Die Sabbat en die Sondag

Johan Malan, Universiteit van die Noorde

Opsomming: Die Joodse sabbat en die Christelike Sondag. Wat is die verband tussen hulle?

In Levitkus 23, waar die godsdienstige feesdae van Israel ingestel word, word die Sabbat eerste genoem, en word dit ook as n dag van geestelike toewyding aan die Here gekwalifiseer:

"Spreek met die kinders van Israel en s vir hulle: Die feestye van die Here wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye. Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit n dag van volkome rus, n heilige vierdag; gn werk mag julle doen nie dit is n Sabbat van die Here in al julle woonplekke" (Lev. 23:2-3).

Sabbatsonderhouding was dus deel van n heilige en aan God toegewyde lewenswandel:

"So s die Here: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie" (Jes. 56:1-2).

'n Dag van besondere toewyding

Terwyl sekulre werk gestaak moes word, moes die offers en toewyding aan die Here op hierdie dag verdubbel word. In plaas van een lam moes twee lammers geoffer word, met n ooreenstemmende vermeerdering van die fynmeel (Num. 28:9).

Op die Sabbat moes die Here meer as op ander dae gedien en aanbid word. Dit was ook die dag waarop vars toonbrode in die tempel geplaas moes word (Lev. 24:5-9). Al die stamme was hierin verteenwoordig, en dit was 'n simbool van die goeie werke wat hulle vir die Here moes doen.

In die Nuwe Testamentiese tyd moet ons steeds ywerig in goeie werke wees (Titus 2:14). Sonder om wetties te wees, moet ons baie prakties oor sake van hierdie aard wees. n Daaglikse ingesteldheid van diens aan die Here sal gou begin kwyn as ons nie ten minste een dag per week (op die rusdag wat hiervoor gereserveer is) tot nuwe gehoorsaamheid en toewyding opgewek word nie.

Die Sabbat is dus veel meer as net n dag van fisiese rus. Dit is veral n dag waarop die verstand en gedagtes van die mens vry van sy sekulre verantwoordelikhede moet wees om die Here te kan aanbid, sy Woord te oordink en goeie werke te beplan. Terwyl dit waar is dat geestelike toewyding n algemene lewensrel moet wees, is dit net eenvoudig n feit dat ons gedagtes op ander dae tot n groot mate deur ons aardse verpligtinge in belsag geneem word.

Neem die afsondering en geleenthede vir aanbidding en geestelike introspeksie wat die dag van die Here aan jou bied, weg, en kyk hoe jy self daaronder sal ly! Nie net sal jy geestelik begin veragter nie, maar die duiwel sal gou aan jou n klomp dringende werk, inkopie-verpligtinge en sportgeleenthede bied wat jy op hierdie dag mt doen. Jy sal dan die nuwe week sonder die nodige geesteskrag en herstelde liggaamskragte ingaan, deur rusteloosheid en geriteerdheid geteister word en ook makliker die slagoffer van versoekings word.

In die Here Jesus sou die Sabbat, of weeklikse rusdag, onder die nuwe verbond n nuwe, dieper betekenis kry en ook op sy opstandingsdag gevier word. Hy sou beslis nie die Here van die Sabbat wees net om hierdie dag te vernietig nie. Mattheus bevestig die feit dat Jesus die gesag het om van die Sabbat n Christelike dag van rus en toewyding, of dag van die Here, te maak. Twee vrae ontstaan egter onmiddellik: (1) Waarom is die Nuwe Testamentiese dag van die Here n dag n die Ou Testamentiese Sabbat?, en (2) Gee die Ou Testament enige aanduiding van s n dag n die Sabbat wat in n toekomstige bedeling van groot belang sou wees?

Op hierdie twee vrae is daar duidelike antwoorde in Levitikus 23:

Opstandingsfees

Eerstens is daar die groot klem op sowel die betekenis van die Fees van die Eerste Vrugte as die besondere dag waarop dit gevier moes word:

"Spreek met die kinders van Israel en s aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van die Here beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag n die Sabbat moet die priester dit beweeg" (Lev. 23:10-11; my beklemtoning).

