is met dit wat die Bybel aan ons leer? “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!” (Gal. 1:6-8; vgl. 2 Kor. 11:2-4). In ’n ware Christen se lewe is daar geen plek hoegenaamd vir vervalsings van Jesus Christus en die Bybelse verlossingsleer nie.
Die lasterlike dinge wat postmoderne teoloë van die Here Jesus sę, vloei voort uit die gees van die Antichris. Hy sal sy mond oopmaak om te laster teen die drie-enige God (Op. 13:5-6). Die huidige veldtog teen Christus word deur die duiwel geďnspireer en is daarop ingestel om die pad vir die verskyning van die Antichris gereed te maak. Wanneer die relatief klein groep teëhouers van die Antichris uit die weg geruim is, sal die ongeregtige geopenbaar word om die nasies van die węreld deur middel van groot tekens en wonders te mislei (2 Thess. 2:6-10). Die tekens van sy koms kan reeds onderskei word – ook in die lesinglokale van groot teologiese kweekskole waar die Bybel nie meer geëer word as die foutlose grondslag vir Christelike optrede en denke nie. In hierdie kringe is daar ook ’n merkbare afwesigheid van ’n egte geloof wat verhewe is bo die nuttelose argumente van geleerdes wie se verstand nie deur die Heilige Gees verlig word nie.
Alle mense op aarde is óf volgelinge van die ware Christus en sy unieke evangelie van verlossing, óf van die valse christus en sy godsdienstige leuens – daar is nie ’n neutrale middeweg tussen die twee nie. Jesus het vir die Jode gesę dat indien hulle Hom nie as Messias ontvang nie, hulle noodwendig volgelinge van die valse messias sal word (Joh. 5:43). Dit geld ook vir alle ander mense.