Die eerstelingsgerf wat direk n die Pasga en die Fees van die Ongesuurde Brode as beweegoffer gebring moes word, is n tipe van die opstanding van Jesus uit die dode. Die koringkorrel wat in die grond geval en gesterf het, het nou sy eerste vrug opgelewer en die begin van n groot oes geword wat in die Nuwe Testament in die Naam van die Here Jesus ingesamel sou word. In n sekere sin moet ons almal saam met Christus sterf en ook saam met Hom in n nuwe lewe opgewek word om vir God welgevallig te wees:

"Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes... Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het" (1 Kor. 15:16-17, 20).

Die groot betekenis van opstandingsdag in die Nuwe Testament staan dus onteenseglik vas. Net so ook is die vaste uitspraak oor die dag waarop dit sou plaasvind, nl. die dag n die Sabbat. Profeties is dit dus bepaal dat Jesus op n Sondag uit die dood sou opstaan, en dat Hy op di dag die volk vir God welgevallig sou maak.

Die dag n die Sabbat word ook die agtste dag genoem. Agt is die getal van nuwe dinge in die Bybel, omdat die agtste dag ook die eerste dag van n nuwe week is. In n brer verband verwys dit na die eerste dag van n nuwe bedeling in die raadsplan van God.

Geboortedag van die kerk

Die kerk van Christus het sy formele beslag op n Sondag gekry. Dit was op die Pinksterfees toe die Heilige Gees uitgestort is. In daardie stadium was Israel vir 1 500 jaar reeds georinteer dat die Pinksterfees elke jaar slegs op n Sondag gevier moes word:

"Dan moet julle tel van die dag n die Sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; tot die dag n die sewende Sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle n nuwe spysoffer aan die Here bring" (Lev. 23:15-16; my beklemtoning).

Die Fees van die Eerste Vrugte is dus op die eerste dag (n Sondag) deur die beweegoffer van die eerstelingsgerf ingelui, en 50 dae later (weer op n Sondag) deur die Pinksterfees afgesluit. Pinksterfees beteken letterlik Die Fees van die Vyftigste Dag.

Ons weet vir seker dat Jesus op n Sondag uit die graf opgestaan het, en daardeur die eersteling geword het van di wat uit die dode opgestaan het (Matt. 28:1; Joh. 20:1). Daarna het 40 dae tot met sy hemelvaart verloop (Hand. 1:3), en nog tien dae waarin die dissipels op die uitstorting van die Heilige Gees gewag het. Op die vyftigste dag, wat presies met die Ou Testamentiese Pinksterfees saamgeval het, is die Heilige Gees uitgestort (Hand. 2:1-3). Op daardie Sondagoggend het die bedeling van die kerk begin.

Kan u sien dat dit slegs deur God se beskikking is dat die belangrike heilsgebeure tussen Christus se opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees op Sondae plaasgevind het? Ten minste twee van die dae waarop Hy sy dissipels ontmoet en tot hulle gespreek het, was ook Sondae. Die volgende gebeure het almal op Sondae plaasgevind:

Opstandingsdag

Jesus het op n Sondag te midde van groot blydskap sy oorwinning oor die graf en die dood gedemonstreer: En op die eerste dag van die week kom Maria Magdalena vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was (Joh. 20:1).

Eerste eredienste

Die eerste twee eredienste wat Jesus n sy opstanding vir sy dissipels gehou het, was op Sondae:

En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle ges: Vrede vir julle! En nadat Hy dit ges het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien. Jesus s toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit ges het, blaas Hy op hulle en s vir hulle: Ontvang die Heilige Gees... En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en in hul midde gestaan en ges: Vrede vir julle! (Joh. 20:19-22, 26).

Uitstorting van die Gees

En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar... En hulle is almal vervul met die Heilige Gees (Hand. 2:1-4).

Volgens Levitikus 23:16 is die Pinksterfees net op Sondae gevier.

Teen die agtergrond van hierdie gebeure is dit te begrype waarom die dissipels en al die lede van die vroe Christelike kerk spontaan op Sondae byeengekom het om in gemeenteverband die Here te aanbid, Nagmaal te vier en bydraes vir die werk van die Here te gee:

"En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek..." (Hand. 20:7).

Dit was van die vroegste tye af ook gebruiklik om tydens die dienste op Sondae bydraes vir die werk van die Here op te neem:

"Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galsi gerel het. Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insameling nie eers plaasvind as ek kom nie" (1 Kor. 16:1-2).

Die dag van die Here

In die verslae oor die vroe Christelike kerk is daar oorvloedige getuienis dat Christene nog altyd die dag van die Here op Sondae gevier het. Hulle het dit die Here se heilige dag genoem en op di dag bymekaargekom om die Woord te verkondig, geestelike liedere te sing, te bid en die Nagmaal te vier. Dr. David King (The Imperial Bible Dictionary, bl. 112-113) s:

"Die groot aanspraak van hierdie dag op godsdienstige eerbied is dat Christus hierop uit die dood opgestaan het. Sy opstanding was n gebeurtenis met betekenisvolle en blye gevolge. Dit het sy vernedering beindig en die aanvaarding van sy offer deur die Vader gedemonstreer. Dit was die bekragtiging van sy titel as Middelaar en het die redding van sy volgelinge verseker.

"Om die aanspraak van hierdie dag se voorkeurposisie ng duideliker te begryp, moet Christus se posisie op die eerste dag vergelyk word met di op die voorafgaande sewende dag. Op die Joodse Sabbat was Hy in die graf, en op die eerste dag het Hy die bande van die dood verbreek: 'Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word' (Hand. 2:24)."

Die Sondagviering word deur geen wette afgedwing of verswaar nie. Dit is slegs tot ons voordeel dat dit eerbiedig word. Hierdie dag kan s van die ander dae van die week onderskei word:

       Die opstandingsdag van Jesus is die rusdag van die Nuwe Testament.

       Dit is n dag van blydskap in die Here.

       Dit is n dag van besondere eerbetoon aan die Here.

       Dit is n dag om deel te neem aan en te gee vir die verkondiging van die evangelie.

       Dit is n dag van geestelike voorbereiding vir die pad vorentoe.

       Dit is n dag om goed te doen aan andere en in hulle behoeftes te voorsien.

       Dit is n dag van geestelike verkwikking.

Die idee is dus nie om oor uiterlike rels hare te kloof nie, maar om die algemene gees en karakter van hierdie dag tot sy reg te laat kom en in jou lewe te verwesenlik. Die dag van die Here is juis tot jou beskikking gestel sodat jy die voordele daarvan kan geniet. Dit geld vir alle mense, omdat almal ten minste n rusdag nodig het waarop hulle van hul sekulre werk kan rus:

En Hy s vir hulle: Die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die Sabbat (Mark. 2:27-28).

Die geestelike rus en verdieping wat ons nodig het, asook die verering van die Here, is die hoofdoel van die Sondag.

Dit is opvallend dat daar in ons tyd, wat op alle lewensterreine deur n roekelose gees van afvalligheid gekenmerk word, n groter wordende stroom van kritiek teen die onderhouding van Sondag as n Christelike rusdag en dag van spesiale toewyding aan die Here is. Baie van hierdie kritici kom uit sg. Christelike kerke, en hulle vat nou hande met die wreldlinge om van Sondag n sportdag, n dag vir wreldse vermaak en n dag vir werk en inkopies te maak.

Moenie die eindtydse gees van permissiwiteit ten prooi val en op grond daarvan die Christelike Sondag verwerp of minag nie. Moet aan die ander kant ook nie n rigiede stel rels vir jouself opl waardeur die vreugde van hierdie godgegewe rusdag en Christusfees onder n donker wolk van moets en moenies verberg word nie. Bring die dag tot eer van die Here deur en word geestelik verryk en versterk vir die stryd wat voorl. Rus uit van die week se werksaamhede en herwin sodoende ook jou liggaamskragte. Moe, onuitgesruste mense is nie produktief nie en kan ook nie krisisse en spanning goed hanteer nie.

Moenie veroordeeld voel oor noodsaaklike werk wat op di dag gedoen mt word nie, en moet ook nie nalaat om op Sondae goed te doen as dit in jou vermo is nie (Matt. 12:11-12). Bo alles moet die Here se Naam groot gemaak en jou verhouding met Hom deur n dubbele maat van toewyding versterk word.